by izakdv

Ena Murray deur die oë van ander

Junie 8, 2015 in Uncategorized

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015

Alle foto’s deur Susan Bloemhof

Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was die nuus daar: “Rus in vrede Tannie Ena Murray. (1936-2015)”.

Dié boodskap is op 4 Junie 2015 geplaas die deur Marion Erskine, die skrywer van Donatello en Volksie (Tafelberg, 2010).

Dit is gepas dat dit juis ’n skrywer van ’n liefdesverhaal is wat haar dood aan die wêreld rugbaar gemaak het. Dit is ook gepas dat ’n groep op die sosiale media, wat gewy is aan lekkerlees, die draer van die boodskap sou wees, want Ena Murray is by verre die mees geleesde skrywer in Afrikaans en haar boeke is skaamteloos geskryf om lekkerlees te bevorder.

Murray het begin skryf voor die dae van rekenaars en voor die sosiale media. Die feit dat haar lewe wyd so gevier op hierdie platforms vertel ons iets van die grootsheid van hierdie fenomenale mens.

Die bevestiging van haar dood het gekom van Etienne Bloemhof, hoof van fiksie by NB Uitgewers. Murray is skynbaar net ná vier  die oggend (4 Junie 2015) oorlede.

Susan Bloemhof, Etienne se gade, het hierdie foto’s gestuur. Hulle is kleinnode, want Ena Murray was bekend daarvoor dat sy kamerasku was.

Die foto’s is in Augustus 2012 geneem in te Santos Haven Aftreeoord, Mosselbaai. By dié geleentheid het Etienne Bloemhof namens NB Uitgewers die prys aan haar oorhandig as “Die Gewildste Skrywer in Afrikaans.” Hierdie prys is nie uit iemand se duim gesuig nie. Week ná week is daar ten minste een omnibus van Ena Murray op Nielsen top 100 – baie dikwels is haar boeke egter in die top 10.

’n Persverklaring deur NB Uitgewers sê dat daar 131 titels uit haar pen verskyn het en dat daar reeds 40 omnibusse verskyn het waarin haar werk heruitgegee word.

Tien jaar gelede het hierdie omnibusse reeds meer as 350 000 eksemplare verkoop.

Eer

Murray is in 2013 deur die ATKV vereer van haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde.

Die ATKV se skrywersalbum bied ook ’n oorsig van hierdie fenomeen se werk.

Wat ander skrywers sê

Verskeie groot Suid-Afrikaanse skrywers het gereageer toe hulle gevra is om hulde te bring aan Murray.

Dina Botha, ’n skrywer van meer as 40 Romanza-titels, en Chanette Paul, wat reeds die Lekkerlit-prys drie maal gewen het, hou tans ’n merkwaardige rekord. Albei was sedert Maart 2013 reeds 76 keer op die Nielsen top 100 vir fiksie, en albei was 39 keer in die top veertig.

Dit is indrukwekkend, maar Murray se syfers is veel beter.

Dina Botha sê die volgende in haar huldeblyk: “Ena Murray is die rede hoekom ek ‘n skrywer wou word. Van kindsbeen af het sy my met haar wonderlike stories na vreemde mense se huise geneem en my vir kort rukkies deel van haar wonderlike karakters se lewens gemaak. Sy het my geleer om te droom en my eie stories uit te dink. Maar, al probeer ek hoe hard, ek sal nooit haar wonderlike kreatiewe skoene kan volstaan nie.”

Chanette Paul het dit soos volg verwoord: “Ena Murray was ‘n absolute fenomeen in Afrikaans. Sy het haar reguit in die harte van vroue ingeskryf en daarmee ook uitsonderlike boekverkopestatistiek behaal.

“Vir my het sy op ’n persoonlike vlak baie beteken, al het ek haar nie geken nie. As daar een skrywer is wat my geïnspireer het om romantiese verhale te skryf, is dit Ena Murray. Sy was my gunstelingskrywer in my jongmeisiedae. Ek kon nie wag vir elke nuwe Ena Murray-boek wat by die biblioteek geland het nie. Daar was niks lekkerder as om daardie eerste paar paragrawe te lees en ingetrek te word in ‘n heerlike romantiese verbeeldingsvlug nie.

“In 2004 was ek bevoorreg om saam met Ena en Wilna Adriaanse eregaste te wees by ‘n geleentheid. Ek wou daardie aand so graag vir Ena sê hoe sy ‘n eensame meisiekind se lewe opgekikker het met haar stories, maar ek was te ingetoë. Die oomblik was vir my te groot, die gedagte om saam met haar in die kollig te wees, te oorweldigend.

“Vir my lê Ena Murray se nalatenskap nie net in haar boeke nie, dit lê in daardie opwinding wat ek telkens gevoel het wanneer ek een van haar boeke optel. Dit lê in die herinnering aan die onskuldige skooldogter wat tog so gesmag het na die Liefde en dit gedurende die lees van Ena se stories by verstek ervaar het.

“Sonder Ena Murray sou my jongmeisiedae soveel armer gewees het.

“Dankie, Ena. Rus in vrede en in die wete dat jy waarde toegevoeg het.”

(Oor die geleentheid waarna Chanette verwys hierbo, is destyds só berig in Die Burger – die teks in die skakel, die berig het só gelyk, dankie aan Chanette wat dit gehou het.)

Sophia Kapp, nog ’n groot Afrikaanse verkoper, het haar hulde aan Murray só verwoord: “Sy het reusewerk gedoen in ’n literêre wêreld wat nooit haar bydrae daartoe sou erken nie. Sy het grense verskuif in ’n genre wat nooit eintlik agting of respek afgedwing het nie. Sy het geskryf in ’n taal, en vir mense, wat onverreken en gemarginaliseer is. Sy het bly skryf sonder dat haar aandeel daarin om die Afrikaanse boekebedryf solvent te hou, ooit verreken is. Tog het sy aanhou skryf, onverskrokke en onverstoord, want sy het in die liefde bly glo.

“Van ons wat in jou voetspore mag trap, van hulle vir wie jy ʼn uur of twee se vergetelheid geskep het in ʼn onvriendelike wêreld, van almal wat vandag ryker mense is omdat hulle jou stories kon lees: Saluut!”

Kristel Loots, wat al amper vyftig boeke op haar kerfstok het, sê: “Ena Murray het haar lesers geken en verstaan. Sy het geweet hoe om die verbeelding aan die brand te kry en dan die slaapkamer se deur met grasie toe te trek. So het sy op ’n eiesoortige manier ’n deel van die magic van liefdesverhale vir haar lesers te behou. Daar is ’n sagte sensualiteit aan haar verhale wat die droom laat voortleef. En sy het altyd ’n storie gehad om te vertel.”

Haar lewe

Helena Alberta Mans is op 27 Desember 1936 te Loxton in die Karoo gebore. Sy het op Loxton skoolgegaan en het skynbaar reeds in die laerskool begin skryf. Matriek is behaal aan die Hoërskool Victoria-Wes.

Ná skool is sy as verpleegster gekwalifiseer – een van die redes waarom so baie van haar boeke ’n medici tema gehad het.

Murray was twee maal getroud. In 1959 is sy met Boet Murray getroud, maar hulle is ná 20 jaar geskei. In 1981 is sy met Jacques Mostert getroud. Hulle was saam tot met sy dood ’n aantal jaar gelede.

Haar eerste vervolgverhaal is in Rooi Rose gepubliseer en in 1960 het JP van der Walt-uitgewers haar Lisé gepubliseer. (JP van der Walt het later LAPA Uitgewers geword.)

Volgens NB-Uitgewers, wat die grootste deel van haar werk gepubliseer het, kon Murray gereeld tussen dertien en vyftien uur per dag agter die tikmasjien spandeer.

Wat haar uitgewers sê

Tydens ’n kort telefoniese gesprek met Nèlleke de Jager, wat jare lank Murray se uitgewer was, het gesê sy is “nogal verbyster” deur die skryfster se dood. Via ’n persverklaring het Nélleke kort daarna laat weet: “Ena se boeiende vertelstem, humorsin, deernis en insig in mense verklaar haar sukses. Wat my altyd die meeste van haar werk opgeval het, is dat Ena gegló het in die liefde. En vandaar die oortuiging waarmee sy haar stories geskryf het.”

Ena Murray en Etienne Bloemhof

Etienne Bloemhof, die hoof van NB-uitgewers se fiksie-afdeling, sê: “Ena se werkywer was ongekend. Sy het oor die jare gereeld haar hele oeuvre hersien, en daardie werk sal bly voortleef, onder meer in die huidige Ena Murray Keur-reeks wat sy self georden het. Sy was ’n uitsonderlik nederige en godsdienstige mens, iemand wat haar morele waardes gelééf het. Wat my van haar altyd sal bybly, is haar meelewing, dat sy sonder uitsondering altyd eerste na ander se welstand sou verneem, sodat die fokus nooit moes wees op haar eie omstandighede nie. Haar soort kom net een keer in ’n leeftyd verby.”

Marga Stoffer, waarnemende hoof van NB-Uitgewers, sê: “Ons is hartseer oor die heengaan van Ena Murray. Sy was ’n geliefde skrywer en ’n merkwaardige mens. Sy is vir lank beskou as ‘die mees gelese skrywer in Afrikaans’, en haar boeke word steeds heruitgegee. Mag sy in vrede rus.”

Elders, op Netwerk24, het George Louw, ’n toenmalige uitgewer van haar werk, ’n baie mooi huldeblyk geskryf. Lees dit gerus hier.

En Danie Botha, ’n toenmalige redakteur van haar werk, se huldiging verskyn hier, ook beslis die moeite werd om te lees.

’n Bittersoet verjaarsdag

LitNet het vroeg daardie selfde oggend, op 4 Junie, berig dat LAPA Uitgewers se Romanza-klub 10 jaar oud is.

Romanza is ’n uiters gewilde reeks boeke wat vir vroue van agt tot tagtig geskryf word; 156 000 van hierdie boeke word jaarliks verkoop. Hoewel die verhale meer modern is as Ena Murray se werk, is daar onder die skrywers en uitgewers geen twyfel nie dat Murray die matriks geskep het vir hierdie reeks boeke.

Alta Cloete het die bittersoet ironie van Murray se dood op hierdie dag van feesviering soos volg beskryf op Facebook: “Dis tipies van die lewe dat ‘n viering en ‘n sterfte so saamval. Op die dag wanneer ons dink oor die werk van Ena Murray vier Romanza hulle tiende verjaardag. Ten spyte van soveel vooroordele bly die liefdesverhaal ‘n gerusstellende teenwoordigheid in duisende lesers se lewe.”

’n Rukkie later, in ’n persoonlike boodskap, het Cloete soos volg gereageer op Ena Murray se dood: “Ena Murray het duisende Afrikaanse meisies aan die lees gekry en hulle as volwasse vroue aan die lees gehou in ʼn tyd toe daar nie soveel goeie ligte Afrikaanse leesstof beskikbaar was nie. Ek vermoed hulle mans het meer dikwels saamgelees as wat hulle dalk sou erken. Haar werk is so tydloos dat dit vandag te midde van die ontploffing van Afrikaanse lekkerleesboeke steeds relevant en gewild bly. Dis ʼn voorreg om ook my beskeie deel te probeer bydra tot die leeskultuur wat sy in Afrikaans help vestig het.”

LAPA het geen sjampanjeproppe geskied op 4 Junie nie (die viering sal op 12 Junie plaasvind), maar die drie uitgewers wat aan beheer staan van die Romanza-reeks, het elkeen hulde gebring aan die grootste van groot Afrikaanse skrywers.

Marlies Haupt het haar hulde soos volg betoon: “Ons het in die platteland grootgeword en ’n besoek aan die biblioteek (70km van die huis af) was ’n groot gebeurtenis. Ek het vinnig deur die kinderboek-afdeling gelees en toe ook deur Saartjie, Trompie, Bienkie en natuurlik Enid Blyton se The Famous Five. My Ma het af en toe romanses uitgeneem … en toe dié gogga eers byt, het ek en my sussies gereeld hare getrek oor wie eerste een van Ena se omnibusse mag lees. Ena het vir romanses gedoen, wat Pavarotti vir operasmusiek gedoen het: Sy het dit op ons boekrakke en in ons huise gevestig as ’n genre wat gelees mag word en moet word. Ena is beslis die doyenne van die Afrikaanse romanse en sy laat ’n reuse nalatenskap agter.”

Cliffordene Norton, haar kollega, verwoord haar bewondering vir Ena Murray soos volg: “Ek het Ena Murray ontdek toe ek een vakansie my auntie Lande se boeke geleen het. Ena Murray was (en is) my auntie se gunstelingskrywer en nadat ’n hele paar daarvan verslind het, kon ek verstaan hoekom. Ek verstaan nou nog hoekom. Het ek ’n gunsteling-Ena Murray-boek? Nee, want almal is awesome! Rus in vrede, mevrou Murray, because you’re a legend. Legends never die!”

Die senior-uitgewer al daar, Charlene Hougaard, het laat weet: “Alhoewel Ena Murray se skryfpen nou stil is, sal haar liefdesverhale voortleef in al haar lesers se harte. Sy het ’n enorme bydrae gelewer tot ontspanningsfiksie in Suid-Afrika, en duisende lesers laat aanhou Afrikaans lees.”

by izakdv

Why? / Hoekom?

Mei 27, 2015 in Uncategorized

A brief explanation on why I run without shoes.

(Afrikaans hieronder)

“There are no pills for stupidity,” a colleague said the other day when she heard I am running the Comrades barefoot to help the Durbanville Children’s Home.

She may well be right. So why then run 87 km without shoes?

Because I can, or at least, I think I can.

Let us be honest. My quest is a selfish one. I want toe be able to show myself I can.

What is more: I am extremely privileged. I am healthy and, thanks to Tim Noakes, now lean and mean like I was in my youth.

I earn a good salary doing a job I love.

I have a wonderful, supportive family. My kids worry about brandnames I am reluctant to pay for, they are not worried about their next meal, not even their education.

So?

So: Running to me is a celebration.

And bare feet? Well, to be honest, I like being barefoot. People who are close to me know that I love being without shoes. One day, after doing a lot of research, I left my shoes at home during a training run. That was it.

It was the members of my Club, Celtic Harriers, who urged me to turn this quirk into something useful. I offered my services to the Children’s Home and, well, now I have to prove that I can actually do it.

I am not the fastest, nor the first to do the race without shoes.

In fact, I am just one of nearly 16 000 people who are going to start at 05:30 on Sunday morning, running hill after hill after hill.

Why the Children’s Home?

They do amazing work. I have been associated with them for more than ten years already and I donate money to their work on a monthly basis. But my contribution falls far short of what they need.

They do not merely institutionalise kids. They have homes in which the kids live in family units. They send the kids to good schools. They allow the kids to do sport. They make the kids understand that is possible to live a normal life.

I have met some beautiful, bright kids there.

So?

I am one of the 16 000 people who will need your thoughts on Sunday. When I hit Harisson Flats and my legs do not want to go anymore, I am going to tell myself there are friends out there who are shouting for me. I will appreciate you then.

I am not special. I am very ordinary and extremely privileged.

I have chosen to be a champion for extraordinary kids who are less privileged that I am.

I need nothing from you other than your thoughts – which I will cherish, I promise.

The kids in the Durbanville Children’s Home are very special and they need much more help than I can provide. For them I ask donations, for them I ask that you sign up for their newsletter. For them I ask: If you can, please donate non-perishable food? They desperately need it.

Here is more information.

Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

“Daar is geen pille vir onnoselheid nie,” het ‘n kollega die ander dag gesê toe sy hoor ek hardloop die Comrades kaalvoet om die Durbanville Kinderhuis te help.

Sy is dalk reg. So hoekom dan 87 km sonder skoene hardloop?

Want ek kan; of, ten minste, ek dink ek kan.

Laat ons eerlik wees. My poging is selfsugtig. Ek wil aan myself ek kan.

Wat meer is: Ek is baie bevoorreg. Ek is gesond en, te danke aan Tim Noakes, nou weer skraal soos in jeugjare.

Ek verdien ‘n goeie salaris met ’n werk wat ek baie geniet.

Ek het ‘n wonderlike, ondersteunende familie. My kinders is bekommerd oor handelsmerke waarvoor ek huiwerig is om te betaal, hulle is nie bekommerd oor hul volgende maaltyd nie, ook nie eens eens hulle opleiding nie.

So?

So: Om te hardloop is ‘n viering van dit wat goed is.

En die kaal voete? Wel, om eerlik te wees, ek verkies dit so. Mense wat my goed ken, weet dat ek lief is daarvoor om sonder skoene te loop. Eendag, nadat ek ‘n klomp  navorsing gedoen het, los ek toe my skoene by die huis en gaan oefen. Dit was dit.

Dit was die lede van my klub, Celtic Harriers, wat my aangemoedig om hierdie vreemde streep vir iets nuttigs te gebruik. Ek bied toe my dienste aan die Kinderhuis en, wel, nou het ek ’n rede om te bewys dat ek dit kan doen.

Ek is nie die vinnigste nie, en ook nie die eerste een om die wedloop te draf sonder skoene nie.

Om die waarheid te sê, ek is maar een van byna 16 000 mense wat Sondag om 05:30 gaan wegspring en dan heuwel op heuwel op heuwel gaan uitdraf.

Waarom die Kinderhuis?

Hulle doen wonderlike werk. Ek is al vir meer as tien jaar betrokke en skenk ‘n som geld aan hulle op ‘n maandelikse basis, maar my bydrae skiet ver te kort van dit wat hulle nodig het.

Hulle institusionaliseer nie kinders nie. Hulle het huise waarin die kinders woon in ordentlike gesinseenhede. Hulle stuur die kinders na goeie skole. Hulle laat die kinders aan sport deelneem. Hulle laat die kinders sien ​​dat dit moontlik is om ‘n normale lewe te lei.

Ek het al ‘n aantal pragtige, slim kinders daar ontmoet.

So?

Ek is een van die 16 000 mense wat julle gaan nodig hê. Wanneer ek Harisson Flats tref en my bene nie meer wil nie, gaan ek myself vertel daar is vriende wat vir my skree. Ek sal julle dan baie waardeer.

Ek is nie spesiaal nie. Ek is baie gewoon en baie bevoorreg.

Ek het egter gekies om ‘n spreekbuis te wees vir buitengewone kinders wat minder bevoorreg is as ek.

Ek het niks van julle nodig anders as aanmoediging nie, wat ek sal koester, ek belowe.

Die kinders in die Durbanville Kinderhuis is egter baie spesiaal en hulle het baie meer hulp nodig as wat ek op my eie kan voorsien.

Vir hulle vra ek skenkings. Vir hulle vra ek: Teken in op hulle nuusbrief. Vir hulle vra ek: As jy enigsens kan, skenk asseblief nie-bederfbare kos? Hulle het dit dringend nodig.

Hier is meer inligting.

by izakdv

Die ATKV-Liedjieslypskool

Mei 25, 2015 in Uncategorized

Die jaarlikse ATKV-Liedjieslypskool het op Donderdag 21 Mei 2015 ’n hoogtepunt bereik by die Slanghoek-konferensiesentrum neffens die Goudini Spa.

Pedro Kruger, wat aan die hoof was van die projek, sê die pragtige omgewing was deel van die sukses. ’n Mens kon nie anders nie as om begeesterd te voel wanneer jy op die stoep sit en oor die vallei uitstaar.

Hier is Pedro saam Anna Davel. Albei het die deelnemers gehelp met hulle werk.

Die ander aanbieders was Jaconell Mouton, Simon Witbooi (hierbo, bekend as Hemelbesem), Douw Steyn, Babette Viljoen en Olga Leonard.

Jaconell het die meeste deelnemers begelei.

Van die begin af is die deelnemers bekendgestel aan klank- en mikrofoontegnieke.

Die rooi tapyt is uitgerol vir die spogaand.

Videopnames is gemaak, die ATKV het reeds van die deelnemers gehelp om hulle musiek amptelik te registreer by SAMRO sodat hulle intellektuele regte beskerm kan word.

En hier volg die deelnemers.

Remy Alard

Francis Brown

Jaco Nel

Nico de Beer

Daphne Arendz

Reynard Karstens

Oswald Johannes

Jaco Smit

Carlyn Fransman

Herman Kleinhans

Nashraam Samuels

Sumarie Uys

Whaden Johannes

Jak de Priester het ook ’n draai gegooi en opgetree.

Die hoogtepunt van die aand was toe Pedro Kruger aangekondig het die ATKV gaan nie meer ’n professionele liedjieskrywer betaal om ’n temalied vir hierdie projek te skryf nie, dié lied is reeds geskryf – deur Daphne Arendz. Haar lied “Die song wil my nie los nie” is tydens die slypskool geskryf en was onmiddellik ’n treffer onder al die deelnemers. Anna Davel het dit in die geheim ingestudeer en opgevoer.

Japie Gouws, die besturende direkteur van die ATKV-groep, het ná die tyd die organiseerders geluk gewens met die gehalte wat ons die aand gehoor het.

Hierdie twee manne het rede om te glimlag. Links is die hoofbestuurder: ATKV-kultuurprojekte, Gerrie Nel, en langs hom is Morné van Staden, die projekbestuurder van die ATKV-Liedjieslypskool.

Hier is Japie Gouws, Adv. Johan Kruger, Visevoorsitter van die ATKV-direksie, en sy gade, asook die uitvoerende direkteur: kultuur, Dr. Danny Titus.

Sela. Hou die name hierbo dop.

Solms Delta het die wyn geborg.

by izakdv

A mobile library donated to farm kids: “They deserve it all.”

Mei 22, 2015 in Uncategorized

(Afrikaans below)

On 14 May 2015 I attended the opening of a new mobile library that will service nine primary schools in the Rawsonville District.

There are more than 5000 books in the library and ten computers to provide internet access to users.

– Nine primary schools get served by the library

– More than 1 000 students will now have access to the books and the internet

This massive project was sponsored by Du Toitskloof Wines and  Douglas Green.

 

A trained librarian accompanies the truck. Her name is Anneline Syfers and she used to be a farm worker’s daughter who was given the opportunity to study.

Zille officially opened the library on May the 14th. As you can see in the picture, the press was in attendance.

It all started with this man, a cyclist. His name is Marius Louw and he is the CEO of Du Toitskloof Wines.

Marius has been involved in the construction and upgrading of a number of schools in the Rawsonville valley.

One day he stopped to ask a number children sitting by the roadside whether their homework was done?

“No, sir,” they said, “there are no books at our school.”

Marius realised how true that was. Things we accept as a given is simply not available in the rural farming communities.

He turned his bicycle around, rode home and, like so many times before, began calculating to see how he and his company could help.

The problem, said Louw, was that he might have had the money for a single school library, but what about the other schools? Besides, a library without a trained librarian would soon fell into disuse, or even get destroyed.

That was why he decided on a mobile library, but even for a rich company, it was impossible to finance such a large project on their own.

Tim Hutchinson, executive chairman of DGB, came to the rescue and offered to provide the money Du Toit’s Kloof Wines did not have.

DGB is a huge company and Douglas Green is one of their trade marks.

Fair Trade accreditation

Both Du Toitskloof Wines and Douglas Green are Fair Trade accredited. That means that they adhere to internationally accepted and regulated labour practises and that they have to pay their labour force according to internationally accepted norms.

Both companies have done enormous good over the years.

DGG is active in many other communities and is the main sponsor of the Johannesburg Children’s Home.

Here are a few projects that Du Toit’s Kloof Wines funded over the years.

– Day care centers for children

– A mobile clinic

– A primary school

– A bus service

– Scholarships for a kids going to high school and for tertiary education

– Literacy projects for adults

– Continuing education to the community about their health and safety

“They deserve it all,” say Bernard Kotze (Brand Manager of Du Toitskloof Wines) and  Marius Louw (CEO of Du Toitskloof Wines)

Why do they do all of this? Here is a quote from the press release sent out by Du Toitskloof Wines after the opening of the mobile library: “Things that other children take for granted, such as illustrated children’s books, computers and a comfortable chair to sit on while reading, will now be available at these schools on a regular basis. We really believe that there is potential among the children at the schools in our region. The library aims to empower the kids with the kind of insight, vision and creativity that they would need to go out into the world. They deserve it all.”

* * *

Afrikaanse lesers: ’n Baie meer volledige, Afrikaanse weergawe van hierdie artikel sal binnekort verskyn in Maandblad Zuid-Afrika. Teken gerus in, dit is die moeite werd en nie baie duur nie. (Ingrid het laat weet dit sal in die Junie-uitgawe verskyn.)

by izakdv

Franschhoek Literary Festival 2015

Mei 19, 2015 in Uncategorized

I was the official photographer at the Franschhoek Literary Festival. It was hard work, but so much fun. Following is a somewhat random selection of the pictures I took.

Wamuwi Mbao, the SLiPnet coordinator

I have no idea what her name is, but she has a great smile.

This woman too allowed me to take her picture, but did not stop to give her name.

Marianne Thamm and PJ Powers

One of the more successful participants in the fashion debate

Ann Donald, FLF Director

Marlene van der Westhuizen

PJ Powers on stage

Porcupine Ridge, one of the main sponsors of the FLF

Ellen van Schalkwyk demonstrates the age-old technique of awarding literary prizes

The thirst-quencher, Porcupine Ridge

Not a cockroach, no, a portable microphone

Zapiro

Marita van der Vyver

Tom Eaton, big in stature, big in hair and big in personality – with a companion to match!

Tony Leon in Pink

Kenny Kunene

Richard Poplak

Ken Barris

Look closely, even the toilet guard is reading!

Shado Twala

Darrel Bristow-Bovey

Jonathan Jansen, what a man!

Thando Mgqolozana, because he had us all running around for more pictures! BooksLive says he managed to upstage Kenny Kunene. You go, bro!

Sacred cows make large targets, says Zapiro

Pumla Gobodo-Madikizela

Eusebius McKaiser

A beautiful couple

Karina Szurek

Hugh Masekela

by izakdv

Soos familie

Mei 12, 2015 in Uncategorized

Ek was vanaand by die Book Lounge waar Ena Jansen ‘n verhoog gedeel het met Sindiwe Magona en Antjie Krog. Dit het gehandel oor Ena se nuwe boek Soos familie, stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste. Ek kan nie wag om te begin lees nie, want die gesprek was so interessant.

Selfs beurtkrag kon nie die atmosfeer demp nie.

Drie formidabele skrywers op een verhoog.

Dit is ‘n dik boek, maar Ena sê sy het hard gewerk daaraan om dit soos ‘n storie te laat vloei. Dit is nie ‘n swaar teks om te lees nie.

Ena teken Dan Sleigh se boek.

Joan Hambidge en Ena.

Die gesprekke ná die tyd is altyd interessant. Hier is Suzanne Hotz saam met Sindiwe. Suzanne vertel toe oor haar eie ma: “She broke through the colour barrier long before it was fashionable, but she never managed to break through the class barrier.”

Pamela Pattynama, Ena se lewensmaat, is ‘n akademikus in eie reg.

by izakdv

Die invloedrykste tien boeke die afgelope 90 jaar?

Mei 11, 2015 in Uncategorized

Netwerk24 het drie groot uitgewers gevra om die tien invloedrykste boeke in Afrikaans te kies. Hier is die resultate:

Niemand het my gevra nie, maar ek het tog die speletjie gespeel. Ek gaan dit ook nou plak, want oor vier en twintig uur gaan dit al weer verander… Myne is in alfabetiese volgorde. Kommentaar?

21 deur Jan Rabie

Daarmee steek ek die wonderlike werk van Abraham de Vries, Hennie Aucamp en ’n gros ander in die rug, maar hier was ’n sterk, kragtige stem wat ook polities beduidend was. Dink aan “Droogte”.

By fakkellig deur Karel Schoeman

Hoe val ’n mens apartheid aan sonder om ooit ’n swart mens te betrek?

Dogter van Jefta deur Antjie Krog

Daarmee steek ek Eybers en baie ander in die rug, maar watter kind ken nie Krog se gedigte nie? ’n Mens sou natuurlik ook onthou dat Annesu de Vos ’n sterk debuut gehad het, Loftus Marais, ag, so baie. Maar ek hou by Antjie, want hier is ’n bundel wat ook die godsdiens begin uitdaag het.

Griet skryf ’n sprokie deur Marita van der Vyver

Sommer. Lekkerlees en letterkunde meng. Vroue geniet seks. Vroue praat oor seks. Fantastiese intertekste, ’n baie, baie slim boek wat op geweldig baie vlakke beteken.

Kennis van aand deur André P. Brink

’n Direkte aanval op die establishment, boonop een van Brink se beste stories. Ek vermoed Die swerfjare van Poppie Nongena moes eintlik ook my lys gehaal het.

Loeloeraai deur CJ Langenhoven

Hoeveel ander wetenskapfiksie bestaan daar? Leon Rousseau en Fanie Viljoen het dit weer reggekry. Hierdie boek het ons egter anders laat dink, veel verder as die eng grense van ons klein wit republiek.

Sewe dae by die Silbersteins deur Etienne Leroux

Nog ’n boek wat die establishment tromp op geloop het. Dit het ook soveel intertekste…

Toorberg deur Etienne van Heerden

Magiese realisme het gemaak dat die establishment die skaamfamilie in hulle boesems en skole toegelaat het. Ek was mal oor Casspirs en Campari’s, maar ek dink Toorberg se invloed was groter.

Triomf deur Marlene van Niekerk

Die Afrikaner is toe nie so heilig nie…

Die ysterkoei moet sweet deur Breyten Breytenbach

Natuurlik. Daar was baie digters wat nuwe rigtings aangedui het, maar hierdie een… dit ook het die establishment baie hard geskop.

by izakdv

Is Afrikaans deel van ons Vryheid?

April 27, 2015 in Uncategorized

Ons het Vryheidsdag gevier deur in die Distrik Ses Museum te gaan rondloop met die kroos. Saam met ons was Zack, ’n bestuurder by ’n groot selfoonmaatskappy, en sý seun.

Ek en Zack filosofeer baie, so vandag was Rhodes en kolonialisme ook deel van die woordpotjie wat ons geroer het. ’n Deel van dié gesprek was ook hoe ’n mens Nkandla en soortgelyke vergrype versoen met die ideaal van vryheid en gelykheid?

Natuurlik draai ’n mens se kop ook na jou eie plek, jou eie vryheid, jou eie taal… Net hierna deel ek graag ’n aantal wyse woorde oor Afrikaans; woorde van Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep en ’n klompie Afrikaanse kunstenaars, maar eers terug na die museum.

Zack se ouers is destyds geskuif.

Terwyl ons daar was, het ons vir meneer Benjamin raakgeloop. Hy kon ons ’n foto wys waar hy as jong seuntjie op die trappies van ’n huis in Distrik Ses sit. Hier is hy soos hy vandag lyk.

So word die geskiedenis werklik.

Ná die besoek aan die museum, het Zack vir ons pannekoek gebak.

Vryheid, gelykheid en Pannekoek!

* * *

Soos beloof, iets oor Afrikaans en Vryheid: Ek hét verlede week hieroor berig, maar die ATKV het nou vir my ’n dokument gestuur met ’n ander deel van Japie Gouws se toespraak, wat ek vandag, op Vryheidsdag, graag deel. (Kliek hier vir ’n berig en foto’s van die geleentheid verlede Maandag.)

“Taal en kultuur is ideale instrumente om nasiebou en versoening te bewerkstellig”, het Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, by die WOORDtroFEES toekenningsgeleentheid op Stellenbosch gesê.

“Die Afrikaanse huistaalgemeenskap, saam met ander Suid-Afrikaners wat elke dag Afrikaans gebruik, is meer as 20 miljoen mense”, het Gouws gesê. “En Afrikaans is allermins net wit; 60% van Afrikaans huistaalsprekers is bruin, swart en Asiër”.

Dit het tyd geword dat die Afrikaanse gemeenskap met mekaar in debat tree oor hoe ons ons sprekers se erfenisse gaan ontgin en erken en bewaar. Daar moet, op ‘n kreatiewe en inklusiewe wyse, werk gemaak word van bekende maar veral ook onontginde erfenisgoedere wat erken en bewaar moet word.

“Die groter inklusiewe Afrikaanse taalgemeenskap behoort leiding te neem met projekte vir nasiebou en versoening”, het Gouws gesê. “Ons is uitstekend geposisioneer om dit te doen.

“Afrikaans, as wesentlike en waarskynlik die mees inklusiewe taal in Suid-Afrika, behoort aan die voorpunt te staan van hoe nasiebou en maatskaplike kohesie prakties kan werk”.

“Ons is dit nie net aan Afrikaans verskuldig nie, maar ook aan die hele Suid-Afrika”.

Karen Zoid, wat ‘n toekenning tydens die geleentheid ontvang het, het beaam wat Gouws gesê het. Sy het bygevoeg dat ons moet doen wat ons goed doen, sonder om dit geforseerd te doen.

Simon Witbooi, beter bekend as Hemelbesem, en Jacques de Villiers, die bekroonde sanger Joshua na die reën, het Gouws se standpunt ondersteun.

Gouws het Afrikaanse feeste, soos die Woordfees, en alle Afrikaanssprekendes uitgedaag om hierdie geleenthede aan te gryp.

by izakdv

Die ATKV wend Wêreldboekdag aan teen geweld

April 24, 2015 in Uncategorized

(Foto: Mercia Eksteen)

Mercia Eksteen, die ATKV se kommunikasiebestuurder, het saam met Karien Brits, bestuurder: taalaangeleenthede, op die vooraand van Wêreldboekedag hulle voorstedelike lewens agter diefwering en hoë mure verruil vir ʼn nag in Soweto.

Te midde van die xenofobiese geweld, is hulle twee met openbare vervoer na Soweto en het die nag daar oorgebly by Suzie Matlhola, wat wyd bekend vir die Saterdagskool wat sy die afgelope 16 jaar in Soweto bedryf.

In die township het Britz en Eksteen boeke uitgedeel en voorgelees.

Hulle het ook ingeloer by die ATKV-tak Vorentoe, in Soweto.Tienuur die aand stap hulle twee toe deur die strate van Soweto terug na hulle gasvrou se huis. Eksteen sê hulle: “kan nie uitgepraat raak oor die rustige, byna plattelande atmosfeer” daar in die strate van Soweto nie.

Eksteen vertel: “Mense wat in Soweto woon en in ander dele van Johannesburg werk, haal douvoordag reeds busse en taxi’s om betyds by die werk te wees.”

Eksteen, Britz en Matlhola was dus gister, op Wêreldboekedag, stiptelik om 05h15 met hulle kartondose vol boeke in die pad geval na die bushalte.

Die twee wit gesiggies is hartlik ontvang op die bus en, nadat die doel van hulle reis in Tswana verduidelik is, was hul medepassasiers maar te gretig om te hoor wat in die boeke staan.

Hier is Eksteen se woorde: “Suzie het tussen die voorlesery benadruk hoe belangrik dit is dat ouers weer vir hulle kinders moet voorlees, en dat ouers soms die televisie moet afskakel. Nadat iemand iets in Suid-Sotho voorgelees het oor die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, het die passasiers spontaan saam begin bid – vir die land, en ook vir die dag wat voorlê. Daarna het die mense spontaan begin sing oor die liefde van God.”

by izakdv

Kunstenaars teen xenofobie by die US WOOORDtroFEES 2015

April 22, 2015 in Uncategorized

By die 2015 Woordtrofees het Japie Gouws, Besturende direkteur van die ATKV-groep, gesê die beste manier om xenofobie teen te werk, is om saam te werk; presies soos wat by die US Woordfees gebeur. Kunstenaars moet eenvoudig aanhou doen wat hulle goed doen, sê Gouws.

Gouws het ook gesê dat beeldestormlope mense kan ontstel, maar nog eens moet ons kyk na wat die kunste regkry. Afrikaans is nie ’n wit taal nie, die meeste moedertaalsprekers is nie eens wit nie. Nog eens wys die US Woordfees dit aan ons uit.

Saartjie Botha, die feesdirekteur, het in ’n kort toespraak gesê die fees het in 2015 met 34% gegroei. Hier is Saartjie Botha saam met die twee US Woordfeeshelde van 2015: Elwin September en Joey Farao.

Gewildste Poësie: Mede-wete deur Antjie Krog. Nita Cronjé, bestuurder van produksies en feeste by die ATKV,  het die prys aan haar oorhandig.

Krog het een van haar mooi, ryp gedigte voorgelees.

 

Gewildste Prosa: Ikarus deur Deon Meyer.

Gewildste Leefstylboek: Die Dans met God deur Abel Pienaar.

Pienaar sê die vorige keer dat hy erkenning gekry het, was toe hy die antichris genoem is. Hierdie trofee beteken dus baie vir ’n godsdiensfilosoof.

Beste Speler: Tinarie van Wyk-Loots in Dogma en Orgie.

Sy het gesê sy mis vir André P. Brink, want die stuk sou vir sy verjaarsdag opgevoer word – toe word dit ’n huldeblyk.

Beste Byspeler: Richard September in Rondomskrik.

Beste Regisseur: Christiaan Olwagen vir DogmaDie Seemeeu en Son.Maan.Sterre.

Beste Produksie: Saartjie Botha vir Dogma.

Beste Musiekgedrewe Produksie: Zoid. Zanne. Zolani. Karen Zoid, Zanne Stapelberg en Zolani Mahola met Carien Loubser as regisseur.

Karen het gesê Zolani is tans in Mosambiek om rassehaat en vreemdelinghaat teen te werk.

Beste Solo Musiekkunstenaar: Joshua na die Reën.

Beste Kontemporêre Musiekgroep: Mango Groove.

Beste Nuweling by Aan de Braak: Ont(Pop).

Beste Klassieke Musiekproduksie: Afrikaanse Lied deur die US Kamerkoor o.l.v. Martin Berger.

Beste Visuele Kunste-aanbieding: Museum: Van Been en As deur Sandra Hanekom.

WOW-Onderwyser van die Jaar: Me. Carol Adonis, Reygersdal Primêr, Atlantis.

WOW Skool van die Jaar: Bernadino Heights Sekondêr

Loukmaan Adams het die gehoor laat lag met sy musiek.

Hemelbesem het weer gesê “alles sal oukei wees” toe hy opgetree het.

Danie Marais van PEN Afrikaans ontspan ná die tyd. Kliek hier om PEN Afrikaans se beroep op die regering teen vreemdelinghaat te steun.

Marga Stoffer, uitgewersbestuurder van NB, ontspan ook ná die tyd.