Skip to content

Skateboard en Hemelvaart

Ek’s ‘n rocket-ship Clara,
eks ‘n rockitship ek sê,
eks ‘n ship wat ons atmosfeer uit rock,
terwyl die duisend foot ‘n second punt
vannie skateboard,
uit die slymvlies van lincoln ave
en die heelal
pop.

Ek’s ‘n rocket-ship Clara,
en ek voel ek moet van die aarde af weg,
want ekt gedog ek sou jou net op die straate soek,
maar nou sien ek jou gesig tot in die surf.

Ek’s ‘n rockitship Clara.
En ‘n mens ook:
Ek hoop.

Ek hoop jy’s
‘n rocket-ship ook.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar