Kort kortverhaal

November 18, 2009 in Sonder kategorie

Net Myself het my getag om ‘n kort kortverhaal te skryf, maksimum 150 karakters.

Streelverhaal nommer 1:

Sag het hy die hare van haar voorkop gestreel en geprewel: “Nou sal jy nooit weet wie ek regtig is nie…”

Toe draai hy om en wag vir die stil donker.

Streelverhaal nommer 2:

Een nag, so vyf somers na die skip gestrand het, word sy skielik helder wakker van sy sagte streling. Asemloos fluister sy: “Wag, moenie ophou nie.”

Nommer 3:

“Wat ‘n belaglike manier om te gaan,” dink Gert knorrig toe hy vir oulaas met sy knipmes probeer om die maantuig se deur oop te kry.

13 antwoorde op Kort kortverhaal

  1. zephur het gesê op November 18, 2009

    Ek laaik no3

  2. He, dankie Ghaap!

  3. Ek dink ek ok.

  4. …ek is mal oor nommer 2..geheimsinnig!!

  5. Ek het altyd gewonder of ‘n man en ‘n vrou mekaar natuurlik sou ontdek as niemand hulle touwys maak nie.

  6. ek hou ook van nr 3… as gert se naam macguyver was, was dit natuurlik heeltemal ‘n ander storie.

  7. Ja, lyk my die stories is nogal geneig om strelerig te raak!

  8. Janee, daar was nou vir jou ‘n planmaker!

  9. Trakie het gesê op November 28, 2009

    Ek’s oortuig daarvan!

  10. Haai daar, Vaktap.

  11. Janklaas het gesê op Desember 1, 2009

    Moes bietjie ‘n lastige swart hond van die agterdeur af weghou.

  12. Janklaas het gesê op Desember 2, 2009

    (Bloos) Uhm… Nee.

  13. Janklaas het gesê op Desember 2, 2009

    Baie dankie, Lo-Ammi.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.