Skip to content

Captain Planet

Ek is niks:
Sonder die stories nie,
niks sonder die donderstorms
wat op die plaas ons eksom uitskop nie.

‘n number pusher en ‘n dronk,
sonder die liefde van taal
om ou kampvuure
wat al jare brand.

Sonder pen en ink
is ek nie ‘n towernaar nie.
Net Samson met kort hare.

Niks sonder die skoone karroo
wat eens sag en vol lewe was nie:
Wat nou dor le in die hande van oilie drake
en politiese slete:
wat alles uit-tert
vir ‘n tikkie en ‘n goue naam plaatjie.

Ek is niks sonder die diere:
so bedruk en bedreig dat hulle
op mensgemaakte eilande lewe nie.

Ek is nie meer mens nie,
twyfel ek was ooit een.

Ek is maar net:
Ek sal ver liewer dit wees:
as om ‘n pitiese se like button te druk
en sodoende te vergeet van die hele saak.
Dis nie jou deel doen nie.

Ek is wild, ek is daar:
en nie hier nie.
Ek lewe soos ‘n dier
op my eie eiland.
En ek verkies dit.

Alles te danke aan die saamelewing,
moenie worry nie,
dis klaar te laat
om enige iets daaraan doen.

Dankie vir die like bra.
Al maak dit niks verskil nie.

 

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar