Skip to content

My antagonis

Ek is die asem
die doef doef van ‘n perd in gallop,
die sluk aan jou dop,
die knik van ‘n oog,
die voel van jou hoog.

Ek is mens.
‘n dansende burleske
onder die maanlig middag-son
wit vlerke en hoof – na sterre lig gerig.
Om jou te verdoem in jou Gom-tor vlug.

Ek is hier en ek is nou.
Terwyl jy daar sit,
my aanskou
en jou arms om die niks en fokkol:
van jou woorde vou.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar