China kom huis toe ma
Ma, China kom:
Trek in ons skole in:
Stadig maar seker in
ons gedagtes in.
In ons winkels, boeke
en parliment en hulle sakke in.
Ma China word president.
Soos ’n donker wolk
met gou rante:
Kom China plaas toe ma,
om malls te bou,
nie soos my maat van die dorp af:
wat net kom kuier het nie.
Ma China kom om te bly.
Ma! Ons en almal se Afrika,
die Afrika wat ons so lief voor geword het.
Kom hulle:
Met die selfde glimlag
om die ou aarde
om te roer weg:
van die eensaam boer,
die Afrika kind van Lake Malawi,
die dogter van Kinshasa,
en die berge van rooi
linte in die wind.
Ma China kom om alles
te ontbind en te herbou:
Om ons soos hul te maak.
Ma China kom,
sonder ons weet:
En spring in ons are in
en word Afrika.
Ma Afrika word China.