Skip to content

Hiberneer

Die sneeu sit so op die bare bome sonder blare, dit blyk amper asof ek in n swart en wit film lewe.

My asem koud en vogtig, sien ek dit ruisend voor my uit beweeg. Die sneeu
die sneeu is dig, dit is bitter stil nou om my asem.

Die sneeu self neem al die klanke vas en hou dit daar binne: stoor dit seker todat dit weer smelt.

Ek hoor net my voete deur sneeu wryf en vryf. Die voëls en ander geluide van somer: het dié plek lankal verlaat.

Dit voel amper onnatuurlik om n agterverlantende, nog hier te wees.
Darm het ek die boot met 2 seile toe getrek, die voorkant steek nog uit,
maar dit behoort te doen, vir nou.

Hele somer aan dit gewerk om dit “ship-shape” te kry,
reggemaak, afgeskuur, weer reggemaak en geverf:
net vir een senuweeagtige oomblik in die water.
Die boot druif darm. Darm druif die boot.

Nou is dit net stilte in die amper oneindigende
donker-koue-nagte
wat nog voorlê dié winter
wat jaarliks soos ’n straf begin voel vir my:

’n straf dat ek weg is van my geboorte land,
’n wraak dat ek nie my klein niggie kan sien groot word nie
en deel van familie daagliks kan wees nie.

My taal wat net ek ken in hierdie vreemde land,
is ’n vashou in my gedagtes,
’n rots wat ek aan klou en terselfde tyd myself dood slaan met.

Ek’s nie meer in Kaapstad nie hoor en wyn is kak en duur hier.
Maar tog kyk ek nog buiten toe en sien my refleksie in die venster
en skryf my gedagtes as mens neer:
Al lees niemand dit nie, al is dit net die woorde van ’n man wat
nie wil of kan vergeet wie hy is nie.

Miskien sal dit beter in lente wees, miskien kan ek dan die seile afruk,
die boot in die water sit:

En gaan in ’n rigting van my eie keuse,
al waai die winde in ’n ander rigting.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar