Jy blaai in die argief vir 2015 Augustus.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Ons het begin saamdroom

Augustus 26, 2015 in Uncategorized

15 08 19 Atlantis 1782

Ek het verlede week ’n besondere oggend in Atlantis deurgebring saam met ’n aantal baie sterk vroue.

Maar ek loop myself nou vooruit. ’n Aantal goed moes gebeur voor ek Woensdag in Atlantis kon wees.

*

Nommer een: By die ATKV-Liedjieslypskool van 2015 is aangekondig dat Daphne Arendz se lied “Die song wil my nie los” as temalied van die die ATKV-Liedjieslypskool gekies is. Daphne is van Atlantis. (Hier is ’n berig wat ek daaroor geskryf het.)

Nommer twee: Anna Davel het toe die Daphne se lied opgeneem.

Nommer drie: Annie Petersen van Atlantis het besluit om ’n ATKV-tak te stig daar in Atlantis.

*

Die ATKV se nuutste tak

15 08 19 Atlantis 1119

Annie Peterson, Mynie Grové en Morne van Staden

Annie Petersen is ’n voorslag, ’n raakvatter. Sy bedryf ’n instansie met die naam Reach out and touch wat kuns gebruik om mense, veral vroue, deur middel van kuns te help wanneer hulle trauma ervaar. Sy is ook die voorsitter van die nuutste ATKV-tak — een wat op 5 Augustus 2015 in Atlantis gestig gestig is.

Waarom ’n ATKV-tak in Atlantis?

“Ek het by die ATKV-Liedjieslypskool gesien wat die ATKV kan bied vir die gemeenskap,” sê Annie onmiddellik.

Sy weet van heelwat talent daar in Atlantis, maar daar is geen geleenthede vir die talentvolle mense om te groei nie. Die stadsraad bewillig wel geld om kuns en kultuur te bevorder, maar dit is dan ’n eenmalige geleentheid is en die talent word nie verder ontwikkel nie.

15 08 19 Atlantis 1076

Morne van Staden

Annie het vir Morne van Staden, die organiseerder van die ATKV-Liedjieslypskool, ontmoet. “Ek en Morne het begin saamdroom. Ons het talent wat moet ontwikkel. Ons moet dit doen deur kuns en kultuur. Hier is baie talent. Met die ATKV se hulp kan ons nou mense groter laat dink.”

Dit is duidelik dat Annie ’n sagplekkie vir Morne het. “Hy het ’n hart vir mense. Dis dié dat ons hom gevra het om die Atlantis-tak se voog te wees.”

Wat is die tak se toekomsvisie?

“Sport en musiek bring mense bymekaar,” sê Annie. Aanvanklik will sy die tak vestig deur te fokus op kultuur, soos sang en musiek, maar sy droom ook reeds groter. “Ons praat die ander dag van ’n gemeenskapskoor. Hier moet ook gemeenskapskapsprojekte kom vir opheffing en entrepreneurskap,” sê sy.

*

Vrouedagvieringe op 19 Augustus

Annie droom egter nie net nie. Sy doen ook. Die eerste groot geleentheid wat die Atlantis-tak gereël het, vind toe reeds reeds op 19 Augustus plaas. Dit was deel van die Vrouemaandvieringe. Die motto was: Laat die droom in jou hart ontsnap.

“Baie vroue het baie drome,” sê Annie, “maar hulle kry nooit eens die kans om glamorous geleenthede by te woon nie.”

Glamorous? Dit was die 19de Augustus wel.

Mynie Grové (AMAGroove en Shoprite TOPSTARS), Fiona van Kerwel (US Woordfees se WOW-projek), Elize Fortuin (ATKV) en Cliffordene Norton (LAPA Uitgewers) was die gassprekers.

Die meeste van die ATKV-Liedjieslypskool 2015 se finaliste het ook gesing.

15 08 19 Atlantis 1101

Whaden Johannes, Sumarie Uys, Oswald Johannes, Daphne Arendz, Carlyn Fransman, Remy Alard en Francis Brown

15 08 19 Atlantis 1145

Fiona van Kerwel

Fiona van Kerwel het vroue uitgedaag om hulle drome te identifiseer en na te jaag.

15 08 19 Atlantis 1073

Francis Brown

Tannie Francis Brown het gesing. Sy is ‘n inspirasie!

15 08 19 Atlantis 1190

Mynie Grové wys wat sy van tannie Francis dink

15 08 19 Atlantis 1221

Remy Alard

Remy Alard se lied is ’n ode aan die ma wat twee mense se werk doen. Die ma is ma en pa in baie mense se huishouding.

15 08 19 Atlantis 1234

Cliffordene Norton

Clifforden Norton is ’n uitgewer by LAPA, ’n blogger en ’n aktivis.

Sy het die gehoor herinner daaraan dat Vrouedag gevier word omdat 20 000 vroue gekies het om die apartheidsregering uit te daag. Daardie vroue het nie opgehou ná hulle een keer gemarsjeer het nie. Hulle het aangehou tot apartheid geval het. Net so moet vandag se vroue nie ophou droom nie. Hulle moet aanhou om hulle drome na te jaag.

Kyk na tannie Francis, sê Cliffordene. Sy is 62 en steeds jaag sy haar droom na.

15 08 19 Atlantis 1065

Daphne Arendz

Daphne Arendz het gesing. Dit is sy wat die “Die song wil my nie los nie” geskryf het.

15 08 19 Atlantis 1059

Oswald Johannes

Oom Oswald Johannes se lied was ook ’n ode aan sterk vroue en moeders.

15 08 19 Atlantis 1312

Elize Fortuin

Elize Fortuin het vroue aangemoedig om na hulleself om te sien en om hulle eie talent te ontwikkel. Vroue is so geneig om altyd vir ander te werk, dat hulle vergeet om na hulleself om te sien.

15 08 19 Atlantis 1374

Mynie Grové

Mynie Grové het vertel dat haar ma aanvanklik niks wou weet daarvan dat sy musiek haar loopbaan maak nie, tog het sy aangehou droom.

15 08 19 Atlantis 1764

Daphne en Mynie

Toe kondig Grové aan dat “Die song wil my nie los nie”, geskryf deur Daphne Arendz van Atlantis, nou op alle digitale webwerwe te koop aangebied word en dat alle inkomste wat uit die verkope gegenereer word, gebruik sal word om ’n musieksentrum in Atlantis te bou.

Morne van Staden, die Organiseerder: ATKV-Liedjieslypskool, het kort hiera op Facebook gesê: “Die song wil my nie los nie” is nou beskikbaar op al die digitale werwe. So! Begin aflaai dat dit die gewildste song word en dat ons daardie musieksentrum in Atlantis kan begin. Ons bring Atlantis se song terug Atlantis toe om te werk vir die mense van Atlantis!

15 08 19 Atlantis 1530

Carlyn Fransman

15 08 19 Atlantis 1518

Sumarie Uys

Carlyn Fransman en Sumarie Uys het ook opgetree.

15 08 19 Atlantis 1601

Clive Swart

World Vision se Clive Swart het daarop gewys dat daar in ons land se kerke fantastiese kore en jazzsanger is. Hy het mense aangemoedig om die geleenthede te gebruik wat die ATKV skep.

15 08 19 Atlantis 1645

Cyril Dicks

Kaptein Cyril Dicks, die hoof van die polisiestasie in Atlantis, gebruik musiek om met skoolkinders te kommunikeer. Dwelms is nie ons kultuur nie, sê hy. Dit is van buite af gebring.

15 08 19 Atlantis 1041

Whaden Johannes

Daarna het Whaden Johannes die laaste lied gesing voor daar geëet is en talle foto’s geneem is.

15 08 19 Atlantis 1719

Danksy LAPA Uitgewers is aan elke vrou ’n geskenkpakkie oorhandig.

15 08 19 Atlantis 1720

15 08 19 Atlantis 1725

Hier volg nog foto’s van die wonderlike oggend in Atlantis.

15 08 19 Atlantis 1757

15 08 19 Atlantis 1765

15 08 19 Atlantis 1777

15 08 19 Atlantis 1784

15 08 19 Atlantis 1791

15 08 19 Atlantis 1792

15 08 19 Atlantis 1797

15 08 19 Atlantis 1803

15 08 19 Atlantis 1807

15 08 19 Atlantis 1811

15 08 19 Atlantis 1815

15 08 19 Atlantis 1819

15 08 19 Atlantis 1827

15 08 19 Atlantis 1831

15 08 19 Atlantis 1837

15 08 19 Atlantis 1852

15 08 19 Atlantis 1855

15 08 19 Atlantis 1858

15 08 19 Atlantis 1861

15 08 19 Atlantis 1865

15 08 19 Atlantis 1873

15 08 19 Atlantis 1876

15 08 19 Atlantis 1878

15 08 19 Atlantis 1885

15 08 19 Atlantis 1887

15 08 19 Atlantis 1893

15 08 19 Atlantis 1897

15 08 19 Atlantis 1901

*

15 08 19 Atlantis 1843

Oupa, Mynie, tannie Francis

Tannie Francis en haar man, Oupa, woon daar in Atlantis.

15 08 19 Atlantis 1930

Ek het hulle ná die tyd by hulle huis gaan aflaai, want Morne het my vertel van die pragtige tuin wat hulle onderhou.

15 08 19 Atlantis 1915

15 08 19 Atlantis 1929

Hier is hulle in die tuin saam met van die mense wat hulle help om die tuin netjies te hou. Wys jou… droom, en selfs tuine is moontlik!

*

15 08 19 Atlantis 1933

Op pad huis toe het hierdie blommetjies gesê: Dit is lente! ‘n Week gelede was hier niks om te aanskou nie.

Atlantis het ook nog eens vir my gewys: Daar is baie, baie talent wat wag om te ontwaak.

