Lae hou

Januarie 19, 2011 in Sonder kategorie

Die gesin is opgewonde, want Fransien bring vir die eerste keer ‘n kêrel huis toe.

Kleinsus word ingeroep. Die kêrel, Gertjan, wat Fransien huis toe bring, is, uhm… vertikaal onderbedeeld. Hy is ‘n dwerg.

Kleinsus word gemaan om haar in die algemeen te gedra, om nie te staar nie en nie opmerkings te maak wat as neerbuigend vertolk kan word nie.

Die tyd vir aandete breek aan. Die gesprek vlot mooi en Kleinsus kyk oral in die kamer behalwe na Gertjan.

Aan die einde van die gereg werk dit so uit dat Kleinsus en Gertjan skielik alleen in die kamer agterbly, terwyl die ander die een en ander in die kombuis gaan bymekaarsit.

Die oomblikke stap aan en die spanning raak vir Kleinsus ondraaglik.

Uiteindelik voel sy sy moet ‘n plan maak. Sy kyk Gertjan vas in die oë en vra: “So, hoe gaan dit met Sneeuwitjie?”

30 antwoorde op Lae hou

  1. UNPOCO het gesê op Januarie 19, 2011

    Oooooouch!

  2. sy’t net opregte belangstelling getoon 🙂

  3. Ja, sjym.

  4. 🙂

  5. zephur het gesê op Januarie 19, 2011

    Sy kon nie anders nie…hahaha

  6. Hierts!!
    🙂

  7. TS het gesê op Januarie 19, 2011

    hoe lank gaan ons vir die antwoord wag

  8. Sy kon ook gevra het: Have you been tossed lately? (In Frankryk hou hulle Dwarf Tossing kompetisies)

  9. Maar Sneeuwitjie is dan dood.
    Hy antwoord, jy is ‘n vreemdeling in Jerusalem.

  10. daar is net een woord vir hierdie petalje en dit is; KOSBAAR!!!!!!!

  11. O ja hier is 5 sterre maar dis nie vir jou nie!!

  12. Bwhahaha!
    Lekker storie, Jan Klaas.

  13. Sy kon nie meer uithou nie!

  14. Ja, sy’t haar sê gesê!

  15. Hallo Thomas!

  16. In alle onskuld!

  17. He he. Sy slaap nog.

  18. Dit klink bra anders in Afrikaans…

  19. Hy is van ‘n ander bende.

  20. Niemand het my ooit dit vertel nie…

  21. Hulle is darem makliker om te sien!

  22. Dankie Lou!

  23. Dis seker al waaraan sy kon dink!

  24. Daar was mos hierdie sexy dwerg in Nip Tuck, ek dink nou skoon anders oor ‘n dwerg.

  25. Tipies kind

  26. Berwick het gesê op Januarie 21, 2011

    😉

  27. Lekker! Vrek nat…

  28. Daar is so ‘n t-shirt met ‘n horisontale streep oor die maag, wat sê “I have had it up to here with dwarfs…”

  29. Dis baie waar.

  30. Hallo Berwick!

    Terloops, By kry deesdae volpunte. Die Oos-Kaap s’n is al beter bedeel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.