Soweto-shuffle

April 30, 2009 in Sonder kategorie

Ek is bevoorreg om ‘n werkplek te deel met honderde studente.

Klokslag, op die dae wat ek laat is, beland ek agter ‘n seksie (nee, nie sexy nie) van drie of so skuifelende dames wat draal op die ritme van ‘n onhoorbare antieke, swewende Afrikamelodie. 

Hierdie skuifel het ons nou benoem as die Soweto shuffle. Vaardige bedrywers van hierdie pas kry dit reg om ‘n tree te gee, dan heeltemal op die voet te rus, voordat die ander rustig nadergetrek word. Daarna word die aksie herhaal, maar met die ander voet totdat hulle, soos Naas sou sê, aan die einde van die dag by hulle bestemming kom. Die prentjie is voltooi as daar op die gesig van die bedrywer ‘n uitdrukking van absolute vrede en harmonie met die heelal is.

Ek het nou al vrede gemaak met hierdie stap en sy ewige aard, maar vanoggend het ek ‘n ontstellende nuwe variasie daarop gesien. Ek ry toe agter ‘n motor wat so stadig ry dat jy nie kan opmerk dat die omgewing verbyskuif nie (omtrent soos ‘n horlosie se uurwyser). Verder lyk dit van agter af of die motor nie ‘n bestuurder in het nie. Toe ek uiteindelik, pers van pure ontsteltenis verbyry, sien ek die kort bestuurderes sit met dieselfde uitdrukking van hemelse vrede op haar gesig. Toe weet ek.

Wat sou mens nou die gemotoriseerde weergawe van die shuffle noem?

8 antwoorde op Soweto-shuffle

  1. LMGA,baie goed Janklaas. Shuffle-padkruiper??????

  2. net myself het gesê op April 30, 2009

    die kayelitchia-kruipery?

  3. hutton het gesê op April 30, 2009

    LOL!!!

  4. Janklaas het gesê op April 30, 2009

    Die Umtata-regatta?

  5. makwassie het gesê op April 30, 2009

    LOL! …kan nie opmerk dat die omgewing verby skuif nie…
    Dit is baie snaaks gesê. Maar seker nie vir jou nie. Jy moet ‘n baie geduldige mens wees!

  6. Janklaas het gesê op April 30, 2009

    Huh. Kwalik.

  7. zephur het gesê op April 30, 2009

    Hittige Stadigheid.

    So ‘n motor het vandag voor my gery en ek dog toe dis ‘n marmite mannetjie toe is dit ‘n paleface van so 45jaar.

  8. Janklaas het gesê op April 30, 2009

    Die soort ou wat 50 ry in ‘n 60-sone

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.