Skip to content

Vandag en eendag

‘n kleine ou-seun is ek ter harte nog,
terwyl ek tv prente met my kryte verkleur,
vir geld se spog.

Sodat ek jou hoop en waarde in my, kan omskep
in tuin: waarin ons kan lag, baljaar en liefde wek.

Ek kon nog nooit binne die lyne inkleur,
of saam met die samelewing vibreer.

Tog probeer ek
die blou donker van die wêreld herstel:
met ‘n warm rooi-geel sielvolle pastel.
Sodat jou soepel sagte glans venster
jouself in my kan aanskou.

Wanneer ons eendag by
ons eie huisie by die
see ons arms om mekaar weer sal toevou.

 

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar