Doom Raymond en die lepel

Desember 8, 2009 in Sonder kategorie

Een dag, toe Jan Klaas nog ‘n prettige jongeling was wat kaalvoet en onskuldig die plotte in sy klein dorpie platgeloop het, is die saad gesaai vir ‘n belewenis waarvan die impak op sy lewe vandag nog onderskat word.

Sjoe. Lang sin. ‘Skuus.

Ennieway.

In Jan Klaas se dorpie is ‘n nuwe kerk gebou om die kerk in die buurdorp te vervang, siende dat die arme ryk en arm witmense gedwonge uit die buurdorp verskuif is.

Aangesien daar in Jan Klaas se dorp nog geen rusplek was vir die holte van die voet van die nuwe predikant nie, is voorgestel dat die leraar en sy gade hulle intrek by Jan Klaas-hulle sou neem. Daar het juis plek ontstaan toe Ouma Klaas, gatvol vir al die jonger Klase, baie konsidererend na ‘n ouetehuis in Sunnyside verhuis het.

Die nuwe predikant was van die ou skool en al taamlik bejaard. Hy het ‘n soort Eugene-Terreblanche Afrikaans gepraat, soos in: “Wêê die VOLK wat sy rug kêêr op die GOD van sy voorvaad’re”. Sy sonore stem kon galmend elke hoekie in ‘n kerk volmaak.

Die eintlike hoofspeler van ons klein drama was egter sy vrou. Ruim bedeeld was sy in verskeie opsigte, ook in Raad met Eetgewoontes (“You must SIP your milk”) en fisiese dimensies. Duidelik was sy die eintlike krag agter die troon. Sy kon die inspirasie langs die kleine dominee gewees het, van die ou volksliedjie: “Met jou aan my sy/ o liefling van my/ dan vrees ek geen gevaar”.

En dan die lepel. Daardie lepel.

Een middag het die Klase en hul geleerde gaste getrou en gemoedelik om die tafel vergader vir middagete. Alles het voorspoedig gegaan, tot Jan Klaas se lepel per ongeluk van die tafel af geval het.

Die lepel het (doelbewus?) ‘n entjie ver geskuif as wat sy gewoonte was en Jan Klaas was verplig om homself so te sê huid en haar onder die tafel in te wend.

Toe Jan Klaas onder die tafel sy oë opslaan, kyk hy senter in die dieptes van die verdoemenis in, g’n meter van hom af nie. Mevrou Dominee het blykbaar gereken dat die fyner dinge, soos eetgewoontes, vir die bokant van die tafel bestem is en dat ‘n mens onder die tafel as’t ware maar kan laat gaan. Wydsbeen het sy gesit en trots haar aansienlike bates aan die niet blootgestel, dieselfde niet wat Jan Klaas se waterige ogies nou met afgryse sou gadeslaan.

Onafhanklike ontleders het later oor die moontlikheid bespiegel dat Mevrou Dominee dit dalk doelbewus so laat ontplooi het om die Jonge JK sy eerste blootstelling aan die beduiwelinge van die toekoms te gee.

Ander, weer, het die denklyn gevolg dat daardie beeld, daardie benoude visie, enkel en alleen verantwoordelik daarvoor was dat Jan Klaas se puberteit ses maande later plaasgevind het as wat ‘n mens uit sy latere skandeliker gedragspatrone sou kon voorspel.

Dit was waarskynlik ook die oorsaak van Jan Klaas se oordrewe beheptheid met gru-flieks en boeremusiek.

25 antwoorde op Doom Raymond en die lepel

  1. Sjoe…scary…lol.
    Kan my die Dominee en sy vrou voorstel in die geestesoog.

  2. scarred for life…

    ek hoor daai dominee praat, ek gril sommer net by die gedagte daarvan.

  3. Berwick het gesê op Desember 8, 2009

    Puik!

    :-)))

  4. Sjoe dit is ‘n fantastiese skrywe hierdie.Sterre vir jou!

    Mooi bly Jan Klaas ons gesels weer volgende jaar en pas jouself goed op.

  5. Nou is ek erg geïnteresseerd in ‘sy latere skandelike gedragspatrone’!

  6. vuurklip het gesê op Desember 8, 2009

    Scared for life!

  7. vuurklip het gesê op Desember 8, 2009

    “gru-flieks en boeremusiek” – gaaagaaa!

  8. Neander het gesê op Desember 8, 2009

    En daar beskou jy die dieptes van die verdoemenis deur middel van ‘n lepel.
    Kan jy dit nou dink van so ‘n stukkie skepmetaal?
    Dink net hoe die ervaring kan verbreed met een van die Iscor skepgrawe?

  9. Janklaas het gesê op Desember 8, 2009

    Ongelukkig kan ek ook!

  10. Janklaas het gesê op Desember 8, 2009

    Dêm right…

  11. Janklaas het gesê op Desember 8, 2009

    Mens kan dit amper deesdae nie meer voorstel nie!

  12. Janklaas het gesê op Desember 8, 2009

    Baie dankie, Berwick!

  13. Janklaas het gesê op Desember 8, 2009

    Baie dankie, Tweeling. Lekker uitspan.

  14. Janklaas het gesê op Desember 8, 2009

    Nie trots daarop nie. Baie dankbaar vir die redelike verlossing van hormone wat die ouderdom bring…

  15. Janklaas het gesê op Desember 8, 2009

    Daai einste poorte waar hulle Azazel se bok gaan uitgooi het.

  16. Janklaas het gesê op Desember 8, 2009

    Is dit nie…

  17. Janklaas het gesê op Desember 8, 2009

    Op daai stadium het ek eintlik begeer om daai lepel in die dak te steek.

  18. Janklaas het gesê op Desember 8, 2009

    Eeeuw. Daai woorde maak die herinnering duideliker as wat ek dit sou wou hê…

  19. Janklaas het gesê op Desember 8, 2009

    Wolskoeter?

  20. Janklaas het gesê op Desember 8, 2009

    ‘n Koshuismaat in Kollegehuis het eenkeer die woord ‘furburger’ gebruik. Ek het geen idee waarvan hy gepraat het nie.

  21. Janklaas het gesê op Desember 9, 2009

    Jup. Soos hulle sê, deeply scarred.

  22. Heerlike skrywe!

  23. Baie dankie, Sara!

  24. lisabeth het gesê op Januarie 3, 2010

    :-))!

  25. Janklaas het gesê op Januarie 3, 2010

    Hallo Lisa! Dis vandag my laaste dag hier in julle kontrei. Droog, maar lekker!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.