Skip to content

Die Illusie

In ‘n vreemde land is ek,
‘n plek van swoeg en sweeg met die illusie van ‘n droom.
Ek los my deure oop en my sleutels in die kar.

Ek’s klaar met die bang wees, wens ek kon dieslefde sê van die vrees.

Die vrees van waaksinnigheid en haat wat dié land omvou soos n babbelas van daai keer toe ons regtig groot gegaan het.
Dis in mense se gesigte en die manier hoe hulle praat, alles is onderlangs, alles werd: is onder die tafel.

Maar ek hou my kop hoog en verbeel myself dat my voete Afrika grond tref en my vel Afrika-Son bo my sweet verdiende vel het.
Dis tog ook ‘n droom, maar die liefde is altyd sterker: ek sou tuis bly as ek kon.

Sy is tuis hier en ek :

Ek is tuis waar my gedagtes oor Afrika in vrede kan droom. Sonder die illusie

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar