Profile photo of izakdv

by

Soos familie

Mei 12, 2015 in Uncategorized

Ek was vanaand by die Book Lounge waar Ena Jansen ‘n verhoog gedeel het met Sindiwe Magona en Antjie Krog. Dit het gehandel oor Ena se nuwe boek Soos familie, stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste. Ek kan nie wag om te begin lees nie, want die gesprek was so interessant.

Selfs beurtkrag kon nie die atmosfeer demp nie.

Drie formidabele skrywers op een verhoog.

Dit is ‘n dik boek, maar Ena sê sy het hard gewerk daaraan om dit soos ‘n storie te laat vloei. Dit is nie ‘n swaar teks om te lees nie.

Ena teken Dan Sleigh se boek.

Joan Hambidge en Ena.

Die gesprekke ná die tyd is altyd interessant. Hier is Suzanne Hotz saam met Sindiwe. Suzanne vertel toe oor haar eie ma: “She broke through the colour barrier long before it was fashionable, but she never managed to break through the class barrier.”

Pamela Pattynama, Ena se lewensmaat, is ‘n akademikus in eie reg.

1 antwoord op Soos familie

  1. VozSola het gesê op Mei 19, 2015

    ag gee,,,,ek is soooo jaloers!!!
    Kan ekke die boek op my wens-lysie sit?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.