Lepregonnas

Maart 30, 2010 in Sonder kategorie

Ek staan gister tou in Spar, besig met my eie dinge om die lot van die mensdom te verbeter. Meteens is dit asof die lug so ‘n groenerige skynsel kry en ‘n vreemde geroggel en ‘n tabakreuk die ruimte vul. Ek kon sweer ek het verskeie kere die woord “begorra” en ‘n paar vloekwoorde gehoor van agter my.

Toe ek wou omkyk, het die kasregister my “Fook off!” toegesnou.

Nou, almal wat hier lees weet dat ek ‘n vredeliewende siel is wat nie ‘n vlieg kan skade doen nie (ek korrel te vrot), so toe fook ek maar off.

Buite gekom, het ek ‘n ent van die deur bly staan om te probeer uitwerk wat de joos hier gebeur het.

Hier is die bedonnerde prosessie wat toe uitgekom het.

34 antwoorde op Lepregonnas

  1. FOXY1975 het gesê op Maart 30, 2010

    Ai foeitog – die man se knie het hom seker opgekeil!

  2. Berwick het gesê op Maart 30, 2010

    ;-))

  3. louisna het gesê op Maart 30, 2010

    Jy moet daai tiltiffie gaan rapporteer.

  4. Neander het gesê op Maart 30, 2010

    Jong jy moes ZZ top se handtekeninge gaan vra het.
    Toe verdwyn jy van die toneel.

  5. He,he Jan Klaas jy moet versigtig hoor.

  6. Rowwe jacks. Karavaankak.
    🙂

  7. 🙂

  8. Janklaas het gesê op Maart 30, 2010

    Dis dalk hoekom hy so kwaad was!

  9. Janklaas het gesê op Maart 30, 2010

    Dit doen nogal!

  10. Janklaas het gesê op Maart 30, 2010

    Haai Berwick!

  11. Janklaas het gesê op Maart 30, 2010

    Knorrige till? 🙂

  12. Janklaas het gesê op Maart 30, 2010

    Oulik! Ek wil een van hulle hê om op te stop….

  13. Janklaas het gesê op Maart 30, 2010

    Sjie, daai kabouters was diep knorrig. Ek bang.

  14. Janklaas het gesê op Maart 30, 2010

    Jy is reg, jy moes nogal sien hoe skelm ek toe die foto’s geneem het!

  15. Janklaas het gesê op Maart 30, 2010

    Hier in my eie bekjaart!

  16. Janklaas het gesê op Maart 30, 2010

    Soos Hawaiise mielieboere!

  17. Janklaas het gesê op Maart 30, 2010

    Haai daar, Maryke!

  18. Janklaas het gesê op Maart 30, 2010

    Ek het! Gelukkig kon ek hulle eers kiek met die selfoon.

  19. Janklaas het gesê op Maart 31, 2010

    Sjoe, ek hoop nie so nie!

  20. Janklaas het gesê op Maart 31, 2010

    Ek vrek om te weet wie of wat hulle is. Hulle was regtig knorrig en ek moes maar skuil-skuil my foto neem.
    Dalk moet ek die foto na ons plaaslike koerant stuur!

  21. Janklaas het gesê op Maart 31, 2010

    As my tuindwergie se oë my volg, gaan ek regtig bekommerd wees.

  22. HeavyHenry het gesê op Maart 31, 2010

    Haai ek het nie geweet leprechauns was so groot nie!

  23. Janklaas het gesê op Maart 31, 2010

    Dis die seelug wat dit aan hulle doen. Jy moet my maag sien.

  24. lisabeth het gesê op Maart 31, 2010

    Ek wil weet hoe jy gemaak het om die foto te neem? Lyk dan of die ou in die deur reguit vir die kamera kyk? Geneem en gehol?

  25. lisabeth het gesê op Maart 31, 2010

    Of toemaar ek sien…die knie is verbind…het jou dus voorsprong gegee

  26. Janklaas het gesê op Maart 31, 2010

    He he. Nou weet ek.

  27. Janklaas het gesê op Maart 31, 2010

    Ek het so afgetrokke my selfoon voor my maag gehou en gehoop dit wys in die regte rigting!

  28. Janklaas het gesê op Maart 31, 2010

    Ek dink dis van ‘n vorige veldslag.

    Dit was dalk Elton John se veiligheidswagte.

  29. Trakie het gesê op Maart 31, 2010

    Gee whiz!! En dit terwyl jy in jou vredeliewende hoedanigheid besig was om die lot van die mensdom te verbeter!

  30. HeavyHenry het gesê op April 1, 2010

    Uuuuh… Liewer nie.

    🙂

  31. Janklaas het gesê op April 1, 2010

    Ag sies man.

  32. Janklaas het gesê op April 1, 2010

    Ek sê jou. Liefdevol en konsidererend soos altyd.

  33. FOXY1975 het gesê op April 12, 2010

    Ek het nogal met die nuus wat gebreek het onmiddelik aan hierdie prentjie van jou gedink… Wys jou maar net – jy ken nie jou eie uur nie nè!

  34. Janklaas het gesê op April 12, 2010

    Hulle het maar net eers ‘n tydjie nodig gehad om te ontplooi…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.