Ontlading

Desember 31, 2009 in Sonder kategorie

Lui, langsame dae vol van lekker kos, son en seesproei. In hierdie helder maanligaand ruik ek die koel, sout seelug wat inwaai deur die venster agter my. Dit voel goed om mens te wees.

 

Elke middag, met sonsondergang, is daar ligflitse al langs die strand van Glentana af soos jong fotograwe probeer om die mooi oranje liggloed op die sand vas te vang.

“……..het ons saam GEVAL OP DIE WATERSKOETER toe hy die draai te vi….” loop rooikopdogter voor die oop deur verby. Sy kan nie stilstaan as sy iemand bel nie.

Worshondtefie het verlief geraak op matriekdogter se teddiebeer, pomp die ding voos, al om die slaapkamermat. Beer nou herbenoem na Rafeltjie de Beer.

Absoluut omring deur vroumense – weduwees, grasweduwees en eggenotes. Begin al in sinkronisasie PMS ontwikkel. Op ‘n manier is dit eintlik vrek eensaam. Mis laasjaar se gegorrel in kringe met trosse Gauteng/ Vrystaatfamilie. Vandag amper ‘n arme gawe Tuks-geskiedenisprof se ore van sy kop afgepraat, bloot omdat hy eerste soliede mansgeselskap in baie dae was. Vermoed dit was vir hom nuut om die luisterende party te wees.

“……sal my more met ‘n MOTORFIETS KOM OPLAAI by die Dekke, dan ry ons saam Stellen….”. Dogter.

Tob oor die noodsaaklikheid van harmonie tussen gesinslede. Dalk, soos die NG Kerk, moet onversoendes mekaar maar liewer taktvol en in liefde vermy.

Tob oor die oujaar. Bly ek het blog ontdek. Bly ek het nog mense wat vir mekaar omgee.

11 antwoorde op Ontlading

  1. The only rooster in the henhouse!

    Dit moet erg wees, innige simpatie.

  2. Dankie, Lou. Dit kekkel maar woes.

  3. werlik mal oor daai foto

  4. Janklaas het gesê op Januarie 3, 2010

    Dankie, Pruimtwak.

    Moet asseblief nie ophou verse pos nie. Ek leer by jou.

  5. Janklaas het gesê op Januarie 3, 2010

    Hoe laat jy my hart nou sommer warm voel. Ek hoop dis vir jou ‘n wonderlike jaar, Theriens.

  6. Berwick het gesê op Januarie 3, 2010

    Groetnis!

  7. Lieflik JK … self bly ek het die blog ontdek!
    🙂

  8. Janklaas het gesê op Januarie 5, 2010

    Baie dankie, Kelly!

    Dalk moet ek hierdie jaar eerder wee bietjie werk. Het die bloggery heeltemal te veel geniet!

  9. Janklaas het gesê op Januarie 5, 2010

    Tja. En baie tjoklits.

  10. Janklaas het gesê op Januarie 5, 2010

    Dankie vir die **!

  11. Janklaas het gesê op Januarie 5, 2010

    Is so.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.