Klaas vakie

Desember 23, 2010 in Sonder kategorie

Ek is terug.

My storie is klaar geskryf. Wat ‘n heerlike ervaring was dit nie! Ek gaan dit sommer weer doen!

Al donker wolkie is dat die storie ietwat te kort is, veertigduisend woorde in plaas van vyftigduisend. Ek kan seker gaan bygorrel, maar ai, alles vloei nou so lekker. Sal maar sien.

Sit nou in Glentana en verveel die gesin. Hoe lui die ou volkspeleliedjie – Almal het maats, net ekke nie. Hier is ‘n ontstellende tekort aan mans.

Ek het daarop gereken om sterre te kyk, maar dis saans maar meesal bewolk of mistig, of volmaan! Ek het al die boeke wat ek gebring het deurgelees, nou knor ek maar vir ons nuwe worshond.

Ek sal nou nie sê ek wil al teruggaan huis toe nie, maar dinge sal moet verander of dieselfde bly – so kan dit nie aangaan nie. Ek beplan om so min of meer almal se blogs te besoek en in te haal oor die volgende paar dae, so pas op – ek gaan by jou agterplaas kom inloer! Ek het julle nogal regtig gemis.

31 antwoorde op Klaas vakie

  1. En ons vir jou! Miskien moet jy begin joga doen of soiets dan kan jy sommer jou eie tande en tone tel van naby, dit sal jou beslis besig hou….

  2. Dan kan ek dalk my toonnaels weer vir ‘n slag sny…

  3. Hoe kry jy dit reg ?
    Is ek te sleg?
    om soveel woorde in
    te span.
    tot die sterretjies flikker aan die boorde
    tot die
    sinne my laat gryp na die maan.

  4. Oulik, Spiegel!

    Ek het ook gewonder hoe doen mense dit, maar toe ek self begin, gebeur dit sommer.

  5. Jy was te lank weg, Jan Klaas.
    Bly jou storie is nou klaar…mens kan dit altyd effe langer maak met meer byvoeglike naamwoorde ens….lol

    Bou sandkastele of iets.

    Mag julle ‘n geseende feesgety beleef.

  6. TS het gesê op Desember 24, 2010

    Lekker om jou terug te hê. Ek brand van nuuskierigheid maar sal maar nie vra nie.

  7. Neander het gesê op Desember 24, 2010

    Geluk mater!

  8. mooi so!

  9. sal vervelentheid moet kom verlig

  10. Ag jy’s welkom om oraloor te loer.

    En hou lekker paartie…

  11. Vreugde en Vrede JK!

  12. Hallo Lou!

    Ek sal elke s.nw gaan bekyk of ek nie ‘n b.nw kan bylas nie!

    Daar begin darem nou geselskap opdaag. Mooi Kersfees vir julle ook.

  13. Nuuskierig oor die storie? Dis so soort van ‘n spanningsverhaal – ‘n ou wat ‘n plaas erf en dan ‘n aardige verrassing op die plaas ontdek.

  14. Dankie Neander! Nou is die vraag om ‘n mak genoeg uitgewer te vind!

  15. Dankie. Ek dink ook so. Dit het my lank genoeg gevat!

  16. Hallo Thomas! Lekker om weer van jou te hoor.

  17. Hallo Theriens. Huh, rus tussen vroumense?

    Geseënde Kersfees vir julle ook. Ek sien jou naam vandag by ‘n boekadvertensie in die Burger. Jy doen goeie werk.

  18. Dankie Pruimtwak! Nou lê die proof nog in die pudding…

  19. Julle moet gou maak…

  20. Dankie Henry. Ek gaan. Jy moet ook lekker paartie!

  21. Hallo DsP. Vreugde en vrede vir julle ook, hoor.

  22. TS het gesê op Desember 24, 2010

    en…?
    toemaar ek spot sommer. Sê as ons kan koop

  23. Berwick het gesê op Desember 25, 2010

    Geseende Kersfees, JK.

  24. En dan wis hy omtrent die hele Al Qaeda uit en trou met sy geliefde en live happily ever after! 🙂

  25. Baie dankie! Selfde vir jou ook.

  26. Hallo Kelly. Dankie, dit was ‘n wonderlike dag.

  27. Sjoe, ek probeer ook nou die laptop met die pre-paid Internet…. moet nou maar aangesien ek nou my eie “lappie” gekry het vir kersfees!!

    Ek hoop jy het nou al ‘n “maatjie” gekry!

  28. Ja dankie! Die maatjies het opgedaag.

  29. Ai,ek spook nog steeds om in te haal hier in blogland (soos jy kan sien!) so verskoon maar as daar dalk kommentaar van die agteros is wat ietwat snaaks voorkom! 🙂

  30. Sjym! Voorspoed!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.