Skip to content

Riviersonderend

Op die plek waar God die wind geskep het,
oor die die riviersonderend:
Klop my deurmekaar gedagtes
van skaamte en hartseer,
soos hitte golwe oor ‘n middagson karoo pad.

Ek’t in my menslike verlange na jou,
die pot mis gesit ;
die vrees duiwel perongeluk mis gekyk,
terwyl hy deur die agterdeur ingeglip het:
Tussen die kloppende ligte van die Technostage
toe ek rug moes draai en weg moes loop
van jou en hom:

Terwyl jy en God alleen weet
wat daar gebeur het,
toe ek nie kon sien
wat jy en hy gedoen het,
agter my rug nie.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar