Beleef

April 22, 2009 in Sonder kategorie

Toe ek tiener was, was die intensiteit waarmee ek emosies ervaar het, amper te veel om te hanteer. Ek kon langs die see staan en voel hoe die golwe wat breek op die rotse, my tot in my rug hoendervleis gee.

Ek was ook ‘n sot met verliefdheid – ek was seker sestig keer verlief. Ek dink ek was verlief op verliefwees.

Ek het naderhand gebid dat hierdie tye sou verbygaan, dat ek so min of meer ‘n normale sot kon word.

Met ouerword en met ‘n paar teenslae het dit toe ook inderdaad gebeur, soveel so dat ek skielik eendag besef het dat ek my vermoë om te lag en te geniet verloor het, en omtrent net kwellings en herinneringe aan mooi belewenisse oorgehad het. Ek het gedag dit is die natuurlike verloop van dinge, en dat dit dit ‘n tragiese deel is van ouerword.

Dit is darem nie so nie. Ek kan getuig dat ‘n mens weer mens kan word as jy die pyn agter jou kan sit. Vandag lag ek weer lekker, tjank ek in ‘n fliek en waardeer ek weer ‘n mooi natuurtoneel, gedig of musiekstuk.

Lyk my darem mens se gees word nie oud nie.

9 antwoorde op Beleef

  1. Ek het eendag as kind vir my ouma gevra hoe voel dit om 70 te wees? Hoe voel dit aan die binnekant? Sy het my geantwoord: “Soos die dag toe ek 16 geword het!” So, dit wil vir my lyk of mens se gees nie oud word nie! 😉

  2. abrham het gesê op April 22, 2009

    ‘laat die kindertjies na my toe kom…’

  3. Pragtig en ek dink ons almal beleef dit een of ander tyd. Bly jy is weer mens!

  4. borrels het gesê op April 23, 2009

    Elke bietjie pyn maak van mens die persoon wat ons vandag is.

  5. Janklaas het gesê op April 24, 2009

    Dis ‘n kommentaar wat my hoop gee daai!

  6. Janklaas het gesê op April 24, 2009

    2 manierse om jou kommentaar te sien – 1) dat ons in ons harte maar kinders bly en so aanvaar word en 2) dat ek eintlik besig is om kjêns te word…;-)

    Jy’s dalk reg.

  7. Janklaas het gesê op April 24, 2009

    Ek hoor daai een. Daar is vir myself nie ‘n erger seer as wanneer ek en enigeen van my gesin stry het nie. Ek voel verwerp, seer, spyt, eensaam, sommer alles-in-een.

    Dis hoekom ek ‘n suspisie het dat ‘n egskeiding ‘n eiesoortige soort hel is.

  8. Janklaas het gesê op April 24, 2009

    Dit het natuurlik ‘strings attached’ – dis nie net altyd lekker nie. Maar, dan eerder so.

  9. Janklaas het gesê op April 24, 2009

    Dit het my ‘n groot nederigheid geleer. Op ‘n stadium amper te groot.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.