Koop “Die song wil my nie los nie” deur Daphne Arendz en help Atlantis om te blom!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Opdrag van oorkant: Sterk vroue vir Vrouedag

Augustus 9, 2015 in Uncategorized

Opdrag van oorkant

Hieronder volg ’n resensie oor Alta Cloete se nuutste. Ek plaas dit op Vrouedag, maar ek wil ook pleit dat ons nie sal vergeet dat Vrouedag gevier word om vroue se aandeel in die vryheidstryd te gedenk nie.

Ek is ten gunste van Vrouedag, maar ek haat dit as 9 Augustus verval in goedkoop advertensies vir pienk onderklere.

WOMANDLA!

* * *

Alta Cloete se Opdrag van oorkant is ’n groot verrassing. Op verskeie gebiede.

Ten eerste is dit nie ’n liefdesverhaal nie. Wees gewaarsku. Hier is heelwat liefdesintriges in, maar as jy ’n boek soek oor daardie beeldskone man wat ’n reikhalsende vrou van haar voete afswiep in ’n stomende kus, hou verby.

Goed, Alta skryf al lankal nie meer hierdie soort liefdesverhale nie. Om die waarheid te sê, gaan kyk na die kortlys van die Liefdesverhaalafdeling vir die 2015 ATKV-Veertjies, dan is daar nie een boek wat aan die stereotipe voldoen nie.

Hier is die kortlys. Jy gaan ver soek vir reikhalsende vroue in hierdie boeke.

  • Stiletto’s van staal – Bernette Bergenthuin
  • Ewebeeld – Chanette Paul
  • Raaiselspieël – Chanette Paul

Alta se Geur-reeks, en die Seisoene-reeks wat daarop gevolg het, was al donker boeke met baie vleis aan. Tog was daar uiteindelik ’n samekoms van soekende siele. Daar was dus ’n mate van genoegdoening vir die persoon wat man A by meisie A wou uitkry. Ek het egter haar boeke gelees vir die interessante familie-intriges. Alta se sewe boeke in hierdie twee reekse is baie onderskat, want die literati besef nie hoe subversief sy al die jare skryf nie.

Waarom is Opdrag van oorkant dan ’n verrassing? Lees self. Selfs iemand wat Alta se werk ken, sal verras wees. Dis ’n besonder knap roman wat my telkens, meer as een keer, op die verkeerde voet gevang het.

Die hoofkarakter is al ’n ou vrou, in haar eie woorde, en tog, ná al die jare, hunker sy wel na ’n bepaalde man se teenwoordigheid. Dit is ’n vleeslike hunkering, want die ouderdom onderdruk nie die libido nie, maar dis ook ’n meer verstandelike hunkering.

Wat dán gebeur moet julle self lees, en asseblief, wees baie bang vir spoilers op hierdie boek. Ek kan meer as die helfte van die goed nie hier noem nie, want dan gaan ek die leser se genot wegneem.

* * *

Die plot: Ek beloof hier volg nie spoilers nie – wat ek hier noem sal jy in die eerste tien bladsye raakloop, en daarna raak die boek éérs interessant.

Coenraad Beyers sterf kort na hy ’n plofbare outobiografie geskryf het. En hoe. Deur die loop van die verhaal leer ons Coenraad se lewe ken, en dis baie ná aan ’n plotlyn wat André P. Brink sou kon uitdink.

Om die waarheid te sê, ek twyfel vir geen oomblik dat Coenraad Beyers losweg op Brink geskoei is nie.

Goed. Beyers sterf en rig ’n bisar versoek aan die vier vroue in sy lewe. Hulle moet instem om die boek saam-saam te bemark, anders verskyn dit nie. Die wortel is dat die boek goed sal geld maak.

Aanvanklik wil die vroue nie, maar dan gebeur ’n paar goed wat hulle tog laat saamspan.

Lees self.

Ek is ernstig dat hierdie boek André Brink se kopknik sou wegdra in terme van die sterk politieke ondertoon wat hier ingebou is. Sien my nota oor Vryheid in Suid-Afrika en dink mooi oor vroue se rolle in hierdie dae.

Struktureel is die boek egter nie so moeilik soos Brink op sy beste was nie. Die boek lees maklik, eintlik vinnig, en ek het ’n groot deel daarvan (die laaste) tjankend op ’n vliegtuig sit en lees verlede Sondag.

Ja, ek het getjank.

* * *

Koop dit en lees dit voor die spoliers instroom.

Hou die snesies gereed.

* * *

Van Brink gepraat: Karina Szczurek, Brink se weduwee, verdien ook vermelding op Vrouedag. Sy huldig Brink as ’n deel van ons almal se erfenis op maniere wat soms pynlik moet wees vir haar.

Ek verstom my aan haar vrygewigheid. Sy doen in die werklike lewe vrywillig wat Alta Cloete se fiktiewe vroue onder dwang doen. Szczurek se bundeling van die briewe tussen Brink en Ingrid Jonker verskyn eersdaags. Hou dit in gedagte.