‘Transformation’

April 19, 2009 in Sonder kategorie

Hierdie was my bitter opinie oor die logiese uiteinde van SASCO se destydse aandrang op “transformation” van die Vaaldriehoek se PUK-kampus. Parallelle kwinte is een van die eienskappe van Afrikamusiek.

Getransformeer

Fors
En onuitgedaag groei gras.
Breek dit deur barste en
kraak ou monoliete,
bedek dit bloed en bene.
Hipnoties
galm parallelle kwinte
om groteske ruïnes,
vars hernoem na nuwe helde.
Meedoënloos
herower Afrika homself.

2 antwoorde op ‘Transformation’

  1. abrham het gesê op April 19, 2009

    herower soos in verkrag?

  2. Janklaas het gesê op April 19, 2009

    Ouch

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.