Die main mac van McGregor

September 28, 2010 in Sonder kategorie

Die kuier, laasnaweek in McGregor, was ‘n reusesukses.

Die hemele het oopgemaak en dit vir Jan Klaas moontlik gemaak om na brêg-mode toe oor te skakel met sy grênd nuwe teleskoop. My hartlike dank aan al die dierbare familie en vrinne wat geduldig daar rondgestaan het en die nodige “oe” en “aa” geluidjies op die regte tye gemaak het.

Arme Monica en haar mooi dogter moes dit ook deurmaak. Dogter het haar wraak gekry deur vir Jan Klaas presies al die sterrevrae te vra wat hy nie kon antwoord nie. Maar, gesoute dosent wat hy is, is sy daar weg met die indruk dat sy wel die antwoorde gekry het.

Dis ‘n fraai plekkie, een van die interessantes onder die boetiekdorpies soos Hogsback, Nieu Bethesda, Prince Albert en Knysna. ‘n Stap deur die dorpie is soos om deur ‘n ensiklopedie te blaai – elke huisie het iets unieks en kykbaars in plante, boustyl of inwoners. ‘n Kenmerk van so ‘n ou dorpie is ook dat dit seker elke soort blomboom bevat wat nog uitgedink is, so jou spesifieke bron van hooikoors sal sekerlik een of ander tyd daar feature.

Lekker gekuier ook. Kon nie ophou nie!

Wenk: verbied familie om van die omgewing se heerlike droëperskes te beknibbel voordat jy die lang pad huis toe aanpak.

I will return one day.

32 antwoorde op Die main mac van McGregor

  1. abrham het gesê op September 28, 2010

    droee perskes het die manier

  2. Dit het juis nie maniere nie…

  3. Die Mac is beslis iets anders, Jan Klaas.
    Daar kom niks by ‘n kuiertjie by haar nie.
    Seker het jy knyp-knyp gery!

  4. affie plaas sin 😉

  5. Jy het baie misgeloop.

  6. Is dit nou die plekkie waarin mens so maklik verdwaal?

  7. Dit borrel in my.

  8. Nagmerrie. Die plek is ‘n maze! 🙂

  9. Is nog een van daardie klein weggesteekte juweeltjies… bly jy kom jou nuwe teleskoop bietjie daar inwy!
    x

  10. Ek lief sulke klein pretdorpies.

  11. Dit is. En snags is dit so wonderlik stil daar. Behalwe vir ons wat so aanhou gesels!

  12. Ek ook… kry net te min tyd om so rond te kuier.. Het bietjies te veel ysters in die vuur op die oomblik, maar dit sal weer rustiger raak..x

  13. Op ‘n langnaweek is die plek vol interessante mense, maar op ‘n gewone naweek is dit weer lekker stil.

  14. Ek gaan sterk vir jou hier opkom, as mens hier inry, kyk jy enige plek behalwe op die pad…….

  15. Ek kan nie glo jy staan nie in die middel van die pad en roep my naam nie, ek sou geantwoord het!

  16. Dit verklaar die baie dooie donkies aan die onderpunt van Voortrekkerstraat…

  17. Ja, dis heeltemal normale gedrag vir daai plek om in die pad te staan en “Maankind” te skree.

  18. TS het gesê op September 28, 2010

    Klink my jy het jou hart verloor…

  19. Ek vermoed dis ook normaal daar om kaal op die berg met ‘n blom op jou bles te gaan dans in die maanlig.

    Pasop net vir die muskiete.

  20. Stukkies van my hart lê op baie klein plekkies.

  21. Haai daar, Kokomo! Lekker om weer van jou te hoor.

  22. Sulke ou klein plekkies het ‘n bekoring. Net jammer dat die eindomsagente hier in die Kaap dit ook ontdek het – en so het menige klein plekkies se rustige bekoring in die gebly.

  23. Sal daardie een probeer onthou!

  24. Lekker!

  25. Dis waar, as jy die belaglike huispryse daar sien.

  26. Sal dit weer moet doen.

  27. Sosiaal – ‘n voltreffer. Sterrekundig – ook oukei.

  28. Ek wil nog seker maak of die lug by julle nie snags donkerder is nie.

  29. Maar jy het nog nie gese wat jy gesien het nie? Is daar nou mense op die maan of nie?

  30. Die wat weet, die sê nie…:-)

    Ons het na die planete en ‘n klomp newels gekyk. ‘n Donkerrrooi sterretjie in die Suiderkruis opgespoor. Ons kon die Tarantula-newel se donker strepe sien. Twee strepe op Jupiter, sonder ‘n filter.

  31. Bly om te sien jy dans nog tussen die sterre!

  32. Janklaas het gesê op Oktober 1, 2010

    Al hoe meer!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.