Skip to content

Middernag

Waarheen wil jy toer wyl:
die pyn van Bloedrivier
nog
deur dié land se kranse sny
en vir asem snik in ’n Hadida
se soek en smag na water?

 

Waarheen moet ons vlug as
kamstige Afrikaans Sprekendes?

 

As die kwaad en haat van Langa en by Nyanga
nog in julle waansinige vuiste klug teen ou familie stene:
  en steeds Afrika skreeu

 

Waarheen moet ek as mens val?
Wanneer die pyn, kwaad en hartseer
van jou straat alweer aan my voordeur
klop?

 

Soos ’n depresiewe pikkewyn weer binneland toe?

 

 Nee wat. Fok dit.

 

Jy moet maar net weg van ons af,
wat ookal ek, jy of hom die plek nou wil noem.

 

Hoe hardloop ons van onse self af,
met ’n nuwe lied en rede?

 

 Wat het van ons en die land geword?

 

Deur: James Honiball

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar