Ek glo…

Januarie 18, 2011 in Sonder kategorie

Hoe meer ek my verwonder oor die wondere van die natuur, hoe meer raak ek verstom oor al die dinge waarin  mense bereid is om te glo.

Hier in die Baai het ek laasjaar ‘n klein persoonlike kruistoggie in ‘n koerant gevoer teen sommige alternatiewe medisynes wat op GEEN bewyse berus nie. Dit grief my dat mense geld maak uit ander se pyn en lyding.

Sjie, het ek vir jou teenspoed gekry! Ek het nie voorsien dat ek, byvoorbeeld, in die proses van my eie vrinne verkeerd sou opvryf nie. Ook is daar ‘n reuse prosessie van volgelinge met gevestigde belange wat ‘n bedreiging vir hulle mark gesien het en hulle het hul eie vegters van buite gemonster om my gegorrel stil te maak. Dit was net ‘n genade dat die koerant aan my kant was en my die laaste sê gegun het!

Ek kan aanvaar dat sommige metodes en praktyke stam uit ‘n vroeëre tyd, toe ons nog in feetjies en hekse en allerande mistieke kragte en energieë geglo het. As daar mense is wat dan eerder nog sulke praktyke aanhang, is dit seker hulle goeie reg om te kies om nie “verlig” te word in die koue lig van bewys en ondersoeking nie. Ook het baie van hierdie dinge minstens hul oorsprong in ‘n opregte vertroue wat op een of ander vaste oortuiging, of oergeloof gebaseer was.

Wat my egter so ‘n bietjie dwars in die krop steek, is wanneer mense hierdie liggelowigheid sinies uitbuit. Gisteraand was daar ‘n program oor Scientologie op TV, waar daar juis lank terug so ‘n briljante manipuleerder aan die werk was. ‘n Skrywer van wetenskapfiksie maak te min geld, maar sien dan ‘n geleentheid en begin ‘n splinternuwe geloof. Vir die mense van daardie tyd was dinge soos vlieënde pierings en geeste wat in vulkane losgelaat is, nog ‘n praktiese moontlikheid en sowaar, hulle volg die man. So sterk is die mag van liggelowigheid dat daar vandag nog mense is wat dit sowaar as ‘n opsie oorweeg.

‘n Puik voorbeeld is die “power bands” wat nou so in die nuus is. Mens moet eintlik die skeppers daarvan respekteer – hulle het ‘n uitstekende gaping gesien. Daar is nog genoeg kanonvoer wat deur ‘n pseudotegniese gebrabbel oortuig kan word dat daar diep, mistieke kragte aan die werk is en dat die makers van die bandjies op die een of ander manier dit reggekry het om hierdie kragte in te span tot die mens se voordeel. Dit, sonder ‘n greintjie bewys dat daar wel sulke studies plaasgevind het.

So is daar pille, koperbandjies, homeopatie, magnete, loodonderbroeke en doringdraadbra’s…

Met al die kundigheid oor die mens se natuur wat hier om die blogtafel versamel is, kan ons nie ook so iets uitdink om mee geld te maak nie?

Ek glo ‘n mens het ‘n soort van verpligting om ‘n dwaas van sy geld te skei.

28 antwoorde op Ek glo…

  1. Berwick het gesê op Januarie 18, 2011

    Hoe lyk dit, Jan Klaas – begin ‘n splinternuwe geloof.

  2. Imagine! Dit moet groot sports wees…

  3. Nie altyd maklik om die koring van die kaf te skei nie, maar helaas alle koring het kaf

  4. louisna het gesê op Januarie 18, 2011

    Wat van latex-onderbroeke?

  5. Dis nogal waar!

  6. Dit help glo teen oorbevolking!

    En diarree…

  7. louisna het gesê op Januarie 18, 2011

    …en dit hou die lyfreuke binne..

  8. Hou maar aan met die ysterpille.

    Jy sal verstom wees as jy sien watse k.. Hubbard regtig verkondig. Ek dink egter hy is ‘n briljante mensekenner.

  9. Mens swem ook vinniger.

    Jy het dalk iets hier beet, hoe meer ek daaroor dink!

  10. Berwick het gesê op Januarie 18, 2011

    Dink solank wat die back story gaan wees.
    🙂

  11. Dit sal my besig hou as ek ‘n tou staan…

    Maar regtig, daar is GROOT geld in.

  12. louisna het gesê op Januarie 18, 2011

    en dun materiaal wys are duideliker

  13. Mens kan spaar op tattoos!

  14. There is a fool born every minute…

  15. Nee jong die doringdraad bra’s werk ook nie, maak mens te seer. Hou verby.

  16. Loodonderbroeke en doringdraadbras…ek glo alles wat jy se Klasie, maar met die twee skiet jy spek.

  17. wonner of magneetonnerbroeke sal werk in die koekblikfabriek?

  18. Jy weet, ek dink jy het wragtag iets beet. Ek is seker dit sal verkoop! As hulle in renosterhorings kan glo, kan esoteriese raar-aardmagnete sekerlik werk!

  19. Sies.

    Snuif…

  20. Glo goed om jukse knape af te skrik.

  21. Of gouer, volgens National Geographic!

  22. Nou kom ons beplan iets! Pruimtwak het ‘n goeie idee wat op mans se swakhede speel!

  23. the gift of the gap. Hoekom kan ek nie met sulke vindingrykheid vorendag kom nie!!! Jy moet net in jou eie foefie glo en siedaar jou towenaar

  24. PT, skud ek soos ek lag.

  25. Dis juis om daai gap te vat! Ek hoor die bandjie-ouens reken dit werk toevallig net nie op die oomblik nie, want die aarde se magneetpool het verskuif.

  26. My man het ook met een van die bandjies by die huis aangekom verlede jaar en ek het hom uitgelag daaroor. Hoe meer hy die verkoopstegniek op my probeer demonstreer het, hoe moeiliker het dit vir hom geraak om my te oortuig want nie een van die sg toetse het op my gewerk nie! Ek’t vir hom gesê dis alles in sy kop.. hy wil graag glo dit werk en daarom ‘werk’ dit vir hom.. ek sê dis plastiekbandjie met ‘n stukkie blinkpapier in en ek bly volstaan daarby.

    Moet sê dat desperate mense soms glo en meedoen aan desperate praktyke ook. My seun was baie siek gewees na verskeie operasies toe hy klein was en so het ek oop by een of ander homeopatiese tipe dr man uitgekom op aanbeveling van ‘n tandarts. Daar gesit dat hy vir meer as ‘n uur my gesit ‘poke’ het met ‘n ding wat dan kwansuis die stroom van my seun op my skoot optel en deur ‘n lesing gee en nav dit het ek daar uitgestap, ‘n hele paar honderd rand ligter met ‘n net ‘n paar botteltjies met een of ander druppels in… miskien was my geloof te lig – ek weet nie, maar ek het regtig nie enige tasbare verskil in my seun opgelet na 2maande se gebruik nie en ek’t self die prop op die foefie gepluk.. nog steeds baie vies dat ek bereid was om myself so te sit en pynig vir iets waarvoor ek skepties gestaan het voordat ons daar in gestap het.

  27. Ja, ek hou my ook maar slim, maar ek het ook eers in sulke goed geglo.

  28. Ek dink ons glo omdat ons graag wil glo dat almal eerlik is en werklik net ander se beste belang op die hart dra.. ek dink die vele teleurstellings en uitbytery het my al miskien te skepties gemaak.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.