hoe het dit skielik laat geword?


dis desember – besef dit regtig nou eers – hoe het hierdie jaar gebeur – gaan die ander ook so vinnig gaan – gaan ek gou 30 wees – en dan 40 – en bereik het wat ek wou – gaan ek net nog hier sit

Hoe het dit skielik laat geword?
Die oggend was so lank en stil,
die
middag ruim en warm en gul.

Die afdraand van die dag is kil.
Hoe het dit
skielik laat geword?

                 – olga kirsch

11 thoughts on “hoe het dit skielik laat geword?

  1. jy’s hopelooslik te jonk, gelukkig en geseënd vir hierdie soort wroeging janajaans, veral so kort voor kersfees. ry vandag bloots tot hy loop lê- môre is n ander land, en paspoortbeheer gaan jou eers môre n visum vir hom gee.

  2. Die gedig van Kirsch vat aan my hart – ja, ek was ongelukkig al 20, 30 en 40… hoe het dit skielik laat geword. As ek jou blog lees voel ek dan nog so jonk.

  3. boeke, ek is bly. kom dan weer en weer. en my apologies – ek is die afgelope tyd so half melankoliek, sal ook weer oorwaai, dis hierdie tyd van die jaar.

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

Jy mag hierdie HTML-merkers en eienskappe gebruik: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>