So dom in Sodom

Januarie 24, 2010 in Sonder kategorie

In die knus arms van weelde, seg ek julle.

So halftien eers hier aangekom, danksy ‘n nuwe, niksgewoon’ GPS wat ook nie die dorp ken nie, en wat ‘n plek is dit nie! Dis sulke groot, eggo-ende marmergange. My woonstel is amper so groot soos my huis en daar is agt kussings op die bed. Ek voel soos ‘n Biafraan in die Franse Riviera. Sal wragtag moet gaan bad voor ek in daai bed inklim.

Dit is seker wat jy kry as jy vir staatsdepartemente kursusse aanbied…

Ek onthou hierdie half as die grênd deel van Pretoria, maar ek het vergeet hoe grênd.

Nou het iemand genoem dat dit dalk ‘n goeie idee is om ‘n paar bloggers te ontmoet. Seg nou maar mens sou reël om Dinsdagmiddag na klastyd iewers by ‘n koffieplek bymekaar te kom, sou daar mense wees wat belangstel? Dit sou vir my ‘n helse voorreg wees.

Ek sal my lyne oophou so tussen die aanbied deur en kyk of daar ‘n byt of wat is tussen al die duisendes wat my blogs lees (mens mag mos maar droom!).

15 antwoorde op So dom in Sodom

  1. As ek nou in Pretoria was …

  2. gidivet het gesê op Januarie 24, 2010

    Geniet Petoorsdorp. Ek sal hierdie rondte ongelukkig moet uitsit. Laat weet as jy dalk London to vlieg…

  3. Ek sou ook graag wou byt, maar die Namakwaland is moerverweg van daar.
    Geniet die weelde!

  4. Waai biekie daar vir al die bekende plekke…moet maar nie ingaan nie…wat was sal nie meer daar wees nie…lig net jou hand so in die verbygaan daar rondom Hatfield rond.

  5. LOL

    Ons sal maar moet plan maak vir koffie by Sacremento as jy terug kom. ;o)

  6. zephur het gesê op Januarie 25, 2010

    Koffie…mmm klink goed vir my ja.

  7. ‘n Goeie verskoning is nie rede vir swak prestasie nie! 😉

  8. Probeer, man!

  9. Oukei, daai een verstaan ek. Jammer.

  10. Lyk belowenderig! Ons moet in die Kaap so iets probeer.

  11. Dit kan werk!

  12. Is daar ‘n lekker plek, sê maar in Hatfield?

  13. Nou waar dan? Brooklyn sentrum?

  14. Sjoe, nee, ek verstaan. Sterkte.

  15. Hoop dit werk uit!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.