Skip to content

Rooiwyn

Die wind klop alweer eens aan my venster,
terwyl jy:
die blou kreunende maan in my sig kraak,
soos ‘n handvol bloeiende knoffel,
druppend, geel en vol vuur op my tong.

Jou gesig, die gesig wat
wat ek te goed begin ken,
vandat ek die sonskyn vir jou veruil het.
Dis geen fokken party nie hoor.

Dis net ek hier,
en ek party nie alleen nie…
want rooiwyn proe kak
sonder geselskap.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar