Die oggendstond

November 16, 2009 in Sonder kategorie

Jou sinne skarrel

in ‘n kou

van natgevatte vlinders rond –

so soek ek sin

in plat gevatte sinne

om jou donker mond

en lek in somber onbegrip

die stiltes om

my hart se wond.

Want, as die dagbreek

windskeef loop:

sal jy nog wil sing, my lief?

Së  my, sal jy?

7 antwoorde op Die oggendstond

  1. Sy sal!

  2. Pragtige beelde.

  3. Dankie vir die vertroue, Lou!

  4. Baie dankie, San.

  5. Of danksy my!

  6. Is so. Hierdie vers is darem nie oor myself nie.

  7. Hi, Kelly.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.