Skip to content

Lewenspel

Agter dik gerookte oë en die vervaagde lyne van drank,
hoop ek liewer vir jou: skynbeelde van ‘n salvia trip,
sodat die “wees” van jou liggaam glip.

Sodat jy werklik kan sien:
die plek agter die bome, die klop tussen die asem,
die perd in gallop met al sy bene gevries in die lug.
Sodat die lewenspel se gordyne oop getrek kan word.
En jy my gesig kan sien, ons gesig sien.
Vir die eerste keer verstaan:
Dat ek jy is
jy ek is
alles in
heraalende droom.

Wens ek dat tyd vir jou stil staan,
dat jy die nar kan sien wat blomme in die lig oor die aarde strooi,
weer en weer heraal,
soos elke eeu
en
elke lewe
terug en vanaf
nar beweeg.

Maar ja wat!
Sit jou televisie aan, steek jou Nikotien god weer en weer op
terwyl jou broer verdrink aan sy brannewyn dop,
en jou dogter in die piss strate wyn uit hosepipes suig
en jou ma die pyn in opium pipes swygend uit wurg.

Lyk my ek sal vir altyd, die gedig, moet heraal.

 

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar