Jy blaai in die argief vir 2015 Januarie.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Warm rissies, roekelose partytjie!

Januarie 30, 2015 in Uncategorized

15 01 29 mojo_006 epos

Dit is verbasend wat ’n klompie rissies aan ’n foto kan doen.

Canon 5DmkII & Canon EF 16-35mm f2/8L USM

1/30 f7. ISO100 (35 mm)

Die rooi van die rissies is toe in Photoshop gebruik om die rooi vir die letters te verskaf. (’n Mens gebruik die toetsbuisie om die kleur van die rissie te kry.)

Dit is birdseye-rissies. Ek het die ander dag daarmee gekook. Heerlik, maar warm. Al het ek my hande deeglik gewas, was een oog ’n vuurbol toe ek per ongeluk daaraan raak met my vingers. Ek hoop nie Kristel Loots raak so warm daardie aand nie! Ek sal maar vir Elias P. Nel ’n brandblusser moet gee as wapen… Dit is darem ook rooi.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Ons almal wil ’n held hê

Januarie 28, 2015 in Uncategorized

onder 'n sterrehemel

Ek het aan Bets Smith ’n paar vrae gevra oor haar jongste tweeluik wat tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog afspeel. Soos in d louw se eMajuba, is daar in Onder ’n sterrehemel ’n vroulike spioen wat opduik.

Die volgende boek, Goue dagbreek, verskyn vroeg in Februarie.

Terloops: Net die ander dag skryf Rudie van Rensburg oor die helde van sy kinderdae en die helde wat hy vandag koester. Lees dit gerus.

 * * *

Izak: Jou eerste voltydse werk was in die weermag se dokumentasiediens waar jy navorsing gedoen het oor die land se weermaggeskiedenis. Ek sien gereeld hoe die oorlog of die geskiedenis neerslag vind in jou boeke. Wil jy iets daaroor sê?

Bets: Wat betref my werk by die weermag, is dit moeilik om te sê wat het eerste gekom: die oorlog of die geskiedenis? Ek was nog altyd lief daarvoor om spanningsverhale en oorlogsromans te lees en het nog altyd ’n voorliefde vir die geskiedenis gehad. Geskiedenis was een van my hoofvakke vir my graad. Toe ek besluit om honneurs in geskiedenis te doen, moes ek in Pretoria aanbly en, omdat ek beslis nie ’n pos sou kry nie, het ek op aanbeveling van een van my dosente, by die SAW se dokumentasiediens aansoek gedoen vir ’n pos. Soos dit maar gaan, het een ding gelei na ’n volgende.

My eerste poging was ’n storie oor die grensoorlog, maar omdat dit in 1994 ingestuur is, was die politieke klimaat nie reg daarvoor nie. Gert Basson by JP Van der Walt-Uitgewers (nou Lapa) het my aangemoedig om aan te hou skryf, en die res is geskiedenis.

My liefde vir geskiedenis slaan maar gereeld uit in my stories, en ook die ondervinding wat ek in die weermag opgedoen het. Terloops, daardie eerste poging van my is verbuig en verander en verplaas na Nigerië en het later verskyn as Dodelike Fokus.

 

Izak: Onder ’n sterrehemel en Goue dagbreek het die Anglo-Boereoorlog as milieu. Ek vind dit interessant dat ons die afgelope paar jaar so ’n oplewing beleef in boeke oor hierdie tyd. Die onlangse honderdjarige vieringe het daarmee te doen, maar dink jy die Afrikaner is weer reg om helde en heldinne te hê?

Bets: Jy is reg: My oorlogsromans het in 1999 begin groei toe die herdenkingsverhale begin verskyn het. Ek het eintlik begin met die tweede storie, Goue Dagbreek, maar Chanette Paul het my aangemoedig om die voorafstorie in ’n aparte roman in te werk. Dit is hoe Onder ’n Sterrehemel ontstaan het.

Om jou eintlike vraag te beantwoord: Ek dink dis nie net die Afrikaner wat weer reg is om helde en heldinne te hê nie, maar almal in die wêreld. Leiers is nie meer werklik mense om na op te sien nie, omdat die massamedia al hul foute en gebreke uitwys en almal ontnugter. Aan die ander kant is Afrikaners dalk bietjie meer romanties (of idealisties?) as waarvoor ek hul krediet gee. Ons, meer as die res van die wêreld, het ons leiers op troontjies geplaas, of deur ’n pienk bril bekyk, en nou hang ons in ’n lugleegte met die behoefte om weer iemand te hê wat die Afrikaner weer na ’n gerespekteerde nasie sal laat voel.

 

Izak: Jou vrouekarakters staan nie terug vir die mans in hierdie oorlog nie. Hoekom nie?

Bets: Miskien is hierdie behoefte, om ’n held of heldin te hê, een van die redes waarom Catriona in my oorlogsromans gegroei het tot wie sy was. Catriona se karakter het ontstaan en gegroei rondom die spioenasiewerk van die jong vrou, Johanna Van Warmelo / Brand, wat destyds dagboek gehou het van haar hulp aan die sogenaamde Oorlogskommissie en haar oorlogsherinneringe neergeskryf het. Dit is verwerk tot Die Kappiekommando (The Petticoat Commando).

Die karakter van Hannie, my heldin se vriendin in die tweede oorlogsroman, is losweg gebaseer op die lewe van Johanna van Warmelo, die dogter van ds. Van Warmelo van die Hervormde Kerk se gemeente in Pretoria. Die jong dame het beslis nie nodig gehad om terug te staan vir enige man nie, en ek begin vermoed geeneen van die vroue wat in daardie oorlog uitgestaan het, het nodig gehad om terug te staan vir mans nie.

 

Izak: Jy is nou al in die onderwys vir byna dertig jaar. Skryf jy om te vlug van die alledaagse, of juis om dit wat jy om jou sien, te verwoord?

Bets: Jou laaste vraag is miskien die moeilikste een om te beantwoord. Die idealistiese en slim antwoord sou wees dat ek as onderwyser skryf om dit wat ek van die alledaagse lewe sien, te verwoord (soos jy dit stel), maar daar is niks slim aan my skrywery verbonde nie: ek skryf eenvoudig om van die aaklige dele van die werklikheid te ontvlug, nes mens ook lees om te ontvlug.

Skryf weerhou my daarvan om totaal van my trollie af te raak in die sleur en rompslomp van werk en oorleef. Ek skryf omdat dit my manier is om in beheer te bly: ek kan ten minste my karakters manipuleer soos ek wil (wel, ek kry dit meestal reg om hul rond te skuif!). Ek kan ook gebeure manipuleer, die lewe mooier verf as wat dit is, en ek kan die uiteinde van die storie bepaal (en myne eindig altyd ‘happy’).

As ek wel dít verwoord wat ek elke dag rondom my sien, is dit miskien die deursnee mens (ja, ook die tiener) se begeerte om iets wat mooi en goed en navolgingswaardig is, te skep of te beleef, of te wees.

* * *

Bets het verlede week ’n onderhoud aan Esté Meyer Jansen toegestaan. Kliek hier om dit te luister.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Moffie, die dansproduksie

Januarie 27, 2015 in Uncategorized

moffiemain (1)

André Carl van der Merwe is al ’n slag beskryf as die “Die Camel Man.” Dit was ’n gay man wat so gesê het en dit was bedoel gewees om te toon dat hierdie kêrel harder en verhewe is bo gewone gays…

moffie_2

Ek het gewonder of dié knaap, wat dié woorde gespoeg het, Moffie gelees het. Hierdie boek is so goeie vertelling van verwonding dat Niel le Roux in Burger geskryf het: “Hierdie roman behoort deur elke Boetman – gay of straight – wat in die weermag was, gelees te word.”

Presies. Dié van ons wat die bruin uniforms gedra het, kon Moffie geniet, selfs al was ons nie almal gay nie.

Dit is presies hoe ek vanaand gevoel het toe ek Moffie, die dansproduksie, gaan kyk het. Daar is vier mans en twee vroue op die verhoog – wat opsetlik die geleentheid laat vir heteroseksuele afparing. Daar is inderdaad suggesties dat die karakters aan die begin probeer om straight te speel, maar helaas.

Die dansvertoning beeld uiteindelik die selfmoordtoneel van die jong man uit, maar betrek ander aspekte van die boek ook.

Die musiek is iets om te beleef. Hier is ‘n moderne boléro in wat klink of dit weggeloop het uit Kerneels Breytenbach se Glimlag; R4-skote en tromslae… Genade. Ek het Spoek Mathambo al op sy sintetiseerder beleef, maar vanaand se boléro sou hom groen maak van jaloesie.

Dit stuk wys nog tot Saterdag in die Artscape.

Ek was nogal skepties, maar ek het dit baie geniet.

Hier is ‘n videogreep waarna julle kan kyk.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die huwelik tussen botter, suiker en meel

Januarie 26, 2015 in Uncategorized

101 kleinkoekies

“Daar is iets magies in die huwelik tussen botter, suiker en meel,” sê my geliefde terwyl sy die deeg meng en regmaak vir die oond. Haar wange is rooi van opwinding. Sy hóú daarvan om lekker te bak.

As julle meer van hierdie boek, of van Nettie Cilliers bakmetodes wil weet, moenie haar optrede by die US Woordfees misloop nie. Nettie gaan ’n demonstrasie doen by die Woordfees en die befaamde Stellenbosch-sjef, Susina Jooste sal haar invra omtrent haar geheime.

9 Maart 10:00 | Die Khaya | 50min | R50

Nettie en Susina se optrede is deel van ’n splinternuwe kategorie wat Madri Victor begin het op die US Woordfees. Hulle noem dit Van die spens tot op die skaal.

* * *

Vir amper ’n week het die geliefde elke aan Nettie Cilliers se 101 kleinkoekies bed toe geneem en soos ’n storieboek gelees. Uiteindelik was sy reg om te begin bak. Die res van ons het watertand op die resultate gewag.

nettie elma bak 01

Uit ons kombuis

Ek volg nou al vir meer as ’n jaar die dieet wat Tim Noakes deesdae propageer, so ek eet so min as moontlik koolhidrate. Meel en suiker is beslis nie op die spyskaart nie. Ons kinders, hulle vriende en die bure is egter nie op dié dieet nie, so die geliefde het haar ingeleef in die genot van kleinkoekies. Glo my, toe daardie koekies uitkom, het ek ook een van elke baksel geproe – die res van die dag het ek my koolhidrate mooi beperk.

Die boek is baie mooi uitgelê. Elke resep kom met ’n foto en baie duidelike instruksies.

nettie beskuit

Nettie Cilliers se volgelinge sal haar ken as die skepper van 200 Beskuit en Biscotti-resepte en die pragtige boek Ek sou kon doen met ’n pampoen.

ek_sou_kon_doen_met_n_pampoen

Kom word gerus deel van die saampraat en die saameet by die Woordfees:

9 Maart 10:00 | Die Khaya | 50min | R50

(Kliek op die resepte op hulle groter te maak)meuslistafies

* * *

Ek het die ander dag ’n kort onderhoud met Nettie gevoer.

nettie cilliers

Foto verskaf

Izak: Jy lyk nie soos iemand wat vreeslik baie soetgoed eet nie. Hoe bly jy so fiks en gesond?

Nettie: Dankie vir die kompliment! Moenie glo nie, ek vrek oor soetgoed, punt. Ek eet darem nie elke dag soetgoed nie, maar moet erken … ek hou my maar in. My ma het altyd gesê: “Solank daar soetgoed in die huis is, eet Nettie nie kos nie!”

Nettie Allegrokoekies

Izak: My geliefde sê daar is iets magies aan die huwelik van botter, suiker en meel. Waar het jy leer lief raak hiervoor?

Nettie: Natuurlik by my ma! Sy was ’n bekende koekie- en beskuitbakster in Gobabis (Namibië), waar ek grootgeword het. Ek is die oudste dogter en moes altyd help, tot ek later Huishoudkunde gaan studeer het by die Kovsies. Ek is toe met ’n boer getroud in die Noordkaap, op Douglas. Ek het toe ook voortgegaan met ma se voorbeeld en het gebak vir die tuisnywerheid op die dorp. Ek is steeds baie lief vir bak en kook en leef my uit in die fynproewersgilde wat ek 25 jaar gelede in Douglas begin het.

Izak: Van die resepte in die boek is volksbesit, maar geen twee stoere boertannies se resepte is eenders nie. Hoe kies jy ’n resep vir ’n boek soos hierdie?

Nettie: As jy so baie bak soos ek, probeer jy baie resepte, soms tot jy een kry wat vir jou lekker smaak en mooi lyk. Ja, die mooi lyk is nogal vir my belangrik – net soos die smaak – dit gaan eintlik hand aan hand. Dit help nie dit lyk net mooi en smaak nie besonders nie.

Gelukkig kon ek al die koekieresepte uittoets toe my kinders nog in die koshuis was. Ek het letterlik amper ’n jaar lank koekies gebak in al my vrye tyd, want elke resep wat ek gebruik, is getoets en aangepas tot dit vir my reg is. Die kinders het dit geniet en al die maats in die koshuis het help proe en opeet aan al die baksels.

Izak: Die boek is verskrikklik prakties. Ek is lief vir kook, maar bang vir bak. Tog, jy maak dit so maklik dat selfs ek verstaan. Waar kry jy die insig om só te skryf?

Nettie: Ek is so bly jy voel dat die boek prakties is, en dat dit maklik verstaan word. Dit was die hele bedoeling. Bestanddele is net te duur om onnodige foute te maak. Foute kan gebeur as ’n resep byvoorbeeld nie getoets is, of nie mooi verduidelik word nie.

Nou moet ek ook noem, hoe meer jy iets doen, hoe beter word jy daarmee. Jy vra waar kry ek die insig om so te skryf? Seker maar die huishoudkunde-agtergrond saam met die liefde vir die saak? En, onthou, ek het geleer vir ’n “juffrou”! Ek wil graag mense leer en wil hê dat hulle dit moet regkry!

nettie kersiehawermoutkoekies

Izak: Watter een uit hierdie 101 resepte is jou gunsteling?

Nettie: Almal is eintlik my gunstelinge! Onthou die 101 is gekies uit omtrent 300 resepte wat ek uitgetoets het.

As ek vinnig moet sê, dan sal dit sekerlik die outydse mincepies wees. Dit is so lekker, effens opgewarm in die oond en versiersuiker oorgesif, veral in die Kerstyd!

* * *

In hier tree Izak de Stout in. Nettie moet my maar verskoon, maar my seun, wat die meeste koekies opgeëet het, kommunikeer deesdae met my deur my video’s te laat kyk op YouTube. Ek kan dus nie help om Chip Chocolate se Cookie Dance met julle te deel nie. Wees gewaarsku, mense van my ouderdom sukkel om dit te verstaan, maar as jy kinders of kleinkinders het, sal hulle weet van. Nettie se boek het boonop die lekkerste Chock Chips in. Ek het geproe, Banting ten spyt.

chip Chocolate

Dan was daar Giel se passievolle verlange na ’n man wat kan Hertzoggies bak. Nettie se 101 kleinkoekies het ’n Hertzoggieresep in wat selfs ’n man kan leer bak.

Profile photo of izakdv

by izakdv

eMajuba, ’n baie gebalanseerde teks

Januarie 22, 2015 in Uncategorized

emajuba

Ek was baie aangenaam verras met Dawie Louw se roman, eMajuba. Dit is ’n vars, nuwe blik op die Anglo-Boereoorlog, maar ook ’n teks wat verskeie generasies van vryheidsvegters in die Suid-Afrikaanse samelewing ondersoek, waaronder MK. Selfs die Ierse Republikeinse Leer word betrek.

Ek sal my bes doen om nie te veel van die storie weg te nie, maar enige een wat nog twyfel: Lees dit! Dit is oor en oor die moeite werd. Ek sien die boek begin op Goodreads ook spoed optel, en met reg.

Koop dit en lees dit, dan kom julle terug en kyk of julle met my idees saamstem. As julle egter meer wil weet, goed, ek sal probeer om nie die pret te bederf nie.

Terloops, in die boek is die outeur net bekend as d louw, heel funky.

d louw

Dawie Louwe saam met Madri Victor van die US Woordfees. Dawie praat om 12 Maart, 12:00, in die Erfurthuis met die bekroonde radiopersoonlikheid, Iris Bester, tydens die Woordfees. Die koste is net R40. Moenie dit misloop nie!

 

Die oorlog in moderne letterkunde

Die Anglo-Boereoorlog is nog lank nie uitgewoed in die psige van die Afrikaner nie en die afgelope ruk het uitstekende boeke rondom hierdie tema ontstaan, dink maar aan Kamphoer van François Smith, Sirkusboere van Sonja Loots en Fees van die ongenooides deur PG du Plessis.

Nou het Dawie Louw sy eMajuba hierby gevoeg en Bets Smith se pas verskene Onder ’n sterrehemel moet ook bygetel word.

Elkeen van hierdie tekste ondersoek ’n ander hoek en eMajuba betrek sommer ’n aantal ander oorloë ook.

 

Die storie in ’n neutedop

Die verhaal begin in die hede met die aankondiging dat ’n verkragtingsaak teen die stinkryk Boris de Beuck teruggetrek is. Nóg ’n ryk man loop skotvry weg ná hy ’n vrou wreed aangerand het.

Dié keer het Boris egter die verkeerde meisie oorrompel. Nelia is ’n kuberkenner en sy werk veral op die voorkoming van kuberterrorisme, daarom het sy egter ook toegang tot stelsels wat die meeste kuberkrakers se oë sal laat traan van begeerte. Nelia gaan haarself laat geld. Boris en die ander vennote van DBR moet maar net weet hulle stelsels sal nie teen háár kan staande bly nie.

Nelia kry ook steun vanuit ’n onverwagse oord: Ene Retief Boshoff kontak haar en bied sy hulp aan. Hy is ’n geskiedkundige en hy het boonop ’n historiese wrok teenoor die De Beucks: Sy oumagrootjie is tydens die Anglo-Boereoorlog wreed verkrag en die gesin glo dat ’n De Beuck van die buurplaas moontlik verantwoordelik was. Die ergste van alles is dat die De Beucks joiners was. Hulle plaas het dus gedy tydens die oorlog terwyl die Boshoffs alles verloor het.

Terwyl Nelia dus werk aan ’n wraakaanval op Boris de Beuck se maatskappy, is Retief Boshoff besig om stap vir stap sy eie geskiedenis, en dié van die De Beucks, aan Nelia op te dis.

Retief se eie pa en ma was ANC-kaders, terwyl Boris de Beuck se oom hom by die weermag aangesluit het.

Meer wil ’n mens nie verklap nie. Lees die boek.

 

Die belang van Majuba

Daar is ongelukkig twee besliste kampe onder Afrikaanses rakende die twee Vryheidsoorloë wat deur die Boere geveg is.

  1. Die eerste kamp toon ‘n matelose verering vir alles wat suiwer en wit is in die Afrikaanse geledere en daarmee saam dra hulle steeds ‘n wrok teen alles wat Engels is, dan haat hulle boonop swartes ook, want swartes het glo die Engelse gehelp tydens daardie oorloë.
  2. Die ander, liberale, kamp skaam hulle gewoonlik vir die regses en verkies daarom om so min as moontlik te doene te hê met die twee Vryheidsoorloë en alles wat daarmee gepaard gaan.

Praat jy met die eerste kamp, was daar slegs ongelooflike heldhaftige mense aan Boerekant, en die Engelse was massamoordenaars. Die tweede kamp weier weer dikwels om heldhaftige aksies aan die Boere toe te dig en taamlik gereeld word daar smalend verwys na lafhartigheid en onbeholpenheid aan Boerekant. In tweede kamp is daar ook ‘n ongemak om veel te wil weet oor die konsentrasiekampe en daar heers meestal ‘n totale apatie jeens die feit dat ‘n klein handjie vol ongeskoolde soldate die magtige Britte kon aanpak en ontsettend goed kon doen teen hulle.

Blameer dit apartheid, maar ek was vir lank in die Tweede Kamp. Ek kon en wou my nie met die regse takhare vereenselwig wat die vierkleur uitpluk en haat verkondig teenoor alles wat nie suiwer wit en Afrikaans is nie.

Vreemd genoeg het ’n aantal liberale Engelse vriende my aan die lees gekry oor die Vryheidsoorloë en so het ek raakgesien dat daar nié in kampe gedink hoef te word nie. Ek hou my steeds nie op met die vierkleurswaaiers nie, maar ek begin verstaan dat talle wit en swart Suid-Afrikaners baie opgeoffer het tydens daardie Anglo-Boereoorloë. Ek kan ook al hoe meer parallelle raaksien tussen die konsentrasiekampe en die manier waarop Israel deesdae die Palestyne hanteer.

Hoe meer ek die konteks raaksien van wat in die kampe gebeur het, hoe makliker is dit vir my om die psige van die Boerevegters te probeer verstaan. Had ek toe geleef, sou ek beslis ook die Britte wou moer.

Tog, hoe meer ek lees en verstaan wat daar gebeur het, hoe kwater word ek vir Malaniete wat ‘n paar dekades later die loutere snert van rassesegregasie begin koppel het aan die Boereoorlog.

Die Nasionaliste van doerie tyd het die swart mense se lyding tydens die oorlog heeltemal geïgnoreer en het wit mense gebreinspoel om hulle te laat glo in sogenaamde suiwerheid.

Nou, na ek vir baie jare nie veel wou weet oor die Anglo-Boereoorlog nie, het ek besluit om nie daardie geskiedenis uit te verkoop aan die regses nie. Ek lees nou weer daaroor. Ja, daar was talle lafaards. De la Rey was byvoorbeeld nie sterk leier nie en het hom die hele tyd deur die ou bedrieër, Siener van Rensburg, aan die neus laat lei, maar daar was ook uitstekende krygers onder die Boere en honderde heldhaftige, ongeskoolde Boere wat onverskrokke teen ’n oormag geveg het. Wat meer is, daardie ongeskoolde Boere het met die slag van Majuba iets reggekry wat net die Amerikaners nog kon regkry: Hulle het die magtige Britse Ryk bloedneus geslaan.

Die Eerste Anglo-Boereoorlog was ’n laagtepunt in die Britse Ryk en dit is waarom hulle soveel geld, hulpbronne en mense in die Tweede Anglo-Boereoorlog gepomp het. Die realiteit is egter dat hulle nie die tweede oorlog kon wen op ’n konvensionele manier nie, daarom dan die barbaarse taktieke wat die afbrand van plase en die interneer van vroue en kinders ingesluit het.

In beide hierdie oorloë was daar puik mense, mans en vroue, wit én swart, wat hulle alles gegee het om die Britte te verslaan. In eMajuba is daar byvoorbeeld ’n vrou wat as spioen optree. Bets Smith se Onder ’n sterrehemel het ook so ’n karakter. Daar wás sulke vroue. Bets skoei haar spioen op die ware verhaal van die vrouevegter Johanna van Warmelo.

 

Die belang van eMajuba, die kuberslag

In d louw se eMajuba vind daar inderdaad ’n eMajabu plaas. Die magtige Britse ryk word baie hard geslaan deur ’n aantal vasberade Suid-Afrikaners, maar hóé moet julle maar self lees. eMajuba moes die wrede sterftes in die konsentrasiekampe wreek. Nou, maar as ’n honderd jaar later, was daar weer iets wat die Britse koningin kon laat sweet.

 

Die belang van eMajbu, die boek

Die grootste krag van eMajuba is dat dit die Anglo-Boereoorlog uit die hande van suiwer, wit Afrikaners haal. Die tweede Majuba word behaal deur mense wat alles behalwe “suiwer” is, tog is hulle Afrikaans.

Wat meer is, die teks betrek ANC-kaders as positiewe rolmodelle – Chris Hani is byvoorbeeld ’n gesiene man in hierdie teks.

Ek is baie positief oor eMajuba, want, soos met Chanette Paul se Ewebeeld, word die lot van vroue ook hier deeglik ondersoek.

Ek is, terloops,  skepties is oor die kwantummodel wat die kuberspesialiste gebruik, maar nou ja, gelukkig sou slim kuberkruisvaarders dieselfde kon regkry met meer konvensionele wapens, so die storie self val glad nie plat nie, dit is maar ’n slim sci-fi-speletjie. Nelia erken op bladsy 182 dat sy uiteindelik meer “konvensionele kuberkraakmetodes” ook inspan.

 

Dus?

Dus, lees die boek. Dit kry met reg baie goeie resensies. Ek het dit baie geniet.

 

Onthou die Woordfeesoptrede

12 Maart 12:00 | Erfurthuis | 50min | R40

Profile photo of izakdv

by izakdv

Waar sit my vrou se mojo?

Januarie 20, 2015 in Uncategorized

katerina se mojo

Katerina se mojo gaan oor ’n vrou wat besef haar lyf wil nog, maar haar man is lewensmoeg.

Wanneer hy wil Kanada toe, sien sy nie kans nie.

Die vraag is, kan haar man haar red of moet sy haarself red?

Ek het Katerina se mojo gelees.

Ek dink manne moet ook maar uitvind oor hulle eie vroue se mojo.

Nou ek is ’n man, sien, so toe dink ek: Dalk moet ek by Kristel ’n paar wenke kry. Ek hoop die ander manne lees hierdie onderhoud; en Katerina se mojo is ’n lekker storieboek, so dalk moet hulle dit ook sommer lees. Jy sal nooit weer ’n stuk broccoli in die oë kan kyk sonder om aan hierdie teks te dink nie.

kristel loots

Foto: L’Atelier Fotografieateljee

 

Izak: Waar sit my vrou se mojo?

Kristel: Ag, as meer mans maar kon weet waar ’n vrou se mojo sit! Dis die versugting van soveel vroue wat probeer oorleef met mans wat jare lank al lomp en verbete op verkeerde plekke daarna soek omdat hulle niks weet van ’n vrou se binnewerke nie.

Dis tog so eenvoudig. ’n Vrou se mojo sit natuurlik in haar kop. En haar hart. En natuurlik is dit ook goed gesetel in haar lyf, hoe dan nou anders? Maar dit sal meer as ’n blote biologieles neem om dit vir die meeste mans te leer.

Hoe-om-jou-huwelik-te-red-boekies probeer nou al jare lank vir al wat man is verduidelik dat ’n vrou met haar eie ore wil hoor dat jy vir haar lief is. En dat sy dit met haar eie oë wil sien. En nee, die grotmanmetode het nie eens in die oertyd gewerk nie.

Daar is mans wat meer troetelnaampies vir hul honde het as vir ‘die vrou in die kombuis’. Fluister gerus sweet nothings in haar ore wanneer sy dit die minste verwag, of verras haar met ’n skelm soen in die nek terwyl sy haar voor ’n warm stoof staan en afsloof en haar mojo ontwaak dalk uit die diepe koma waarin jy dit geplaas het.

’n Lojale man wat hom nie teen ’n lamppaal vasloop wanneer daar ’n blondine op stelte verbykom nie, een wat genoeg finesse het om sy gedagtes vir homself te hou, is steroïede vir ’n vrou se mojo.

’n Man wat sy arm om sy vrou se skouers slaan wanneer sy koud kry, selfs langs die braaivleisvuur waar sy pêlle kan sien watter softie hy eintlik is, wakker ’n mojo aan wat oënskynlik al aan die aftree was. Want eintlik raak ’n vrou se mojo nooit buite werking of oud nie, dit vergader net stof omdat dit in onbruik raak.

If you don’t use it, you lose it. ’n Mens wil tog nie met jou mojo mors nie. Om dit rond te swaai vir ’n man wat dit nie eens raaksien nie, is om pêrels vir die swyne te gooi.

 

Izak: Hoe kan ek my vrou se mojo beskerm?

Kristel: ’n Vrou se mojo ís baie broos en, feminisme ten spyt, is dit gewoonlik maar ’n man wat daardie mojo in full force all-systems-go na vore laat kom. Maar dis dikwels ook die einste liefde in haar lewe wat ’n vrou se brose mojo in skerwe kan laat spat. Soms met opset, maar partykeer ook uit onbeholpenheid, onkunde en plein onnoselheid. In Katerina se mojo het die liewe Simon op ’n stadium ’n draai by die bloemiste gaan maak. ’n Uitstekende plan. As hy vir Katerina ’n bos blomme sou laat aflewer, het haar mojo ’n baie nodige boost gekry. Maar toe besluit hy in sy voortvarende manlike stompsinnigheid om haar op ’n ander manier te verras. Behalwe dat Katerina Simon se alternatiewe geskenk met mening en afsku in die asblik wou werp, is sy ook diep seergemaak deur sy gebrek aan insig. (Sug!) ’n Vrou se mojo kan voorwaar sleg verniel word in die roekelose hande van ’n man.

Iemand behoort dit vir elke man op aarde te verduidelik dat selfs al staan jou vrou 20, 30 of meer jaar met ’n voorskoot om die lendene gegord in jou kombuis, is sy nog steeds nie deel van die meublement nie. En so terloops, selfs ’n meubelstuk moet gekoester en af en toe gepoets word as jy dit nog lank wil gebruik. Hou ook in gedagte dat die meubels wat jare gelede aanmekaar getimmer is toe goeie vakmanskap nog gegeld het, gewoonlik langer hou as “die pléstiekgoed van vandag wat almal made in China is.”

’n Man wat weet van ’n vrou se mojo en omgee daarvoor, sal weet watter antwoord om te gee op die vraag: “Laat hierdie rok my vet lyk?” Sonder om ’n leuen te vertel en so sy vrou se vertroue in hom te skaad. “Maar liefie, hoe dan nou anders? Jy ís dan vet,” is helaas ook nié die beste manier om ’n vrou se mojo te aktiveer nie.

 

Izak: Het ek ook ’n mojo?

Kristel: Ja, net jammer die meeste mans verstaan nie die meganisme daarvan nie en weet dus nie wat om daarmee te doen nie. Ek sou graag wou sê dat ’n man se mojo direk verband hou met sy vrou se mojo. As my mojo en jou mojo bymekaar uitkom, kan dit in ’n moewiese mojo ontaard.

Maar daar ís mans, ver en wyd en dun gesaai, die onweerstaanbare George Clooney-tipes, wat ’n mojo uitstraal wat jou verblind – heeltemal op hul eie. Natuurlik het voorkoms baie daarmee te doen, maar dit strek heelwat verder. Dis sy ‘smoothness’, ’n sekere ondeundheid in die diep-donkere geheimsinnige oë, dis die brute krag wat uit hom straal. Mans soos daardie het mojo par excellence! Mans met mag kan met ’n vrou se mojo toor.

Dit gaan daaroor dat ’n vrou veilig voel by so ’n man. Asof sy, met haar mojo in haar skoot, maar net agteroor kan sit terwyl hy die drake vir haar verslaan. En dit lag-lag doen terwyl hy so tussendeur ’n koffietjie sluk. Daarom staan die skoonhede, mojo in die hand, tou om sý mojo in te adem.

Ek dink dis wat Simon aanvanklik vir Katerina was – ’n ridder met ’n mojo. Maar dit was lank, lank gelede…

 

Izak: Die titel, Katerina se mojo, trek nogal die aandag, maar daar is tog ’n tikkie mistiek aan. Wat het jou daarop laat besluit en hoe belangrik dink jy is die titel van ’n verhaal?

Kristel: O, baie belangrik. Die titel is die eerste wat jy sien of hoor van ’n boek. Die titel en die omslag en die hele verpakking van die boek as ’n produk, kan daardie boek maak of breek. Dis waarom uitgewers en medewerkers so ’n groot rol speel in die sukses van jou boek. Ek skryf bloot die storie, die woorde is myne, maar die res van die boekmaak word gedoen deur hierdie dikwels onbesonge agter-die-skerm-werkers.

Dit gebeur blykbaar dat lesers soms na ’n geskikte boek soek op Google of ’n ander soekenjin. As jy ’n moordverhaal skryf sal woorde wat verband hou met bloed en derms in jou titel natuurlik help dat lesers by jou boek uitkom. So is daar ook ’n paar woorde wat lesers van ’n liefdesverhaal nader sal lok. Die titel moet verband hou met die inhoud van die boek en dis veral waar vir nie-fiksie. As jy oor skroewedraaiers wil lees, moet die woord skroewedraaier verkieslik in die titel wees.

Maar ek dink as jy fiksie skryf hoef die titel nie alles so presies uit te spel nie. Daar moet juis iets in die titel wees wat die leser nuuskierig maak, ’n tikkie misterie, sodat hy of sy sal wonder: Nou waaroor gaan hierdie boek nou eintlik? ’n Titel moet met jou leser se kop speel om haar nader te lok.

 

Izak: ’n Mojo is nie iets wat ’n mens normaalweg verwag om in ’n liefdesroman se titel se sien nie. Dis mos iets soos ’n gelukbringer, ’n talisman. Hoe bring jy die storie uit by Katerina se mojo?

Kristel: ’n Regte, egte mojo is glo ’n toorsakkie vol goetertjies wat in voodoo gebruik word, maar dis nou nie eens naastenby waaroor ek skryf nie. Daar is nie ’n perdehoef óf ’n haaspootjie êrens in die boek te vinde nie.

’n Vrou se mojo is iets heeltemal anders, maar daar kleef ook iets geheimsinnigs aan. Jy het dit of jy het dit nie en jy kan dit ook nie koop of by iemand leen nie. Dis iets soos… dis jou sjarme, jou oemf, jou woema, jou sprankel, daai ding, die eks-faktor waarsonder geen vrou wil wees nie, ’n sekere energie.

Solank as wat jy jou mojo het, is jy “in the zone” en jy leef voluit. Jy’s op ’n high. Maar jy kan jou mojo verloor as jy nie versigtig is nie. En dis… terrible.

Dis ’n sinkende gevoel as jy besef jy het dit verloor.

Die titel van die boek het eers ’n paar wilde draaie gemaak voordat daar op Katerina se mojo besluit is. Aanvanklik is die boek nogal geskryf onder die vaandel, 50 Fantasieë.

Maar ons wou darem nie hê sy moet gesien word as baie naby familie van “daardie ander boek” nie. Daarna is Katerina geskryf onder die titel, Broccoli is nie blomme nie. Wat iets weergee van die onbeholpenheid van ’n man wanneer hy ’n vrou probeer behaag. Maar die titel sou heel moontlik te vreemd wees en my slim uitgewers het besluit op Katerina se mojo.

 

Izak: Die feit is, broccoli ís nie blomme nie en dié stukke inligting, of dalk gebrek aan inligting, laat Katerina se mojo met ’n ernstige knou. Die lesers moet nou maar self lees, maar, in het breë, hoe kry mens jou mojo terug?

Kristel: Om jou mojo te verloor is nie heeltemal dieselfde as om in ’n depressie te verval nie. Dis net… ’n lig wat in jou doodgegaan het.

Dis wat met Katerina gebeur het, dinge wou net nie vir haar reg loop nie en daarom het dit vir haar begin voel sy het haar mojo verloor en dis ’n baie hartseer ding om te gebeur.

Ek dink die eerste stap wat jy moet neem, is om te besef dis nodig om jou mojo terug te kry en veral dat niemand dit werklik vir jou kan gee nie. Jy sal dit self moet terugkry. Soms gebeur dit dat ’n mens platgeslaan word deur tragedies wat ek my nie eens wil verbeel nie, en dan sal dit baie moeilik, indien nie onmoontlik wees nie, om weer regtig op te staan en aan die dans te gaan.

