Sodom

November 11, 2009 in Sonder kategorie

Die koel aandluggie kruip lui oor die pastorie se vloer, bo-oor Sampie, die swart pastoriebrak en kwispel verder  in die donker gang af. Met sy kop op sy voorpote en sy groot oë op sy ounooi, klap Sampie sy stert elke nou en dan hoopvol teen die grond.

In die skemer, by die tafel sit Annemarie voor haar uit en staar. Die diep plooie om haar oë is die nadraai van baie hartseer en ‘n vreemde gelatenheid. In haar hande wring en vou sy krampagtig ‘n sakdoek.

In ‘n donker kamer verder af in die gang lê Marthinus op sy maag op die bed.

Marthinus, haar mooi bruinoog-seun. Marthinus, die vierdejaar tokkelok. Marthinus, die begaafde, wat sulke lieflike klanke uit die ou kerk se orrel kan optower.

Op die vloer lê ‘n bylae uit die Rapport-koerant, oopgevou by ‘n dowwe kleurfoto. ‘n Foto van ‘n motor, êrens tussen bome, met die profiele van twee mans voorin.

‘n Opskrif: “Ds. Petri Eloff se seun met “vriend” betrap,” steek uit bokant die bladsy se vou.

Die groot rooi kol rondom die kop op die kussing is al hard en koud. Op die vloer, net onder Martinus se slap hand, lê die groot ou rewolwer, ‘n erfstuk van Oupa, uit die Tweede Wêreldoorlog.

Die deur van die statige ou kerkgebou is oop, maar binne is dit donker.

Voor, in die ouderlingebank, in die fletsblou ligkol van ‘n vroeë straatlamp wat inskyn, sit die donker en krom gestalte van Petrie, die dorp se predikant. Sy skouers skud.

In sy klam hande is ‘n voosgevatte ou 1933 Bybel.

“Here, U het uitdruklik gesê dit is sonde, sonde,” prewel hy oor en oor.

Buite sak die son in ‘n grootse, rooi kleurespel.

23 antwoorde op Sodom

  1. Baie dankie, Kokomo.

  2. arme marthinus.

    (ek hou van die rooi van die sonsondergang wat bind saam met die rooi kol om sy kop. dit maak ‘n baie sterk beeld – al is dit dan so ‘n hartseer een.)

  3. Eintlik gee jy my nou ‘n idee. Ek verander gou die teks bietjie. Dankie.

  4. Knap gedaan. Werklik emotief.

  5. Die gevolge van depressie, bipolêr, wanhoop, of wat….?

  6. Verwerping

  7. Dankie, Plankloper.

  8. Sjoe, baie goed gedoen.

  9. Dankie, dis nou beter.

  10. Dankie Maryke!

  11. Dankie, Annemari!

  12. …en skuus vir die misbruik van jou naam.

  13. Dankie vir die 10, EM!

  14. wel ek het gedink dit was goed om mee te begin, maar hierdie een werk ook mooi!

  15. Berwick het gesê op November 11, 2009

    Ek stem saam met Annemari.

  16. Dankie, dankie Theriens. Dit is presies dit wat my so hartseer maak. Verwerp deur die mense wat veronderstel is om om te gee.

  17. Dankie, Berwick. Ek wens so ek kon dit beter sê.

  18. Baie dankie, Ghaap.

  19. So hartseer, Janklaas!!

    Ek hoop dat dit goed gaan?

  20. Dit gaan darem goed, dankie.

  21. Ja, dit gebeur seker elke dag iewers.

  22. Mooi bly, Kelly.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.