Jy blaai in die argief vir Umgeni-Valleinatuurreservaat.

by izakdv

Miskoek gooi

Julie 20, 2014 in Uncategorized

My knaap is baie goed met allerlei wapens in die kuberruim. Op die rekenaar en die iPad skiet en gons dit behoorlik, maar nou en dan kan pa hom darem in die veld kry.

Met die ware Jakob is hy ewe knap.

mis1

Teikenseleksie.

mis2

Mik.

mis3

Lanseer.

mis4

Kolskoot!

As julle wonder, dit is zebramis.

Hierdie foto’s is geneem in die in die Umgeni-Valleinatuurreservaat, net buite Howick in KZN.