Skip to content

Duidelik Helder

Ek het nog briewe van ons ou gespreke,
woorde wat skaduwees op my mure en gedagtes geword het.

Bekyk ek die handgemaakte, leer gebindte boekie in my bedkassie:
— Swart en Blou soldate van ’n wereld nou so vreemd en vêr weg.
Hoekom het jy opgehou skryf in die boek?

Ek skryf tog nog, dalk uit my eie siekte seer.
Dalk dat ek hoop: jy eendag weer sal terug skryf.
Dat jy weer my maat sal wees en ons die wêreld in woorde kan deel.
Eks dalk net naïef en jy wys.

Ek sukkel om te glo dat jy nie dié band kan voel nie:
Die selfde bloedvuur wat tussen my borskas en asem klop
en aan jou mou soos ’n knaende klein kind pluk en smeek vir die skryf.

Ek kyk nog elke oggend in my posbus:
maar daars net partykeer poskaarte, rekeninge
en ’n seeskulp wat iemand in gegooi het, wat ek daar hou.
Sodat dit nie leeg bly soos ek nie.

Ek gaan land uit: weg van dié plek van, ons ou tonele
wat in die strate en parke van Harfield afspeel.
Die plek waar ek myself toesluit binne my huis en wegkruip van die son.
Waar my oë regtig ’n foto van die see geword het.

Die gedig is joune,
in eer van jou en jou naam.
Tog weet jy wie jy is:

Duidelik Helder.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar