by izakdv

Athemesia

April 16, 2015 in Uncategorized

(The English follows after the picture)

Haar naam is Athemesia. Sy praat Afrikaans en sy woon in die Durbanville Kinderhuis.

Sy is tien jaar oud en is reeds in graad 6.

Haar gunstelingkleur is PERS.

As sy groot is, wil sy ’n onderwyser word.

Sy het hierdie prentjie geteken.

Op 31 Mei gaan ek die Comrades oor 88 km kaalvoet hardloop om te help dat Athemesia en haar maatjies skoolskoene kan koop.

Ek het nie geld nodig nie, maar ek vra skaamteloos dat enige bydraes direk aan die Durbanville Kinderhuis gestuur sal word.

http://www.durbanvillekinderhuis.org.za/pages/afrikaans/wat-kan-u-doen/finansiele-skenkings/skenk.php

Her name is Athemesia. She speaks Afrikaans and she lives in the Durbanville Children’s Home.

She is ten years old and is in grade 6.

Her favourite colour is PURPLE.

When she grows up, she wants to be a teacher.

She drew this picture.

On May 31, I’m running the Comrades over 88 km barefoot to help Athemesia and her friends buy school shoes.

I do not need money, but I shamelessly ask that any contributions would be sent directly to the Durbanville Children’s Home.

http://www.durbanvillekinderhuis.org.za/pages/english/what-can-you-do/financial-donations/donate.php

by izakdv

Snaaks… genderstereotipes in lees?

April 12, 2015 in Uncategorized

Ek hou nie van genderstereotipes nie, maar soms val goed in jou sop en dan moet jy daarmee werk. Kom ek verduidelik:

  1. Alta Cloete, een van ons lekkerste resensente, sê die ander dag vir my spanningsromans doen dit nie nou eintlik vir haar nie.
  2. Dit laat my toe dink. Ek lees baie liefdesverhale, maar as jy my nou Mars toe stuur en sê ek kan elke tweede dag ’n e-boek ontvang, maar ek moet ’n enkele genre kies, dan sal ek beslis spanning kies, enige tyd, bo liefdesromans. Mea Culpa.
  3. Toe lees ek Monique Bisschoff se lekker resensie van Henk Breytenbach se debuutroman, Kodenaam Icarus, en magtig, she gets it! Tog sê sy: “As ’n self-erkende liefdesslaaf, moet ek bieg: Henk Breytenbach se debuut, Kodenaam Icarus is nie juis die tipe boek wat ek sommer sal nadertrek nie.”

Nou ja. Lees gerus Monique se resensie. Dis kort, maar dit wys dat mense wat baie lees, soos Monique, oor genres heen kan lees én verstaan.

Ek het dieselfde gevoel gekry van ’n ander resensent in Die Burger: Helen Schöer het haar vooroordele gebêre en ’n puik resensie geskryf ná sy ’n lekkerleesboek, Gelyke kans van Santie van der Merwe, ordentlik gelees het. (Nota bene: dis ’n vrou wat hier geskryf het.)

Dit is wat ’n goeie resensent doen: Jy gaan krap verby jou eie vooroordele en soek na die hart van ’n storie.

Ek het ook vroeër oor dié twee tekste berig:

Lees my bespreking van Kodenaam Icarus hier; en my bespreking van Gelyke kans hier.

En dan is daar hierdie stuk wat ek ’n hele ruk vroeër geskryf het oor stereotipering:

Woekerende vroue = ((lesende brein – penis) x gelyke regte)

Lekker lees, almal!

by izakdv

Skuldig bekendgestel by Protea

April 12, 2015 in Uncategorized

15 04 11 skuldig_003

Op Saterdag 11 April 2015 is Martin Steyn se Skuldig bekendgestel by die Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Jono Amid het die gesprek gelei.

Dit was deels ’n tuiskoms, want Louis Esterhuizen het ook Martin se eerste boek, Donker spoor, hier bekendgestel en juis daarom was daar ook ’n mate van spanning, want Louis was geweldig positief oor Donker spoor. Sou hy weer positief wees oor Skuldig? ’n Tweede boek is altyd ’n probleem.

Die goeie nuus is: Louis is mal oor Skuldig. Die rede? Martin ontbloot die samelewing se moraliteit. Wie is skuldig? Is ons nie almal skuldig nie? Wie moet boet? Hoe moet ons die waarheid ontbloot?

Skuldig is ’n komplekse teks omdat ’n mens simpatie het met baie van die booswigte en maklik krapperig kan wees oor hulle wat die goeie order probeer handhaaf.

Louis sê hy het Deon Meyer se Ikarus gelees, wat hy baie geniet het, en toe pak hy Skuldig.Hy was ook benoud, want oor Donder spoor het hy destyds gesê dit was die beste krimidebuut in Afrikaans, en wat nou? Nou sê hy vir al sy kliënte: Koop Ikarus, want jy moet Deon Meyer lees, en koop Skudlig, want wanneer jy klaar is met Meyer en nog soek, dan is Skuldig die antwoord. “Maar,” sê Louis ook, “wees gewaarsku. Skuldig gaan jou nie los nie. Nou, twee weke later, bly daardie ou man in sy groentetuin steeds by my. Ek is nou op daardie ouderdom en ek lê nou en dink: Wat sal ek onder sulke omstandighede doen?”

Martin sê dit is vir hom belangrik om die grys gebiede in ons psige oop te skryf. Niemand is nét goed of nét sleg nie.

Jono Amid, wat die gesprek gelei het, het Martin gevra oor die dialoog in dié boek. Dit is meer “edgy” as in Donker spoor, maar steeds so goed soos in sy debuut, aldus Jono.

Martin sê die gesprekke is anders, want Menck en Winter, wat nou met hom saamwerk, moet mekaar nog vind. “Hulle leer ken nog mekaar se ritme,” sê Martin. Boonop is Menck nou die seniorvennoot, terwyl hy in die verlede agter Magson kon aanloop.

Jono het opgemerk dat Martin oor sy karakters praat asof hulle ou vriende is.

Dit ís eintlik so, sê Martin. Hy luister na sy karakters. Menck se dogter is byvoorbeeld maklik om te skryf, want sy is sprankelend. Die seun is moeilik, want hy is stug.

Jono vra toe oor Menck se goeie huislike omstandighede wat so anders is as die gewone storieboekspeurder s’n.

Martin sê dit is omdat daar in die werklikheid sulke mense bestaan. Hulle het gesinne en probeer hulle bes om die gesin en die moeilike werk te laat klop.

Martin sê hy probeer om liewer fiktiewe waremisdaadromans te skryf eerder as blote fiksie. Dit is waarom hy so geweldig puntenerig is met sy navorsing.

Hy doen dan ook baie moeite om ná die tyd vir mense wat hom help, boeke te gaan gee om dankie te sê.

Jono vra toe hoe Martin voel noudat sy boeke so goed doen? Beskou hy homself as ’n brand (’n handelsmerk)?

Daarop lag Martin en sê: “Izak sien my as ‘n brand, vir my gaan dit oor die stories.”

Martin is gewild. Dit kon ’n mens sien aan die manier waarop die gaste boeke gekoop en geselsies aangeknoop het.

Soos te vore het Martin fyn geluister en moeite gedoen met elke persoon se boek.

Helené Prinsloo, van BooksLive was ook daar. Martin het ná die tyd vir my ’n e-pos gestuur: “My sak het heeltyd vibreer soos sy getweet het.”

Ons salueer jou, Helené!

Volg Helené hier: https://twitter.com/helenayp

Volg Martin hier: https://twitter.com/martin0steyn

Die vorige hoof van BooksLive se Afrikaanse afdeling, Carolyn Meads, was ook by die geleentheid saam met haar geliefde.

Volg BooksLive hier: https://twitter.com/BooksLIVESA

by izakdv

Finaliste van ATKV-Mediaveertjies bekend

April 12, 2015 in Uncategorized

Die ATKV bekroon jaarliks uitblinkers vir hulle bydraes in die gedrukte/digitale media, televisie en radio. Die top drie finaliste in elke kategorie in alfabetiese volgorde (volgens van), is soos volg:

 

RADIOPRYSE

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram

  • Martelize Brink – Oggend op RSG: Edwin Cameron – RSG
  • Ettienne Ludick – RSG Sport: Gary Player – RSG
  • Su-an Marais – Steve Hofmeyr: Toeka 3 – GROOTfm 90.5

Beste insetsel in ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram

  • Martelize Brink – Oggend op RSG: Willeen de Villiers op Kassiesbaai – RSG
  • Johan van Lill – RSG Kuns: Ballet 80 jaar – RSG
  • Johan van Lill – RSG Kuns: Libertaskoor 25 jaar – RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of dieptenuusprogram

  • Izak du Plessis – Monitor: Plaasaanvalle – RSG
  • Suzanne Paxton – Monitor: Kersfeesgedig – RSG
  • Anita Visser – Monitor: 40 jaar van Monitor – RSG

Beste vermaaklikheids- of joernaalprogram

  • Martelize Brink – Oggend op RSG – RSG
  • Lizelle de Bruin – Sondag-joernaal – RSG
  • Kobus Rudolph – Klitsgras en Sekelbos – GROOTfm 90.5

Beste dokumentêre program of programreeks

  • André Liebenberg – My naam is Julius van der Wat – Radio Pretoria
  • Mia Malan & Darren Taylor – Ikhaya Loxolo – RSG
  • Johan Rademan – Robbeneiland: Simbool van demokrasie – RSG

Beste radiodrama of –teater

  • Bettie Kemp – Koning Lear – RSG
  • Margot Luyt – As die donker die son insluk – RSG
  • Johan Rademan – Ella se perde – RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie

  • Anton Brink – Oggendrooi – Radio Tygerberg 104FM
  • Benescke Janse van Rensburg – Bonanza – Radio Tygerberg 104FM
  • Anton Treurnich – Vuurvas – Radio Tygerberg 104FM

PRYSE VIR GEDRUKTE/DIGITALE MEDIA

KOERANTE EN TYDSKRIFTE 

Beste in-diepte artikel

  • Rochélle Human – Die bedreiging sluimer aanlyn – Beeld & Die Burger
  • Marelize Potgieter & Almari Wessels – Skuldig of nie: God sal besluit – Huisgenoot
  • Jaybee Roux – Werk dit regtig? – Vrouekeur

Beste ondersoekende joernalistiek

  • Pieter-Louis Myburgh – Duurste soustrein – Rapport
  • Jacques Pauw – Die moord op Anene – Rapport
  • Lydia van der Merwe – Outisme – Sarie

Beste persoonlikheidsprofiel

  • Yvonne Beyers – Oomblik vir oomblik – Huisgenoot
  • Terésa Coetzee – Te veel gespot, te min geskryf – Beeld
  • Hanlie Retief – Dok se diagnose oor haarself: Uitstekend! – Rapport

Beste kunste-artikel

  • Danie Marais – Kruisbestuif: As kultuur en kuns gesels … – Taalgenoot
  • Elmari Rautenbach – Kamphoer: ’n Storie in twee stemme – Rapport
  • Hanlie Retief – Gee kans, hy wil genade hê – Rapport

Beste leefstyl-storie

  • Hanlie Retief – Grace Boltney – Rapport
  • Charlea Sieberhagen – ’n Saterdag in Brakpan – Beeld
  • Dana Snyman – Geskilder in vel en bloed – By: Media24

Beste essay, rubriek of opiniestuk

  • Vicus Bürger – As die toekoms sy eie lewe neem – Netwerk24
  • Dana Snyman – Sheila, jou seuntjie mis jou – Huisgenoot
  • Barend Vos – For what we are about to receive … – Lig

Beste sportartikel

  • Erns Grundling – Ons wag op die marlyn – Weg
  • Eduan Roos – Hier is die transformasieplan – Rapport
  • Egmont Sippel – Sinneloos (… en mens wonder hoekom?) – Rapport

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant

  • Laevelder/Lowvelder – Redakteur: Irma Green
  • Mossel Bay Advertiser – Redakteur: Suzette Herrer
  • Paarl Post – Redakteur: Lise Beyers

 

TELEVISIEPRYSE

VERHALENDE GENRES

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Beer Adriaanse – Beskermhere
  • Louis Pretorius & Johan van Jaarsveld – Vallei van sluiers
  • Hélène Truter – Swartwater

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Janhendrik Burger – Die lang kat
  • Quentin Krog – Sterlopers
  • Jozua Malherbe & Denny Miller – Swartwater

Beste dramareeks of enkeldrama

  • Janhendrik Burger – Die lang kat
  • Hélène Truter – Swartwater
  • Johan van Jaarsveld – Vallei van sluiers

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Stian Bam – Vallei van sluiers
  • Donovan Pietersen – Delilah
  • Louw Venter – Swartwater

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Lida Botha – Vallei van sluiers
  • Annie Malan – Swartwater
  • Franci Swanepoel – Sterlopers

AKTUELE GENRES

Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n gesels- of joernaalprogram

  • Jak de Priester – Reis na Gister
  • Denver Vraagom – Kollig
  • Andre Weideman – Kwêla

Beste insetsel in ’n gesels- of joernaalprogram

  • Riaan Badenhorst – Kwêla: Athol Fugard
  • Wim Steyn – Dagbreek: PJ Kotze
  • Ben Heyns – Kwêla: Griekwastadmoorde

Beste gesels- of joernaalprogram

  • Andre Calitz & Ronel Moodie – Reis na Gister: Koos Kombuis
  • Amor Engelbrecht – Pasella
  • Jaco Loubser – Kollig

Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Bonné de Bod – 50/50
  • Bettie Kemp – Aktuele Oorsig
  • Waldimar Pelser – Insig

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Wilma Alant – Robinson Regstreeks: Stories van hoop – blinde skoolkind
  • Bonné de Bod & Susan Scott – 50/50: Renosterwesies
  • Byron Taylor – Fokus: ’n Berg om te bid

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Pieter de Vos – Robinson Regstreeks
  • Jaco Loubser – Groen Reis
  • Wim Steyn – Insig

Beste insetsel in ’n nuusbulletin

  • Phillip van der Walt – Afrikaanse nuus: Lions
  • Daniëlla van Heerden – eNuus: Woema in die woestyn & Vrygebore en vrydenkend

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Marike Bekker – Ruk & Riel
  • Francois Nolte – kykNET 15 jaar
  • Henre Pretorius – Singstories

Beste vermaaklikheidsprogram

  • Jaco Loubser – Jou show met Emo
  • Johan Stemmet – Noot vir Noot
  • Wim Steyn – Vrydagnag Laat

Beste leefstylprogram

  • Amor Engelbrecht – Naweek
  • Stephanus Rabie – Jan Braai vir Erfenis
  • Melanie Tait – DEKATv

Beste werklikheidsreeks

  • Jaco Loubser – Huis van Davids
  • Jaco Loubser – Kokkedoor 2

Beste aanbieder in ’n vermaaklikheids-, leefstylprogram of werklikheidsreeks

  • Emo Adams – Jou show met Emo
  • Gerrie Pretorius – Leef jou reis met Gerrie Pretorius
  • Gerard Scholtz – DEKATv

Die wenners van hierdie toekennings word op Vrydag, 8 Mei tydens ’n glansgeleentheid by Vodaworld in Midrand bekend gemaak.

Gesels gerus op Twitter saam by #Veertjies2015.

by izakdv

Focus on Nina’s Eyes

April 10, 2015 in Uncategorized

Nina has the most wonderful eyes.

Canon EOS 5D Mark II & Canon EF24-70mm f/2.8L USM

1.6 seconds f22 ISO100 (70 mm, zoomed back)

by izakdv

Ontspanningsfiksie verdien regmatige plek as deel van die Afrikaanse literêre kanon

Maart 5, 2015 in Uncategorized

47579558_0_Img2

Dewald Koen, wat vandag verjaar, het ’n uitstekende resensie van Chanette Paul se Siende blind geskryf en daarmee ’n lansie gebreek vir alle puik skrywers van ontspanningsfiksie in Afrikaans.

Hy sê:

Met Siende blind het Paul bewys dat ontspanningsfiksie geensins as tweederangse letterkunde afgemaak moet word nie. Hierdie stiefkind van die Afrikaanse letterkunde (naas die Afrikaanse drama) verdien sy regmatige plek as deel van die Afrikaanse literêre kanon.

Ek kan dit nie beter stel nie, en die Afrikaans letterkunde het sulke stemme nodig.

Die punt is, daar is vier soorte boeke in my opinie:

  1. Moeilike boeke wat ook ’n goeie storie het.
  2. Lekkerleesboeke wat ook op vele vlakke iets beteken.
  3. Boeke waarin die skrywers allerlei letterkundiges truuks probeer, maar heeltemal vergeet om te vermaak.
  4. Ligte vermaak wat in een sitting gelees en geniet kan word sonder om enige verdere vrae aan die leser te stel.

Al vier het ’n plek. Te veel Afrikaanse mense dink egter steeds dat die enigste boeke wat in die kanon hoort, nommer 3 is, terwyl dit wêreldwyd nommers 1 en 2 is wat literêre verkope dryf, met nommer 4 wat dit vir uitgewers moontlik maak om nommer 3 (soms) uit te gee.

48077614_0_Img2 (1)

Chanette skryf, myns insiens, nommer 2 – veral met boeke soos die Maanschijnbaaitweeluik, Laberint, Siende Blind, Raaiselspieël en Ewebeeld.

49969236_0_Img2

Die leespubliek stem saam. Chanette is net die ander dag vir die derde keer in ’n ry bekroon met die Lekkerlit-prys. Dit wil gedoen wees.

Lees Dewald se resensie. Dis krities, maar besonder knap.

Dankie, Dewald. Lekker verjaar!

En kom luister asseblief na Madri Victor se gesprek met Chanette op die Woordfees.

00 ewebeeld

45859634_0_Img2

46455684_0_Img2

by izakdv

Kom ontmoet puik sjefs

Maart 4, 2015 in Uncategorized

francois ferreira

François Ferreira is een van Suid-Afrika se groot sjefs. Ek plaas hiernaas ’n onderhoud met hom. Jy kan hom ook op Donderdag 12 Maart om 10:00 beleef by die US Woordfees.

Onthou ook dat Nettie Cilliers op 9 Maart die kuns van kleinkoekies verduidelik en op 10 Maart wys die enigmatiese Niël Stemmet waarom erfenis+kos ook nóú se kos is.

François Ferreira se boek, Koskaskos, het pas verskyn. Die boek is ook in Engels beskikbaar as Cupboard Cuisine. Kom kuier asseblief en kom ervaar François se passie.

00 Koskaskos

IDV: Jy het jou opleiding as sjef in die Suid-Afrikaanse Lugmag begin. Die meeste van ons wat destyds voete gestamp het, kan glad nie ’n gunstelingresep onthou uit daardie dae nie. Wat het jý dan daar geleer?

FF: Ek het my opleiding deur die Lugmag se kookskool gedoen – daar is ons in die ware klassieke styl opgelei. Ek kan verstaan dat die algemene troepe nie dit sal verstaan nie, maar die Lugmag se sjefs het goeie opleiding gekry wat deur die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging goedgekeur is.

IDV: Vandag is jy die hoof van ’n kookskool en ’n gekwalifiseerde beoordelaar vir kookkompetisies. Tog is jy bekend, party mense sal sê berug, daarvoor dat jy nie jou neus optrek vir kortpaadjies wat die kookproses vergemaklik nie. Wil jy verduidelik?

FF: Ek het nooit my neus opgetrek vir kortpaadjies nie, maar ek het ’n probleem as jou kookkuns net op die gebruik van gerieflikheidskos en –produkte geskoei is. In Koskaskos sê ek dat ’n kortpad gebruik kan word deur die gebruik van ’n blikkie, ’n pakkie of ’n sakkie, maar jy moet nog vars kos daarby sit en dit nie “kaal” voorsit nie. In die boek is resepte wat byvoorbeeld hoenderekstrakblokkies gebruik, tog gee ek ’n resep om vinnig jou eie ekstrak te maak.

IDV: Een van die goed wat opval, is hoe jy geure aan die leser verduidelik. Kook jy dus baie met jou neus voor jy proe, of hoe werk dit?

FF: Vir my is reuk en smaak baie belangrik – eintlik is al jou sintuie nodig wanneer jy kook. Ek het die vermoeë om iets te “ruik” of te “proe” terwyl ek aan ’n resep dink of ’n spyskaart skryf.

IDV: Die boek is geskryf vir mense wat lekker kos wil maak met dít wat eenvoudig in jou koskas is, maar jy gee ook raad oor noodsaaklike kruie, speserye en kos wat altyd in die koskas móét wees. Waarom glo jy ’n koskas moenie sonder daardie items wees nie?

FF: Speserye en kruie gee kleur en diepte aan enige dis. Baie mense is bang vir speserye en kruie, want hulle het nie die selfvertroue om dit te gebruik nie, maar as hulle aanhou oefen sal hulle met meer selfvertroue kos met speserye en kruie kan maak.

IDV: Wat is die heel belangrikste items wat nooit mag opraak in joue eie koskas nie?

FF: Paprika en die bestanddele vir ’n garammasala, asook: meel, olyfolie, eiers, wortels, uie en seldery.

* * *

00 101 kleinkoekies

Ek het vroeër ook ’n onderhoud met Nettie Cilliers geplaas. Sy tree 9 Maart om 10:00 op.

* * *

00 erfiniskos

Ek het al by meer as een geleentheid oor Niël Stemmet berig. Hier is ’n foto-essay waar hy saam met Isabella Niehaus kook, en hier tree hy in Tulbagh op.

by izakdv

Wanneer word ’n debuutskrywer na waarde geag?

Maart 2, 2015 in Uncategorized

Ek was bevoorreg ’n vroeë kopie van Santie van der Merwe se debuutroman, ’n Gelyke kans, in die hande te kry. Dit verskyn hierdie week op die winkelrakke.

gelyke kans

Met haar kinders uit die huis is, blom Jessica se lewe, danksy haar nuwe oudhedebesigheid. Dan, eendag uit die bloute, kom Anton, haar man, die pa van haar kinders en die een wat nog altyd daar vir haar was en sê: Daar is iemand anders.

Jessica is totaal verward én verneder.

Daar is heelwat trane en sy vlug na hulle strandhuis waar sy ’n ou vlam ontmoet.

Hoor ek die tromslae?

Wel, ja en nee. Joe, die ou vlam is baie beskikbaar, maar Anton besef hy was dom en vra of hy nie dalk kan terugkom nie?

Jessica staan nou voor ’n dilemma en uiteindelik is haar antwoord vir albei manne dat sy regtig nie iemand in haar lewe nodig het nie. Dankie!

Ek is mal hieroor. Jessica leef eers weer vir haarself voor sy ’n besluit maak en daardie besluit word nie verklap voor die heel, heel einde nie.

Intussen is dit Anton, die mán, wat besef hy sal moet vry na hierdie vrou as hy haar weer wil hê. Goed so. Hoeveel mans lys hulle vroue onder “bates” wanneer hulle die belastingvorms invul en voel dan baie selftevrede? As jy een van hulle is, dan gaan JY binnekort ’n las word, meneer.

Ek was baie verras deur hierdie boek. Dis g’n stuk borrelgom met ’n voorspelbare plot nie.

Dit ís baie goed geskryf en dit probeer hoegenaamd nie pretensieus wees nie. Hier is nie pogings tot veelvlakkigheid of intertekstuele speletjies nie, hier is doodgewoon ’n lekkerleesboek wat jollie goed aanmekaargesit is.

Beslis iets vir vroue, maar ek as man het dit geniet – juis omdat Anton die een is wat moet mooi trap en inderdaad ook probeer. Mans moet dit dalk juis lees.

Die boek opper ook vrae: Wat ás daar ander mense in ons huwelik inkom? Hoe hanteer ons dit? Te veel mense dink dit sal nooit gebeur nie en hardloop dan weg wanneer dit wel gebeur. Hierdie boek laat ’n mens dink.

Ek was beïndruk met Gelyke kans, want dit is so eerlik. ’n Vrou kán sonder ’n man klaar kom, maar mans en vrou mag hunker. Jessica is geskets op ’n manier dat ek haar soos ’n vriendin sou wou koester. Boonop, tot op die heel laaste bladsy het ek nie geweet wat haar finale besluit sou wees nie. Dít wil gedoen wees. Gelyke kans is ’n puik debuut. Ek kan nie wag vir meer boeke uit hierdie skrywer se pen nie.

Die vraag is of iemand soos Santie van der Merwe ooit in die oë van die slim mense geag sal word? Mense soos Margaret Bakkes is altyd so half met agterdog bejeën omdat hulle boeke oor vrouesake durf skryf.

Natuurlik is iets Kamphoer ’n veel meer komplekse teks (ek is mal daaroor), en daarom sal ’n mens langer kon stilstaan by die lees daarvan, maar dan is Chanette Paul en Marita van der Vyver ook skrywers wat geweldig baie vlakke in húlle werk inbou en steeds onderskat word wanneer die kanon ter sprake kom.

Mans, lees ’n Gelyke kans voor jy dit vir jou geliefde gee. Dalk sal jy eendag ook moet vra vir ’n gelyke kans.

Koop dit en kry raad!

’n Gelyke kans, deur Santie van der Merwe, word deur LAPA uitgegee en sal  R214,95 kos in die handel. Die ISBN is 978-0-7993-7361-5.

Onthou, die beste ding wat jy vir enige skrywer kan doen is om aan te dring dat jou plaaslike boekwinkel die teks sal bestel.

by izakdv

De Kock is vry, maar wat sê die Letterkunde?

Februarie 16, 2015 in Uncategorized

Ek was van plan om ’n dubbele resensie te skryf en toe kom krap Anemari Jansen en Piet Croucamp my lewe deurmekaar.

Ek wil steeds skryf oor ’n Man van min belang en Kodenaam Icarus. Toe ek beplan het om hierdie stuk te skryf, was Eugene de Kock egter agter nog tralies. Nou is hy vry, maar dit neem niks weg van hierdie twee boeke nie.

 

Die agtergrond tot hierdie stuk

Chris Karsten se ’n Man van min belang het my heeltemal oorweldig. Dit is ’n moeilike boek, maar besonder slim en ek was heimlik jaloers, want ek sou graag so ’n storie wou skryf. Nou is dit gedoen en dit is veel beter gedoen as wat ek sou kon.

Toe is ek gelukkig om Henk Breytenbach se debuutroman, Kodenaam Icarus, vroeg reeds te lese te kry, en die interteks met Chris Karsten se roman was so interessant dat ek die twee teen mekaar wou stel.

Toe, omtrent op die dag wat Henk Breytenbach se Kodenaam Icarus vrygestel word, loop De Kock as vry man uit die tronk en Anemari Jansen se boeke oor De Kock word aangekondig. Daarmee saam, egter, besef ek toe dat ek haar roman, Glipstroom, nog nie gelees het nie en dit is ’n fout wat ek later gaan regstel.

50360566_0_Img2

Kodenaam Icarus

Henk Breytenbach se Kodenaam Icarus is ’n heerlike spanningsroman.

Vic Nel is ’n breker wat nie om amnestie aansoek gedoen het nie. Hy besef nou dat ’n deeglike tronkstraf vir hom voorlê as hy ooit iewers in iemand se strik trap. Vic leef dus incognito.

Wanneer hy een aand ’n jong prostituut te hulp snel, slaan hy so effens té hard en sy vingerafdrukke verskyn op ’n klaarblyklike moordtoneel. Die polisie kom gou agter dat die slagoffer hom vrek geskrik het en nie aan sy wonde beswyk het nie, maar Vic Nel is skielik weer in die onwelkome kollig.

Hier kom die interessante interteks met Karsten se boek nou in. Die manne wat destyds Vic se bevelvoerders was, is steeds baie, baie magtig, is steeds baie ryk en hulle sal nooit verdink of vervolg word vir enige wandade nie, al het hulle ook nie aansoek gedoen vir amnestie nie. Dit is ou Vic wat nou op eiers moet loop terwyl die ryk bliksems, wat die opdragte gegee het, hand om die blaas sit met die ANC-regering.

Die toenmalige hoof van Nasionale Intelligensie besluit om druk op Vic te plaas om vir oulaas ’n joppie te doen. Dié joppie wys vingers na president Jacob Ntombela. Wat meer is, glibberige prez Jacob se doen en late word direk in verband gebring met die verdwyning van die Helderberg, daardie Boeing 747 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens wat eendag net verdwyn het. Vic Nel en ’n pragtige stripper val in die pad en hulle vlug, dit terwyl beide die amptelike polisie en die ou apartheidspioene ’n prys op Vic se kop het.

Ek wil nie regtig meer sê nie, want Kodenaam Icarus moet gelees word. Dit is ’n kragtige debuut.

46968275_0_Img2

’n Man van min belang

Chris Karsten se ’n Man van min belang is ’n boek van ENORME belang en wil ek nou al sê: Jy gaan waarskynlik ’n eerliker prentjie in hierdie boek kry oor Eugene De Kock en sy betaalmeesters as wat jy in enige niefiksieteks sal kry. Fiksie laat jou toe om goed te sê, al mag jy nie.

In Karsten se boek leer ons ’n tronkvoël ken wat help om vermiste persone op te spoor. Dit was onmiddellik vir my duidelik dat die persoon op De Kock gebaseer is, al gee Karsten hom ’n ander naam.

Ek wil dit ook duidelik stel dat Karsten nooit vir ons wil laat glo dat hy oor De Kock geskryf het nie, maar as ’n mens iets weet van Eugene de Kock en sy onlangse vrylating, dan sou jy kon begin vermoed hoe naby hierdie boek sou kon kom aan niefiksie.

Die vraag is egter nie wat oor die ou in die tronk geskryf word nie, maar wel wat oor sy betaalmeesters gesê word en oor die opdraggewers wat mense laat verdwyn het. Húlle leef goed en mense soos De Kock moes tronkstraf uitdien.

Karsten is ’n baie goeie joernalis en hy skryf óók baie goeie fiksie.

’n Man van min belang is ’n enorme boek. Dit is dik, dit lees nogal grinterig en dit het reeds twee baie belangrike pryse ingepalm. Dit was tweede in die Groot Afrikaanse Romanwedstryd en dit het dit het die ATKV-Prosaprys gewen. Die beoordelaars van die ATKV-prys het raakgesien dat Karsten ’n geweldig aktuele roman skryf onder die vaandel van ’n whodunnit.

Maklik is die boek nie. Selfs ek moes mooi kophou, maar hoewel dit moeite verg, is dit al daardie moeite werd.

 

Opsommenderwys

Lees eers Henk Breytenbach se Kodenaam Icarus. Dit is ’n lekker storie, dit lees ook maklik en vinnig. Dan lees jy ’n Man van min belang, deur Chris Karsten, want jy sal die parallelle baie vinnig raaksien.

Daarna kan jy die niefiksie takel.

47944020_0_Img2

Die eerste niefiksieboek wat ek sal aanbeveel, is Elaine Bing se Ek het gemartel. Dit is moeilik, maar dit vertel jou van drie mense wat net so wel Vic Nel kon heet. In hierdie boek sal jy sien hoe goed Breytenbach se navorsing oor die psige van die vlugteling is.

covs-eugene

Dan, natuurlik, Eugene de Kock, deur Anemari Jansen wat einde Maart verskyn.

 

Lees ook gerus

– Hanlie Retief gesels met Piet Croucamp

– De Kock is reeds vry en het werk gekry

– Good behaviour pardons De Kock

by izakdv

Baleka Mbete crosses the line

Februarie 16, 2015 in Uncategorized

In the Rwandan genocide, the “others” were revered to as cockroaches. Those cockroaches had to be killed until the graves were full.

It was a simple strategy: Dehumanise the enemy and tell your followers that, since these “others” were lesser beings, killing them was not a problem.

On Saturday 14 February, the ANC stooped to the same levels. ANC national chairperson Baleka Mbete, was reported saying: “If we don’t work we will continue to have cockroaches like Malema roaming all over the place”.

Well, well. Was that why armed police were called in to remove the EFF from parliament – a move that has never even been paralleled by the NP?

Is that why the SABC’s cameras were instructed not to show the violent removal of people asking when or how Zuma would pay back the money?

Is that why an extremely convenient technical “glitch” happened so that cellphones, the one medium that would show the police in action in parliament, would not work?

I am sorry. Not only was Mbete’s actions on Thursday night beyond comprehension, she has now crossed the line in using Rwandan tactics.

Please read the book Inyenzi by Andrew Brown to see why Mbete’s words are not innocent at all. (The word inyenzi means cockroach.)

41058349_0_Img2

*

On a much better note: I want to urge everyone in this country to listen to Charlie Chaplin’s brilliant speech from the movie The Great Dictator.

Please watch this. It is only five minutes, but we can save the world if only we would all do what he asks.

charlie chaplin