Skip to content

Annorlunda

Ek kan nie glo dat jy sê
in geskrewe woord:
Jy is ’n moedertaal
Engels sprekende nie.
Gebore so, nie waar?

My god!
Hê respek vir die bloed
en sweet van mense tevore,
wie jou gebaar het en jou moeder
taal gevorm het.

Daar’s ’n vuur binne my
en dis Afrikaans maat,
dis Afrikaans in my siel
en
dis onder my hoed
en ek dra dit op my mou

Dit is die ritme van my stap,
al is dit in Amerika:
Land van vlae en gewere,
waterbier en sware.

Dit is in my tone,
my bene en my immigrant siel,
ek herwerk Afrikaans
in elke sweet druppel en reël.

Dit is wie ek is,
nie afrikaner nie,
Afrikaans sprekende
met TROTS.

Want ons is nie vol kak nie,
Die natuur en alles wat dit besit.
Ons, die aardse gebore diere,
so sal ons gaan in ons liefde
vir Afrika grond en reën.

“Ons kom en ons gaan:
soos water, soos klank uit die mond,
soos ons kom en ons gaan.
So ken ons die vryheid.”

Maar, kyk vir jou
En jou
kamste engelse
“Smoke and mirrors”.
Is jy skaam om te wees wie jy gebore was?

Nee wat, nie vir my nie.
Nie my koppie rooibos tee nie.

Onthou, ons weet wie jy is.
Al is dit in Swede, Duitsland of
die land van Amazon Prime.

Miskien lyk dit asof ek net vloeke
neer lê,
Maar in Afrikaans is dit tog
Net soveel meer, as dit.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar