Skip to content

Ewige vas hou

Luister na my lesing hier: https://soundcloud.com/james-honiball/ewige-vas-hou

 

Dit traak my,
pla my en eet
van binne af
op.

Stuk stuk:
diè idee
dat lewe net ‘n draf na
dood is.

Al hou jy aan geliefdes
jou stukkie brood,
jou eie self, vas.

Hou dit nie terug vas,
aan jou nie.

Hoe stuiwer jou fingers
greep hou teen
die kranse vanni dood,
hoe meer maak die lewe los in
sy greep na jou.

Dit is wraak dat jy
eendag alleen moet
dood gaan.

Dat jy met swaar hoop
en trane en geen laaste woorde,
jou asem terug aan die wind moet gee.

Dat jou hart van hoop
eendag op hou klop.

Meer as enigiets,
pla dit my in die dieptes in:
Dat ek nie meer ver ewig
met jou kan wees nie.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar