by

Why? / Hoekom?

Mei 27, 2015 in Uncategorized

A brief explanation on why I run without shoes.

(Afrikaans hieronder)

“There are no pills for stupidity,” a colleague said the other day when she heard I am running the Comrades barefoot to help the Durbanville Children’s Home.

She may well be right. So why then run 87 km without shoes?

Because I can, or at least, I think I can.

Let us be honest. My quest is a selfish one. I want toe be able to show myself I can.

What is more: I am extremely privileged. I am healthy and, thanks to Tim Noakes, now lean and mean like I was in my youth.

I earn a good salary doing a job I love.

I have a wonderful, supportive family. My kids worry about brandnames I am reluctant to pay for, they are not worried about their next meal, not even their education.

So?

So: Running to me is a celebration.

And bare feet? Well, to be honest, I like being barefoot. People who are close to me know that I love being without shoes. One day, after doing a lot of research, I left my shoes at home during a training run. That was it.

It was the members of my Club, Celtic Harriers, who urged me to turn this quirk into something useful. I offered my services to the Children’s Home and, well, now I have to prove that I can actually do it.

I am not the fastest, nor the first to do the race without shoes.

In fact, I am just one of nearly 16 000 people who are going to start at 05:30 on Sunday morning, running hill after hill after hill.

Why the Children’s Home?

They do amazing work. I have been associated with them for more than ten years already and I donate money to their work on a monthly basis. But my contribution falls far short of what they need.

They do not merely institutionalise kids. They have homes in which the kids live in family units. They send the kids to good schools. They allow the kids to do sport. They make the kids understand that is possible to live a normal life.

I have met some beautiful, bright kids there.

So?

I am one of the 16 000 people who will need your thoughts on Sunday. When I hit Harisson Flats and my legs do not want to go anymore, I am going to tell myself there are friends out there who are shouting for me. I will appreciate you then.

I am not special. I am very ordinary and extremely privileged.

I have chosen to be a champion for extraordinary kids who are less privileged that I am.

I need nothing from you other than your thoughts – which I will cherish, I promise.

The kids in the Durbanville Children’s Home are very special and they need much more help than I can provide. For them I ask donations, for them I ask that you sign up for their newsletter. For them I ask: If you can, please donate non-perishable food? They desperately need it.

Here is more information.

Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

“Daar is geen pille vir onnoselheid nie,” het ‘n kollega die ander dag gesê toe sy hoor ek hardloop die Comrades kaalvoet om die Durbanville Kinderhuis te help.

Sy is dalk reg. So hoekom dan 87 km sonder skoene hardloop?

Want ek kan; of, ten minste, ek dink ek kan.

Laat ons eerlik wees. My poging is selfsugtig. Ek wil aan myself ek kan.

Wat meer is: Ek is baie bevoorreg. Ek is gesond en, te danke aan Tim Noakes, nou weer skraal soos in jeugjare.

Ek verdien ‘n goeie salaris met ’n werk wat ek baie geniet.

Ek het ‘n wonderlike, ondersteunende familie. My kinders is bekommerd oor handelsmerke waarvoor ek huiwerig is om te betaal, hulle is nie bekommerd oor hul volgende maaltyd nie, ook nie eens eens hulle opleiding nie.

So?

So: Om te hardloop is ‘n viering van dit wat goed is.

En die kaal voete? Wel, om eerlik te wees, ek verkies dit so. Mense wat my goed ken, weet dat ek lief is daarvoor om sonder skoene te loop. Eendag, nadat ek ‘n klomp  navorsing gedoen het, los ek toe my skoene by die huis en gaan oefen. Dit was dit.

Dit was die lede van my klub, Celtic Harriers, wat my aangemoedig om hierdie vreemde streep vir iets nuttigs te gebruik. Ek bied toe my dienste aan die Kinderhuis en, wel, nou het ek ’n rede om te bewys dat ek dit kan doen.

Ek is nie die vinnigste nie, en ook nie die eerste een om die wedloop te draf sonder skoene nie.

Om die waarheid te sê, ek is maar een van byna 16 000 mense wat Sondag om 05:30 gaan wegspring en dan heuwel op heuwel op heuwel gaan uitdraf.

Waarom die Kinderhuis?

Hulle doen wonderlike werk. Ek is al vir meer as tien jaar betrokke en skenk ‘n som geld aan hulle op ‘n maandelikse basis, maar my bydrae skiet ver te kort van dit wat hulle nodig het.

Hulle institusionaliseer nie kinders nie. Hulle het huise waarin die kinders woon in ordentlike gesinseenhede. Hulle stuur die kinders na goeie skole. Hulle laat die kinders aan sport deelneem. Hulle laat die kinders sien ​​dat dit moontlik is om ‘n normale lewe te lei.

Ek het al ‘n aantal pragtige, slim kinders daar ontmoet.

So?

Ek is een van die 16 000 mense wat julle gaan nodig hê. Wanneer ek Harisson Flats tref en my bene nie meer wil nie, gaan ek myself vertel daar is vriende wat vir my skree. Ek sal julle dan baie waardeer.

Ek is nie spesiaal nie. Ek is baie gewoon en baie bevoorreg.

Ek het egter gekies om ‘n spreekbuis te wees vir buitengewone kinders wat minder bevoorreg is as ek.

Ek het niks van julle nodig anders as aanmoediging nie, wat ek sal koester, ek belowe.

Die kinders in die Durbanville Kinderhuis is egter baie spesiaal en hulle het baie meer hulp nodig as wat ek op my eie kan voorsien.

Vir hulle vra ek skenkings. Vir hulle vra ek: Teken in op hulle nuusbrief. Vir hulle vra ek: As jy enigsens kan, skenk asseblief nie-bederfbare kos? Hulle het dit dringend nodig.

Hier is meer inligting.

6 antwoorde op Why? / Hoekom?

  1. Sterkte! Sal aan jou dink. Jy doen wonderlike werk vir die kinders wat uit omstandighede kom wat hulle nie verdien nie. Ons was ok vir jare by Durbanville kinderhuis betrokke. Ons was ‘n groep wat jaarliks hul skoolskryfbehoeftes voorsien het en gereeld klere geskenk. ‘n Gesin in ons familie het ook een van die kinders daar in pleegsorg geneem. Ongelukkig het sy geddragsprobleme openbaar wat nie net die huisgesin wat hulle oor haar ontferm het nie maar ook haar onderwysers en die hele familie wat hul harte en sakke vir haar oop gemaak het skade berokken het en moes sy terug gaan. Dit wat aan haar as kleindogterjie gedoen is in haar ouerhuis het te groot letsels gelaat en sy moes spesiale terapie kry. Bly nog vir ons ‘n baie hartseer storie. Mooi loop. Jy maak ‘n verkil.
    Magriet Rossouw

    • izakdv het gesê op Mei 28, 2015

      Hallo Magriet. Ja, daar is hartseerstories ook. En dit is hoekom dit so wonderlik is dat hulle ten spyte van alles sulke wonderlike, positiewe werk doen.

  2. Ek hou duime vir jou vas. Hoop jy het ‘n paar Boererate vir seervoete na so ‘n moordende wedloop.

  3. Antjie Kat het gesê op Mei 30, 2015

    Ek het ‘n ‘army’ raat, maar ek dink dit is reeds te laat om daarmee te begin. Smeer jou voete elke aand met spirits. Dit was eintlik om nie blase te kry nie met ‘boots’. Alles van die beste vir jou en die goeie saak.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.