My nuwe liefde

September 21, 2010 in Sonder kategorie

Sowat veertig jaar nadat die eerste verlangens begin roer het, het ek uiteindelik die stoute crocs aangetrek en vir my ‘n stewige teleskoop gekoop. Waar ek voorheen net die onderste sterretjies se boudjies kon kielie, kan ek nou met mening inklim en die groot boelies daar agter se tande gaan bevoel.

 

‘n Toonbeeld van tevredenheid.

Soos blykbaar tradisioneel met sulke dinge, het ons nou al die afgelope week bewolkte nagte. Sluwe beplanner wat ek is, wil ek onder die wolke en die Baai se rookmis uitsluip en ons hierdie naweek by die pragtige dorpie, McGregor, gaan inboek. Daar kan ek en Rosie-met-dorings sommer ook arme Monica se verjaarsdagpret gaan bederf met ‘n mini-MOB, net ingeval die weerman my sien kom en die Kaap met mis besprinkel.

Met die volmaan is dit ook nou nie juis die ideale tyd vir sterrekyk nie, maar beggars can’t be choosers. Die voordeel van McGregor is die baie ander dinge wat jy kan gaan bekyk, nes in Nieu-Bethesda.

Ek vermoed ek sal na die naweek baie te vertelle hê!

44 antwoorde op My nuwe liefde

  1. zephur het gesê op September 21, 2010

    Jis jy gaan sterre sien en sterre bekyk…hehe

  2. zephur het gesê op September 21, 2010

    Julle gaan fun hê

  3. Hallo Jan Klaas,

    Ek het so pas aangesluit en om een of ander rede pop jou storie op. ek sukkel nog om hierdie program baas te raak in my “quest” om iets te skryf.

    Geniet McGregor, dis pragtig. En ek het ‘n love affair met Nieu Bethesda. My eie habitat is ook wonderskoon.

    Ons ry deur die baai oor ‘n paar dae, op pad na Hogsback vir ‘n vakansie. Geniet jou nuwe speeling, my is Photoshop.

  4. He he. Nee man, ek gaan hom nie by die strand opstel nie.

  5. Simpatie dat my blog by jou oppop! Maar, baie welkom. Soos jy kan sien, is ek nie te vlot met Photoshop nie…

  6. zephur het gesê op September 21, 2010

    Oh gedog jy gaan stop by Sandy bay ook

    Die gedagte het net opgespring

  7. Ek hou van die laggende kawalier wat jy as ‘foto’ het. Ek het groot geword met die skildery in my ouerhuis.

  8. Ai Jan ek like jou reflektorspeelding. Trek daai boelies se tande en speel in die swart gate met jou pulsars.

    Ek hoop jy oefen steeds jou luit.

  9. VVV’s: Dalk kan ek die Voorste Vrotsige Vryers by my dogters op Stellenbosch vanuit die Baai raaksien…

  10. Die luit lê ‘n bietjie (beneuk) op die agtersitplek.

  11. Geniet dit!

    Ek wens julle ‘n helder naghemel toe….

  12. My teleskoop kan nie afkyk nie 🙂

  13. Die skildery – ja, hy was êrens in my verlede ook. Kan net nie mooi onthou waar nie!

  14. Dankie, Shlwanjan!

    Ek dink ek sal die dag oud wees as ek nie meer oor iets opgewonde kan raak nie.

  15. Gelukkig is daar darem baie ander dinge om te doen. Dis net my arme seun wat gaan suur wees – hy moet heelpad langs die ding op die agtersitplek sit!

  16. Wen hy op met daai handvatseltjie…

    (Ek koes laag en hol)…

  17. Dun ys, Vroumens. Dun ys…

  18. Kan jy hom alleen dra?
    Baie opgewonde oor McG, MOB met Monica en jou monokel. Dan natuurlik ook om julle Klase weer te sien.

  19. Geniet dit! My man sal so jaloers wees!

  20. Geniet, Jan Klaas!

  21. Trakie het gesê op September 21, 2010

    Jy kan altyd plekke met jou seun ruil en jou nuwe liefde heelpad liefderik vashou!

  22. Trakie het gesê op September 21, 2010

    Enjoy!

  23. Ons sterre is baie, baie beter en helderder as Monica se McGregor sin….mense van oor die hele wereld kom gewoonlik KLAWER toe as hulle regrig sterre wil sien, sien jy?

    😀 (net ‘n grappie)

    Laat weet as die behoefte daar is – julle is altyd welkom.

  24. Ek dink dis ‘n briljante idee.

  25. What a way to go! Dwalend in die melkweg…

  26. Net-net.

    Lyk my al hoe meer asof dit bewolk gaan wees. Dan moet ons maar lekker kuier!

  27. Baie dankie, Ghaap!

  28. Klink my asof ek en hy lekker oor die weg sal kom.

  29. Dankie Berwick! Ek hoop ek kan gou iemand hier naby rond opspoor met ‘n plaas met skoon lug…

  30. Baie dankie, Kelkiewyn!

  31. Sjoe, janee. Daar is hoeka nou weer ‘n paar komete in die lug, maar nie juis helder nie.

  32. Pasop wat jy aanbied! 🙂

    Maar, dit is so dat julle in ‘n lieflike donker streek bly. Dis nie fair nie.

  33. zephur het gesê op September 22, 2010

    Die een oog een of die een met die lens

  34. He he. Dankie vir die vertroue.

  35. Met eisj, ja…

  36. Dans met die maan as jy daar bo rond dwaal en speel met die sterre van die melkweg tot jy moeg is. Vind dan rus op een van die vele onbekende planete en stuur vir ons aardlinge good luck saam met ‘n verskietende ster.

  37. 🙂 Dankie, Liewe Nika. Dis ‘n boodskap wat ek sal onthou.

  38. …en hoe was dit toe?

  39. Nou voel ek ekstra bevoorreg !

  40. Ag gee ons bietjie die specs, toe!

  41. 12″ F/5 (1500mm) Dobsonian

  42. Dit was ons voorreg.

  43. Dit was heerlik. Net ver te kort.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.