Skip to content

My Afrika

Oh Afrika, Afrika
land van my bloed.
Land waarin die oneindigende strome
my siel ken.
En die winderige bome
my name roep.

Hier: waar ek eendag
kop sal neerlê.
Hier, waar my bene
die grond weer ryk sal maak.
Hier en alleenlik hier
het my hart sy nis gevind.

Onthou jy nog wanneer
ek kind onder jou son was?
Onthou jy toe my arms
skreeuend onder somer-donderstorms
bo my kop uitgestrek was?
Toe my trane die rooistof
tussen my klein tone
afgekoel het?

Toe ek toor-woorde
onder maanlig-middag son
op die plas genoem het,
en myself in jou geplant het.
Sodat wortels kon skiet:
en ons mekaar kon word:

Sodat ek jou my Afrika kan noem.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar