hallo? eggo eggo eggo

um.

ek het so bietjie vergeet hiervan.

{tot dit nou skielik uit die vergetelheid geruk is deur ‘n voorheen aktiewe lid van hierdie blad wat ek toe geken het, maar net onder die skuilnaam. om jare later haar nou te ontmoet en iets te onthou}

 

soos dit is het ek ballade vir ‘n enkeling gister gaan kyk en ek is heel manies.

ek dink ek sal terugkeer, hierheen.

soveel het verander, intussen, na al die jare (hoe lank is dit?). en so baie het nog presies dieselfde gebly.

die logistics – wel – ek is intussen ‘n ma geword. met ‘n huisverband. en ‘n hond. en ‘n tuin met ‘n swembad. en ‘n boekekamer!

ek moet hierdie dinge neerskryf. mos vir later se onthou. en hierdie klomp eerstes van my klein Leja.

en ek het julle almal so bietjie gemis. waar is almal? eggo hallo?

cruising fridays.

 

naas my werk het ek verskeie dinge geleer vandag en raakgelees en afdraaipaaie gevolg.

net hier op dieselfde stoel.

soos die volgende. die ander 3 groot name in nazigeledere was joseph goebbels en herman goring (wat ek ken) en dan ook rudolph hess (wat ek nie geken het nie). toe die kak begin spat het vir hulle, toe vat hierdie hess sy vliegtuigie en styg die nag op om skotland toe te vlug, want hy het links gehad met een of ander duke (hy wou brittanje ‘n ally maak, maar dit het natuurlik nie gebeur nie). daar is op hom begin lostrek want dis oorlogtyd en skielik is hier ‘n random duitse vliegtuigie. hy het met sy valskerm uitgespring.

hy was ok. hy is later gearresteer, want hy is obviously ‘n nazi. hitler was natuurlik befok en het die man uit die party geskop en sommer die order gegee that he be “shot on sight” as hy weer sy voete in duitsland sou durf sit.

nog ‘n teken dat hitler erg bipolêr was. jirre, praat van vergelding en vervolgswaan.

anyhoo.

so hoor die sowjet-unie so stalin van die geheime vliegtuig en hy is skielik vas oortuig dat duitsland en brittanje saam koukus onder die dekmantel om eintlik saam die sowjet-unie aan te val! talk about being full of it!

hy was toe vir ‘n tyd in die tower of london. die laaste “celebrity” om daar aangehou te word (na 900 jaar van mense aanhou… jip).

hy is toe later Spandau Prison toe gestuur. waar hy toe nie lank daarna nie, die ENIGSTE gevangene was. vir DEKADES! blykbaar het die man heeltemal van lotjie getik geraak.

Guards reportedly said he degenerated mentally and lost most of his memory. For the next eight years, his main companion was warden Eugene K. Bird, with whom he formed a close friendship. Bird wrote a 1974 book, The Loneliest Man in the World: The Inside Story of the 30-Year Imprisonment of Rudolf Hess, about his relationship with Hess. Frank Keller, a former guard at Spandau, said that “Hess would march by himself in the jail courtyard every day”.

On 17 August 1987, Hess died while under Four-Power imprisonment at Spandau Prison in West Berlin, at the age of 93. He was found in a secure area of the prison with an electrical cord wrapped around his neck. His death was ruled a suicide by asphyxiation.

voor dit bietjie gelees van the joker in die batman-films. blykbaar wou hulle ou footage gebruik van heath ledger in 2008 en in die nuwe film sit. maar dit het toe nie gebeur nie.

fabulous nuwe eetplek in kaapstad ontdek. south china dim sum bar. met blykbaar die beste dim sum buite asië! gaan bietjie die gaai daar bederf.

 

 

gaan hierna:  http://naturesoundsfor.me/

en gaan kies al die opsies vir reën (thunder, on roof, ens). hoogtepunt van my dag.

ok dis al vir nou. tyd vir werk weer.

 

“die volk is in die kak.”

the buckfever underground het gelyk. inderdaad is êrens ‘n moerse skroef los in die afrikaner se psige.

die griekwastad-moorde. blykbaar het ‘n 16-jarige kind sy familie uitgemoor. ja, die suster is selfs aan die hare die huis in teruggesleep terwyl sy probeer wegkom het.

die treurmare op welkom waar ‘n wholesome jong man en sy girlfriend die kluts heeltemal kwyt geraak het nadat hulle te veel Dexter gekyk het. bevriend ‘n ander outjie op facebook, lok hom uit vir ‘n opwindende ontmoeting by die begraafplaas and what you get? saag jou ledemate af en ontvel ‘n bietjie, en kyk hoe dit voel.

nou op harrismith word ‘n ng kerk-dominee vermoor. en sy aanstaande skoonseun. en sy vrou word met ‘n byl (ja, ‘n BYL OPGEKAP) aangeval, to kill. sy lewe nog, maar blykbaar ook net-net, die arme tannie. en hulle aangenome seun word in hegtenis geneem! en daar is bewerings dat die een suster ook betrokke is.

dan praat ek nie van daai bosaap van ‘n sondagverkragter nie. wat somehow my die kwaadste maak. want hy het berekend week na week na week vir maande lank sy dade uitgewerk, uitgevoer, en aangegaan asof niks gebeur het nie, siek fuck.

en die groot gemene deler?

almal afrikaanssprekendes. afrikaners. afrikaners, inderdaad.

“kent gij dat volk.”  kent gij dat volk?  die volk is in die kak, man.

 

AANDAG ALGEMEEN, AANDAG ALGEMEEN

ek het ‘n uitdaging. vir jou.

 

asseeblief kom pen ‘n resep hier neer vir wat ek kan maak om te eet vanaand.

 

asseblief??

dit moenie te veel moeite wees nie (maar bietjie moeite is ok).

my maaltye-opsies is redelik beperk. en ek wil die gaai bietjie spoil vanaand, shame, hy is siekies.

so in plaas van iets van die internet af gaan trek, en ek weet nie eers of dit lekker is of nie, vra ek jou nou, elkeen wat hier lees, om asseblief vir my hulle gunsteling kosmaakding hier neer te skryf.

ek wil ook so ‘n personalised resepteboekie begin. waarin ek meals en goed neerskryf waarop ek afkom, wat mense met my deel en so. en dan sal ek jou resep ook daarin skryf.

asseblief man?

anchored down in anchorage – 29 Oktober.

 


ek wou sê. ek is van gister af nou weer onnatuurlik behep met PE. die wit strate en die spoke van dae wat altyd verby is.

my clue moes gekom het by van die eerste beelde wat begin spook het. eers was ek en die gaai skemertyd op king’s beach. en latertyd in sentraal by die four winds folk club om kerslig met die goedkoop rooiwyn en die velvet stem.

vir lank was ons daar, buite, ook, op die sypaadjie onder die straatlamp.

en toe verder. op, westelike kant toe. vlakte toe. waar die wind meer gereeld waai. oor die vlakte. nie soos in die kaap nie, nie nee die vieslike suidooster nie, gentle, maar dringend. dis die wind in PE in die weste van die stad.

en ‘n parkie. en ‘n swembad. en ‘n ice rink! en ‘n pad wat altyd onbegaanbaar raak in vloedtyd. dan breek die pad op en die bruggie val inmekaar en die hele roete die kloof in is in sy moer en dis weer 3 jaar voor mens eers weer daar kan ry.

en die koel skadu’s in st. george’s park.

en happy valley in die dag, op die grasperk, soos athol fugard ook pose voor die naam.

(ons het nog lank nie eers gekom by sardiniabaai – of, “saards” soos ons locals hom ken – nie)

en ek kan nie verstaan hoekom nou weer so nie. hoekom nou weer so erg. so naby. dat mens nie kan slaap nie, want jy hou nie op ry onderdeur bome, heuwel op, heuwel af, in newtonpark nie.

en toe sien ek dit vanoggend.

dis vandag presies 2 jaar. 2 jaar gelede wat die klankbaan van ons almal se jeug in hierdie hartseer stad aan die ooskus van suid-afrika skielik net abrup stil geword het. met ‘n asemintrek, en ‘n verstik, is davina hutchinson vandag al 2 jaar oorlede op die hopeloos te jonge ouderdom van 29 jaar.