Verskietende sterre II

November 16, 2009 in Sonder kategorie

In ‘n vroeëre blog het ek gepraat van die moontlike heerlike sterrereën wat op pad is.

(belig vir sowat ‘n uur)

Wel, dit is nog, maar verskillende bronne maak verskillende voorspellings.

Lyk my die beste tyd is sommer al vannag, na twaalf. Ons mis ongelukkig die piektyd omdat die son dan in Suid-Afrika skyn, maar ons kan nog steeds ‘n redelike “afkoms” verwag, al is dit dan maar so tien per uur.

Kyk noord-oos, want dit is waar die Leo-sterrebeeld hom in die vroeë nanag bevind. Dis nou die tyd wat Liewe Heksie haar rondtes doen en die gifappeltjies versondig. Later in die nag, so by drie-uur, is Leo so noorderig, skuins bokant ons.

Die verskietende sterre wat jy voor twaalfuur gaan sien, is waarskynlik nie deel van hierdie sterrereën nie en is maar toevallige debris wat deur die atmosfeer val.

Die verskynsel sal nog ‘n paar nagte lank sigbaar wees, maar al hoe skrapser.

Jammer dis op so ‘n mislike tyd. Ek sal kyk of ek dit volgende jaar beter kan reël, so oor middagete ðŸ˜‰

12 antwoorde op Verskietende sterre II

  1. zephur het gesê op November 16, 2009

    Ek sal koffie maak en ‘n loer vang…as daar nie wolkies is nie.

  2. net myself het gesê op November 16, 2009

    janee, ek dink jy kan gerus dit vir ‘n beter tyd reël, teen daardie tyd is lankal lekker in droomland 🙂

    geniet dit, dalk maak ek nog plan om te kyk, dis darem iets wat nie elke dag gebeur nie.

  3. bloukaap het gesê op November 16, 2009

    ek is groot liewe heksie fan……..

  4. net myself het gesê op November 16, 2009

    jy is ge-tag om ‘n kort-kort-kortverhaal te skryf binne 150 karakters! kom kyk op my blog en kom speel saam.

  5. Janklaas het gesê op November 16, 2009

    Ek sal aan jou dink daar in die noorde.

  6. Janklaas het gesê op November 16, 2009

    Dis nogal oop hier. Ek gaan beslis kyk.

  7. Janklaas het gesê op November 16, 2009

    Dis darem elke jaar, maar daar is ‘n skraal moontlikheid dar vanjaar beter gaan wees.

  8. Janklaas het gesê op November 16, 2009

    Ja, op die weervoorspelling het julle kanse maar sleg gelyk.

  9. Janklaas het gesê op November 16, 2009

    Ek kon lankal sien daar is adel in jou…

  10. Janklaas het gesê op November 16, 2009

    Klink na pret. Sien jou daar.

  11. Janklaas het gesê op November 16, 2009

    Lekker. Ek sal aan jou dink.

  12. Janklaas het gesê op November 16, 2009

    Pilsier, Kels!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.