Skip to content

Sonsverduistering

Sonsverduistering:
Fok, ek wens ietsie cools soos dit kon gebeur.
Dat die wereld kon wees
soos my hart begeer.

Fok, ek wens dit was somer,
sodat ons weer kon op warm spore
wat deur die Wildernis sny
gallop soos ‘n perd in die hemelruim

In ‘n veraltyd-tyd
In die ewige klop van ‘n hart
in die spasie tussen die asem.

Fok, ek wens ons harte was heel.
Dat daar nie duiwels is wat my mal-jaag nie,
dat my geheue jou kon en wou onthou.

Nou glip jy terug in die verlede in,
as spook, as ‘n toekomstige herinnering:
wanneer ek weer op na die sterre om ‘n bosveld vuur kyk,
en my bloed word koud:
en wonder ek waar ter wereld jy nou is.

Wonder ek, wat het ooit van jou naam, op my hand geword.

Fok ek wens, die son verduister net,
want dis meer moontlik
as enige iets anders.
My fok, al is dit nag.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar