Om te lag

Januarie 7, 2010 in Sonder kategorie

Ek het die vakansie groot plesier gehad aan die lees van die boek “Quirkology”, van Prof. Richard Wiseman. Hy is ‘n invloedryke, beroemde eksperimentele sielkundige wat die eienaardighede van menslike gedrag navors en op sy webblad is daar heelwat komiese, maar interessante videos te sien.

Die hoofstuk oor humor was vir my besonder interessant. Hy het byvoorbeeld ‘n wêreldwye kompetisie geloods om uit te vind wat mense as die snaaksste grap ooit beskou. Ek sal dit nie vir julle spoil nie, maar vir my was die snaaksste een die grap oor die hond wat by die poskantoor instap om ‘n telegram weg te stuur. Die posmeester kyk so ewe toe hoe die hond in die spasies skryf: “Woef woef woef woef woef woef woef woef woef”.

Behulpsaam vra die posmeester: “Ek sien u het die woord ‘woef’ nege keer geskryf. Ek wil net aan u noem dat dit dieselfde sal kos as u dit tien keer skryf.”

Die hond kyk na die teks en kyk dan gesteurd om: “Maar dit sal mos nou hoegenaamd nie sin maak nie, man,” seg hy.

Ennieway. Een van die navorsingsresulate was vir my ‘n bietjie terneerdrukkend. Dit blyk dat dit wat mense die snaaksste vind, is wanneer ‘n ander dom optree, verkleineer word of op ‘n manier sleg tweede kom. Blykbaar gee dit mens so ‘n effense gevoel van meerderwaardigheid.

So, as mens, hoe subtiel ookal, skryf oor eie verleenthede, val dit in dieselfde kategorie as Schuster se boeliepoetse of die Three Stooges se houe oor die kop, of ‘n kat wat ‘n muur vasloop!

Daar is darem ‘n ander soort humor ook, waar die verwagting verydel word – jy word opgestel vir ‘n verwagte uitslag, maar dan neem dinge die verrassende wending.

Twee koeie sit en bier drink in ‘n kroeg. ‘n Perd kom aangestap en vra of hy by hulle mag aansluit.

Die een koei kyk verbaas na die ander en sê: “Haai, Blommetjie, daardie perd kan praat!”

18 antwoorde op Om te lag

  1. Die twee koeie grappie vind ek meer aanklank by as Schuster se twak,of slapstick.
    Dit is baie waar dat ‘n groot persentasie mense iemand anders se ongerief(kat wat in muur vasloop)of verkleinering meer sal geniet as humor wat so ‘n bietjie dinkwerk involve :0)

  2. wolfiem het gesê op Januarie 7, 2010

    Daar is die Monty Python skets van die aanwending van die snaakste grap tydens WWII en Hitler se daaropvolgende poging tot humor – ook met ‘n hond – skreeusnaaks.

  3. He,he Janklaas insigewende stukkie…
    Lekker 2010 vir jou!xxx

  4. Berwick het gesê op Januarie 7, 2010

    :-))

  5. Ek hou ook van die intelligente grappe.

  6. Janklaas het gesê op Januarie 7, 2010

    Ja, ek beky ek self ook maar, maar soms kan dit nogal erg wreed raak.

  7. Janklaas het gesê op Januarie 7, 2010

    Ja, die boek praat ook daarvan, soos die volgende: Die ou wat die grap uitgedink het, het hom glo dadelik doodgelag. Die Britte het die grap toe deur enkelinge woord vir woord in Duits vertaal (sodat nie een die volle grap hoor nie) as geheime wapen.

    Ek het ongelukkig nie self daardie episode gesien nie.

  8. Janklaas het gesê op Januarie 7, 2010

    🙂

  9. Janklaas het gesê op Januarie 7, 2010

    Ha! Sjeim, dalk weet die man nie van beter nie!

  10. Janklaas het gesê op Januarie 7, 2010

    Hallo, liewe Tweeling! Mooi nuwe jaar vir jou ook.

  11. Janklaas het gesê op Januarie 7, 2010

    Is so.

    Gelukkig word die wêreld vir my al snaakser.

    Ek vermoed my familie dink ek word al snaakser…

  12. Janklaas het gesê op Januarie 7, 2010

    Hei, Berwick.

  13. Janklaas het gesê op Januarie 7, 2010

    Sjie, Murphs, ek het nou lank aan daai sin van jou gekou. Ek vermoed dis te diepsinnig vir my! 😉

  14. Janklaas het gesê op Januarie 7, 2010

    Ek snap hulle net te stadig!

  15. Janklaas het gesê op Januarie 7, 2010

    En smeermiddel vir die lewenswrywinge.

  16. Ontmaagd?, ook op mans van toepassing?

  17. Neander het gesê op Januarie 8, 2010

    Leon S se sukses met sy soort humor spruit uit die psige van die mens wat lag vir die ander se ongeluk, soos wanneer iemand van ‘n leer afval. Die oerbeginsel wat hier geld is dat die lag spanning ontlaai en die verligting spruit daaruit dat dit jou in ‘n beter posisie stel om te oorleef. Die ander ou het ‘n swakker kans.
    Ons beskou kinders wat ook so vir ander lag, as wreed, maar hulle spreek net hulle (onverfynde)oeremosies uit.

  18. Ek wonder op watter ontwikkelstadium het hulle begin lag!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.