Skip to content

Sonder om te groet

Ek wou nog sê, maar ek’t vrede gemaak:

Vrede met myself en nie met jou nie.
Ek kon meer sê: maar ek’t uit woorde geloop.
Soos hulle sê.

In malheid het ek verloor wie ek was,
seker ook wie jy was.

Nou is jy weg en dit was jou
keuse tog

aai tog, nee man.

Daar is altyd vrae, maar vrae is nie antwoorde nie.

Nou skryf ek oor ‘n geliefde maat,
wat wou uit die kamer loop,
sonder om te groet.

My ma sê: “dit is ongeskik””.
Ek’s net hartseer, ek wou
jou alles van my lewe vertel:
maar ek weet jy is hier.

En somtyds is ek ook daar.
In die nimmerweer, die plek waarvan ons almal vandaan kom:
en heen gaan.

Groete Ou pél, hoop die see is still en die winde goed.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar