Resep!

Mei 26, 2009 in Sonder kategorie

In ‘n Chemieboek, van alle boeke, het ek ‘n prettige resep gekry.

Daai bros gaatjies met die suiker om wat ‘n mens in Crunchies kry, is maklik om te maak.

Jy neem:
2 eetlepels goue stroop
2 eetlepels suiker

Kook dit stadig saam vir 20 minute in ‘n groterige pan.

Voeg dan by een teelepel koeksoda en roer dit vinnigerig by die mengsel in. Nie te vinnig nie, dan koelêps die borrels (Hallo Borrels!).

Die mengsel begin groei soos dit skuim vorm (staan liewer terug, Eva, mens weet nie hoe groot gaan hierdie ding word nie).

Gooi die mengsel in ‘n gebotterde bak en laat stol.

Eet. Geniet.

Ek is gewoonlik te haastig, dan loop ek vir twee dae met blase op my tong van ‘n slap, skuimerige gloeiende lekkergoedderm. Laat die ding tog stol!

8 antwoorde op Resep!

  1. Klink soos tameletjie! Lekker ek is dit laas geeet as kind!

  2. loudavisi het gesê op Mei 26, 2009

    Lekker boek daai!

  3. borrels het gesê op Mei 26, 2009

    🙂 hallo Janklaas

  4. Janklaas het gesê op Mei 27, 2009

    Ek vermoed dit gaan nog lekkerder smaak as mens grondboonkrummels bymeng. Kyk net hoe lekker is stroop en katbotter saam.

  5. Janklaas het gesê op Mei 27, 2009

    Daai boek het ek op skool gekoop en dit het so min of meer bepaal wat ek uiteindelik gaan swot het!

  6. Janklaas het gesê op Mei 27, 2009

    Probeer gerus.

  7. Janklaas het gesê op Mei 27, 2009

    Haai ogies!

  8. Janklaas het gesê op Mei 27, 2009

    Stroperig?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.