Skip to content

Instede van ‘n Lotus

Dis ‘n Frangipani my Laanie:
‘n somersbries in winter,
dis die warmte van jou hals,
dis die sweet oor jou soepel borste,
dis die golf van jou glimlag gisternag,

dis die stilte op die plaas,
dis die vrede vind in die geraas.

Instede van ‘n Lotus.
Is dit en was dit,
nog altyd:
‘n Frangipani my Laanie.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar