Saam na die Noorde

Januarie 24, 2010 in Sonder kategorie

Op ‘n tyd was dit vir my cool en ietwat van ‘n avontuur, maar nou is dit ietwat van ‘n schlepp.

More-aand vertrek ek weer Pretoria toe om ‘n halwe week-lange kursus aan te bied, daar êrens in Brooklyn. Daar gaan ek die volk vertel hoe hulle hulle organisasie beter kan bedryf met ‘lean’-beginsels en knelgangteorie.

So ‘n paar jaar terug het ek ‘n prettige boekie oor die tema geskryf wat vir kleiner besighede en diensorganisasies so ‘n handige inleiding kon gee van hoe hulle ook die beginsels kon toepas, en van daar af het die ding ‘n lewe van sy eie gekry. Buiten die gewone kwota fabrieke was banke en SARS van die eerstes wat gebyt het en dit het nogal regtig ‘n verskil gemaak. Ongelukkig het Home Affairs nog nie die lig gesien nie!

Die nadeel van die ding is dat ‘n mens uiters bedag maak op enige oneffektiewe en morsige prosesse. Ek het Donderdag nege ure saam met my seun tou gestaan om hom ingeskryf te kry, terwyl ek jeuk om vir hulle uit te wys hoe hulle sommer tjop-tjop die sake dramaties kon verander.

Die kursus self is vir my groot pret, maar die ontwrigting ‘tense’ my al hoe meer op. Soos Koos Doep gesê het, “laat my nooit die grond verlaat nie”, so hou ek nie van vlieg nie. Verder weet mens ook nooit wat om te verwag met die kursusgroep nie. Sommiges is prettig, terwyl ander jou die hele dag met dieselfde leë uitdrukking aanstaar. Gelukkig kwyl hulle darem gewoonlik nie.

Maar, nou ja, met drie kinders op universiteit moet ek seker vat wat ek kan kry en bekhou.

So, as ek binnekort weer bietjie pateties klink, weet maar dis weer ek en ‘n vervelige hotelkamer. Tyd dat ek vir my ‘n opblaaspop kry.

16 antwoorde op Saam na die Noorde

  1. loudavisi het gesê op Januarie 24, 2010

    Sterkte met die vliegery!
    O, ek doen dit NOOIT weer nie, ek swem liewer of so..
    Jy is skatryk om drie kinders op universiteit te kan bekostig. Ons het ons twee amper vyf jaar uitmekaar gehad, vir daai doel.

    Vergeet maar van die opblaaspop en blog liewer uit die hotelkamer. 😀 Geniet die trippie.

  2. DallaSePa het gesê op Januarie 24, 2010

    Jy is vroeg waaker JK!

    Ek smile oor die opblaaspop … het lank terug die grappie gehoor … die agtergrond … die oom sit toe die gedoente langs hom in die kar en ry vulstasie toe … kan nie als onthou nie ma die punchline …. “Pomp die ‘Mies’ 2 bar”

  3. Trakie het gesê op Januarie 24, 2010

    Blog uit die hotelkamer! Maar ek dare jou, skaf ook vir jou ‘n opblaaspop aan. Soos ek jou ken, sal daar ‘n treffer humorstuk uit voortspruit! 🙂

  4. Trakie het gesê op Januarie 24, 2010

    In dié opsig is ek ook bly oor ons twee kinders wat amper vyf jaar uitmekaar is, Lou!

  5. Janklaas het gesê op Januarie 24, 2010

    As ek soontoe kon swem, sou ek ook.

    Behalwe die studente se suig uit my spaarrekening, sit ons nou nog met ‘n leë nessie ook.

    O koud is die windjie, en skraal…

  6. Janklaas het gesê op Januarie 24, 2010

    Ek kan net dink! En wee die oom as sy ‘n lekplek ontwikkel…

  7. Janklaas het gesê op Januarie 24, 2010

    Sy’s dalk beter geselskap as wat ek verwag het! Sal daaroor dink…

  8. veralda het gesê op Januarie 24, 2010

    nooi ‘n paar bloggers vir koffie of ‘n glas wyn man.

  9. Janklaas het gesê op Januarie 24, 2010

    Nee, ‘n grap is dit nie.

  10. Janklaas het gesê op Januarie 24, 2010

    Ek voel bra verleë hier in julle deurlugtige geledere!

  11. Janklaas het gesê op Januarie 24, 2010

    Ek sal nie so ‘n kans waag nie. Haar lewensverhaal is dalk interessanter as myne!

  12. Janklaas het gesê op Januarie 24, 2010

    Nou daar is ‘n interessante voorstel. Dink jy mense sal belangstel? Mens kan dalk by ‘n lekker koffieplekkie ontmoet!

  13. lisabeth het gesê op Januarie 25, 2010

    Knelgangteorie…is dit nou so iets soos knormoer of stroombreker wat mens net in Engels verstaan?

  14. lisabeth het gesê op Januarie 25, 2010

    En wou nog se as opblaaspoppe se beloftes dieselfde is as opblaasmatrasse s’n moet jy maar verby hou…

  15. Janklaas het gesê op Januarie 25, 2010

    Ja, nogal! Dis die Tukkies wat hierdie slim naam uitgedink het vir Theory of constraints.

  16. Janklaas het gesê op Januarie 25, 2010

    As jy bedoel hulle bly nie deur die nag opgepomp nie, kan ek met jou saamstem!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.