Verenig

Mei 28, 2009 in Sonder kategorie

In ‘n buurdorp het daar ‘n ou man met Alzheimers weggeraak. Die hartseer van die kinders het my aan die mymer gesit…

Hy’s die donker, krom gedaante
hy’s die ou man op die hoek
hy’s die een wat in die donker
na homself, sy eie soek

Hy’s al veertien dae verlore
hy’s die man in die koerant
Hy’s die een wat in die trane
van sy hartseer kinders brand

Hy’s die hopie wat hul gister
langs sy vrou se graf ontdek
en sy vingers het die groefies
van haar naam dof nagetrek

Kom die storms, kom die weifel
kom demensie, kom die wind
maar hier, dig by haar gebeente
het hy vredigheid gevind

13 antwoorde op Verenig

  1. Simss het gesê op Mei 28, 2009

    wow janklaas dis ongelooflik!!!!!

  2. loudavisi het gesê op Mei 28, 2009

    sjoe!

  3. borrels het gesê op Mei 28, 2009

    Dis hartseer, maar dis damn mooi geskryf!

  4. Janklaas het gesê op Mei 28, 2009

    Ek het gedag dis goed om vroeg te sterf, dan is mens nie so ‘n oorlas nie, tot my vrou my herinner het dat sy dan alleen sal wees.

  5. Janklaas het gesê op Mei 28, 2009

    Dankie SIMSieQ!

  6. Janklaas het gesê op Mei 28, 2009

    Haai daar, Lou!

  7. Janklaas het gesê op Mei 28, 2009

    Dankie, Elmarie.

  8. Janklaas het gesê op Mei 28, 2009

    Dankie, Borrels.

  9. Ai dis so hartseer! Dankie vir die inloer!

  10. anskrige het gesê op Mei 28, 2009

    Janklaas, dit is seker enige een van ons se grootste vrees.
    My eks skoonma, die Generaal se belangrike en vooraanstaande vrou, vrou van die stigter van die oud-polisiemanne en aan die hooftafel van elke formele funksie, kennisse en gatkruiper vrouens van laer range, is begrawe met 10 van ons by haar begrafnis.
    Dimensia het haar gestroop van haar eer, van haar vertoon, van haar trots en van haar ‘n bondeltjie versorging gemaak, wat teen die einde aan ‘n rolstoel vasgebind was sodat sy haarself nie beseer nie.
    Bad news.
    Dankie vir die kuier en dankie vir die resep van die crunchie. Het dit op Nigela gesien en bly vergeet om dit te doen, dis jummy!

  11. Janklaas het gesê op Mei 28, 2009

    Nou gee jy weg waar ek actually geloer het! Dit was by die bakkery, onthou…

  12. Janklaas het gesê op Mei 28, 2009

    My ma ook. Dit was slegte tye. Keer my asb as ek ook so word.

  13. zephur het gesê op Mei 28, 2009

    As jy nie meer jouself is nie en ook nie meer weet hoe jouself was nie…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.