by

Jeugdag? Ngezilimi Abaningi namuhla!

Junie 16, 2015 in Uncategorized

Ngezilimi Abaningi namuhla!

Many languages today!

Baie tale vandag!

atkvhandevat2

Ek is een van die baie mense wat vandag my kop in skaamte moet laat sak en sê: “My kennis van inheemse tale, naas Afrikaans, is gebrekkig.”

Ek praat ’n klein bietjie Zoeloe, maar dis gebrekkig.

Ek verstaan ’n bietjie Xhosa, maar nie veel nie.

Why? Because my black friends have the courtesy to use English when we converse.

The problem is, I want to be multi-lingual, yet my Dutch is better than my Xhosa. Sad. I even have to admit that I’d get better marks in German than in Zulu. Really sad.

That is why I am thrilled that Government is moving to teach more languages at school level, here is an article explaining government’s efforts.

I would certainly support the principle.

Moedertaalonderwys is iets wat baie Afrikaanse kinders as ’n gegewe aanvaar, maar hoeveel ander kan dit in Suid-Afrika opeis?

Ons moet ook versigtig wees dat hierdie geleenthede vir ons kinders nie tot wrywing lei nie. Talle Afrikaanse skole wil nie meertalig word nie – wat beteken dat daar tans baie Afrikaanse skole in Gauteng is met piepklein klassies, terwyl Engelstalige skole uit hulle nate bars.

Ons moet dus mooi dink hoe ons moedertaalonderrig korrek wil beskerm, want moedertaalonderrig is belangrik.

Ons moet begin deur te erken: Uitstekende onderwys in die inheemse tale is moontlik. Ek het vroeër vanjaar berig oor die wonderlike werk wat gedoen word by die Tshiamo Primary School in Vergenoeg, net buite Kimberley. Hierdie kinders se graad R- tot Graad 3-onderwys is in Sotho. Dit is voorwaar ’n modelskool, lees gerus die berig.

Die ATKV was baie nou betrokke by die verbetering van Tshiamo Primary en daarom het ’n persverklaring van  Karien Brits, bestuurder: taalaangeleenthede by die ATKV, my aandag getrek. Sy sê: “Jeugdag [is die] ideale tyd om oor taalregte te besin”.

My eerste reaksie was: Oi! Maar toe sê sy: “Dit is nie ʼn dag waaroor Afrikaanssprekendes graag praat nie, maar daar is dalk ‘n paar goeie taalregtelesse wat ons uit die gebeure van 16 Junie 1976 kan leer.”

Britz erken dat die onbesonne besluit van J.G. Erasmus, Streeksdirekteur van Bantoe-onderrig (Noord-Transvaalstreek), om studente te dwing om Wiskunde in Afrikaans te studeer, baie skade aangerig het. Maar dan moes die kinders in Engels hulle algemene Wetenskap leer. Nie een was die taal waarin hulle gemaklik was nie.

Hier stem ek met Britz saam. Ons moet erken dat taal kan skade berokken, maar die jeug moet weer leer om trots te wees op ons verskeie inheemse tale.

One moet baie versigtig wees om nie Afrikaans weer op ander af te dwing nie. Die ATKV speel in hierdie verband ’n slim spel. By ’n onlangse vergadering met die ANC, het Japie Gouws, die besturende direkteur van die ATKV-Groep, die volgende gesê: “Die ATKV is gemoeid met taal en kultuur en ons gebruik dit om ‘n diverse nasie te bou en sosiale kohesie te bewerkstellig. En dit is wat ons die meeste van die huidige stand van sake in ons land bekommer. Die ATKV sien die diversiteit van die verskillende taal- en kultuurgroepe in Suid-Afrika as ‘n reuse bate en daarom streef ons na inklusiwiteit.”

Ek waardeer dit van die ATKV. ’n Groot deel van hulle werk het niks met Afrikaans te doen nie, want hulle besef ons taal moet deel wees en bly van die groter Suid-Afrikaanse gemeenskap.

Dus: Soms wonder ek of Afrikaanse skole nie moet sê nie: “Natuurlik sal ons tweetalig word. Afrikaans en Xhosa, Afrikaans en Sotho…”

Ek is ernstig. Ons moet mooi dink oor tale op Jeugdag.

I kufanele izame kakhudlwana.

3 antwoorde op Jeugdag? Ngezilimi Abaningi namuhla!

  1. Gert het gesê op Junie 16, 2015

    Interessante gedagte

    • izakdv het gesê op Junie 16, 2015

      Iets om aan te dink. Daar is dalk goeie redes waarom Engels eenvoudig Afrikaans kan verswelg – hoewel dit in sommige skole werk, maar as die toelatingsvereistes duidelik is en die onnies goed opgelei, kan dit ‘n baie haalbare oplossing wees vir skole wat daar ‘n leerder-onderwyserverhouding is wat mense laat frons.

  2. Die ou storie: Afrikaans mag nie aan skoliere opgedring word nie. Nou dring die ANC-regering “African languages” aan alle skole op en die reaksie is dat dit wonderlik is. “African language” word gedefinieer om Afrikaans uit te sluit. Afrikaans het sekerlik in dieselfde mate as ‘n swart taal die reg om verpligte leerstof te wees.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.