Maar die gewone dinge wat met mens gebeur, jy verloor jou werk, of jou geliefde draai sy rug op jou, jou seun druip matriek, of ’n duif blerts op jou kop, daardie tipe van ding, is iets wat verwerk moet word. En jy sal jouself moet ken om te weet hoe jy dit gaan doen.

’n Vrou in haar liefde verlaat kan maklik aflei haar mojo is nou vir altyd verlore en desperaat probeer om ’n nuwe man in haar lewe en haar bed te kry. Iets wat maklik op ’n ramp kan uitloop.

 

Izak: Ek is na aan vyftig. Liefdesverhale oor middeljariges en selfs effens ouer mense is nie so algemeen nie, maar jy doen dit. Het dit jou skryfstyl tot ’n mate beperk om vanuit die perspektief van ’n meer volwasse persoon te skryf?

Kristel: Katerina is amper vyftig. Nog nie heeltemal vyftig nie, maar baie amper en vir haar, soos vir baie vroue wat nie van beter weet nie, is dit ’n verskrikking. In ’n vrou se lewe is elke dekade wat sy betree in ’n mate ’n Rubicon. Dit vát aan ’n mens. Aan jou lyf, maar veral aan jou psige. Natuurlik is Katerina nog lank nie oor die muur nie. Deesdae is veertig die nuwe dertig en dit lyk my vyftig is ook die nuwe dertig. Katerina het beslis nog ’n groot aptyt vir dinge van die lyf. En sy het nogal ’n probleem daarmee.

Maar… sy is ook menopousaal, sy hotflush vir die vales en soms oorreageer sy dalk ’n bietjie. En dieselfde tyd wat haar hormone in ’n harwar is, is die tweeling in hul tienerfase. Daarom is die huis waarin hulle bly soms ’n oorlogsone is.

Katerina is gebore in die stuiptrekkings van die Babyboomer-era, wat beskryf word as ’n tyd toe nuwe denke baie van die ou tradisionele gewoontes uitgedaag het. Ek dink ’n mens kan dit selfs al sien in die karakter van Katerina se ma, waar die tannie eintlik die broek in die huis dra; iets waarvan Katerina glad nie hou nie omdat sy ’n besonder sagte plekkie vir haar pa het.

 

Izak: In die boek lees ons van emigrasie. Met die groot getal Suid-Afrikaanse expats wat die afgelope jare hul die wêreld oor gevestig het, is dit seker ’n baie relevante kwessie. Hoe raak dit die lewens van die gesin in jou boek?

Kristel: Radikaal. Soos vir enige werklik lewende gesin en familie. Dis dikwels die misdaad in die land en wat beskou word as die verval van sekuriteit en infrastruktuur oor die algemeen wat mense hierdie besluit laat neem. Suid-Afrikaners wat die land verlaat word dikwels ook gekritiseer oor hul keuse. In Simon se geval, sou daar selfs meer kritiek teen sy besluit kon wees en Katerina gee hom ook lekker gas toe hy, as dokter, besluit om Kanada toe te gaan. Sy eie land het dokters baie nodig en hy hardloop weg na ’n plek toe waar die sneeu vensterhoog staan.

Hiermee kon Katerina net nie vrede maak nie en dis wat die gaping tussen haar en haar man laat ontstaan het, maar daar was ’n goeie rede waarom Simon sy dokterstassie wou pak en landuit wou gaan. Ek dink dokters oor die algemeen, die wêreld oor, beleef traumatiese ervarings en ’n Suid-Afrikaanse dokter wat in ’n staatshospitaal werk, kan maklik oorweldig voel en later aan iets soos uitbranding ly.

Dis net dat Katerina nie met haar man se idees en gedagtes oor emigrasie kon saamstem nie. Daar was te veel waarvan sy sou moes afskeid neem en sy was nog nie bereid om dit te doen nie.

Om te verhuis word beskou as een van die mees stresvolle ervarings van ’n mens se lewe. Om te emigreer is soveel erger. Alles wat jy agterlaat, waarvan jou mense die grootste hartseer is. Ek dink almal wat ’n familielid oorsee het, sal identifiseer met Katerina se tweestryd en die probleme wat daarmee saamgaan om so ’n radikale verhuising aan te pak.

 

Izak: Jou vorige boek, Die ander vrou, het van jou lesers gevra om na die verhaal van die ánder vrou in ’n verhouding te luister en het hulle feitlik gedwing om simpatiek teenoor haar te wees. In hierdie geval is daar weer ’n ander vrou, maar dis iets heeltemal anders en ek sal nie die speletjie weggee nie, maar hoekom is sy hier?

Kristel: Helaas, ja. Maar dis hierdie keer ’n ander vrou van ’n ander aard. Nog iets waarvan ek dink baie van my lesers ondervinding het. In die werksplek skuur mans en vroue op daaglikse basis skouers met hul kollegas van die teenoorgestelde geslag. Natuurlik is hierdie verhouding veronderstel om suiwer professioneel te wees en dit is seker so in die meeste gevalle, maar kollegas leer ken mekaar tog ook op persoonlike vlak. Hulle gesels in die hyser of oor ’n koppie tee, hulle weet dikwels van mekaar se kinders en selfs heelwat van mekaar se persoonlike sake.

Die grootste deel van sy wakker-ure bring ’n man, in hierdie geval ’n dokter, deur saam met die mense in sy werksplek. Hulle werk is ook hul belangstelling, ’n man se loopbaan is sy lewe. En natuurlik ’n man is geprogrammeer om nie te multi-task nie. Anders as ’n vrou wat nooit regtig ophou dink aan haar kinders by die huis nie, is dit van nature dalk vir hom makliker om daardie gedagtes opsy te skuif terwyl hy in sy beroep staan. Voeg al hierdie dinge saam en ’n vrou kan soms bekommerd raak dat haar man ’n meer intieme verhouding met daardie sexy girl by die werk het as met jou. En daardie intimiteit hoef nie noodwendig fisiek van aard te wees nie.

Maar dan is dit te verstane dat daar trouble in paradise sal wees.

In ’n mate is dit ook dikwels die man se werk as sodanig wat “die ander vrou” in jou huwelik kan wees. Dis dan dat ’n vrou soos Katerina kan vereensaam wanneer haar man só betrokke raak by sy werk, dat hy skaars weet wat by sy huis en met sy huismense aangaan.

Daarom gebruik ek ook die aanhaling van Anaïs Nin voor in die boek:

Man can never know the loneliness a woman knows. Man lies in the woman’s womb only to gather strength, he nourishes himself from this fusion, and then he rises and goes into the world, into his work, into battle, into art. He is not lonely. He is busy.

 

Izak: Dit lyk tog vir my asof jy sê dat Katerina, en ander vroue, se mojo deur ’n man gedefinieer word. Gaan die feministe nie vir jou kwaad word as dít is wat jy verkondig nie?

Kristel: Ek dink miskien het die oorspronklike hard core feministe die ding verkeerd beetgehad; die ortodokse, sterk liberale feministe: “A woman without a man is like a fish without a bicycle.” Dis nie heeltemal waar nie. Ek dink soms feministe het hul bras verbrand en toe in ’n stywe, ongemaklike borsrok geklim en dis nie baie slim nie. Katerina is nie die kaalvoet-en-pregnant-in-die-kombuis-tipe nie, sy het wel ’n feministiese streep in haar. Sy wil juis nie sommer net so by Simon se planne inval nie en glo sy kan sonder hom klaarkom as dit is wat nodig is. Die ‘fish without a bicycle’-gedagte. Dit gaan vir my nie daaroor dat ’n vrou noodwendig na ’n man, soos in enige man, smag nie. Jy hoef dus nie aan jou siel en liggaam skade te doen deur vir ekonomiese of sosiale redes ’n man aan jou sy te hê nie. Jy behoort ook nie emosioneel afhanklik te wees van die Noag se ark-konsep van een man, een vrou nie.

Dit gaan dalk eerder daaroor dat daar ’n man kan wees, ’n spesifieke man wat so ’n groot rol in jou lewe speel dat om sonder hom te wil leef, sal wees om halfpad te leef. Dan jaag jy feminisme by die voordeur uit.

Selfs na ’n egskeiding is ’n goeie en gesonde verhouding met die pa van jou kinders baie nodig. Daar kan seker nooit genoeg geskryf word oor die hartseer en verlies wat met ’n egskeiding gepaard gaan nie; en hoe dit die kinders beïnvloed nie. Hulle kies tog maar kant, al doen hulle dit nie altyd openlik nie. En daar is soveel ander mense wat ook beïnvloed word wanneer ’n huwelik rotse se kant toe vaar. Wat van die skoonmense aan beide kante? Deur die jare wat jy getroud was, was jy ook deel van hul lewens en het julle dalk vir mekaar lief geraak. Ook daar kan harte oor en weer gebreek word.

 

Izak: Katerina se mojo word beskryf as ’n Romantiese Komedie. Wat is dit aan die verhaal wat dit as sodanig kwalifiseer?

Kristel: ’n Romantiese komedie, of dit ’n boek of ’n fliek is, kan beskryf word as ’n ligte en humoristiese vertelling van ’n verhaal waarvan die sentrale plot rondom ’n liefdesverhaal draai, een met ’n gelukkige einde. ’n Skrywer soos Marian Keyes is byvoorbeeld bekend vir die skryf van romantiese komedies. Tog kan niemand haar verhale afmaak as suiwer fluff nie. Sy roer soms baie ernstige temas, soos alkoholisme en siektes, aan in haar boeke.

Miskien lê die definisie van ’n romantiese komedie in die verteltrant daarvan. Die gebeure in die verhaal is nog net so traumaties soos in enige ander, maar dit word met satire of sinisme met die tong in die kies vertel om die absurditeite wat so deel van die lewe is, uit te lig.

In Katerina se ervarings is daar baie om oor te huil, maar daar is ook baie om oor te lag.

Die skoolhoof en ander stereotipe karakters wat ek so probeer skilder het, tree miskien nie altyd op soos daar van hulle verwag sou word nie. En ek hoop die lesers gaan die situasies waarin hulle beland as humoristies ervaar.

 

Izak: Die redigeringsproses en om soms oor te skryf is deel van boekmaak. Hoe ervaar jy dit en hoe nodig dink jy is dit?

Kristel: Teen die tyd dat ’n skrywer ’n manuskrip na die uitgewers toe stuur, het jy ’n gesplete persoonlikheid ontwikkel. Die een oomblik is jy seker daarvan dis die grootste klomp tjol wat nog onder jou vingers op die sleutelbord gevorm is en die volgende oomblik is jy seker daarvan dit gaan die treffer van die jaar wees en pryse wen wat nog nie eens bestaan nie.

Jy wys hierdie nuwe baba van jou, die uitgewer trek die kombersie van die gesiggie af weg en stuur vir jou ’n verslag wat sê jou baba is nie so wonderlik soos jy gedink het nie en daar’s dinge wat aan haar verander moet word.

Dis nooit lekker om te hoor nie. Oorskryf is nou eenmaal nie lekker nie. Dis soos om ’n rok wat jy klaar gemaak het, los te torring en oor te maak. Jy moet versigtig wees dat die stekies nie wys waar dit losgetorring is nie.

Ek is gewoonlik platgeslaan vir ’n dag en ’n half wanneer ek ’n manuskrip terugkry en dit nodig is om baie daaraan te verander.

Killing your darlings is ’n wrede en pynlike proses. Hoe dit moontlik is, weet ek nie, maar dis altyd daardie dele wat ek gedink het asembenewelend is, wat nie vir die redigeerder werk nie.

Maar natuurlik is dit gewoonlik nodig om aan ’n manuskrip te skaaf al het jy ook gedink jy het al klaar al die polishwerk gedoen.

 

Izak: Probeer jy deurentyd by die “reëls” van die genre bly?

Kristel: Terwyl ek skryf, vergeet ek soms ’n bietjie van die redigeerder, want anders gaan ek so geïntimideer word dat ek die hele tyd oor my skouer gaan loer, selfs wanneer die muse met my aan die dans wil gaan. En natuurlik vat ek soms kanse, ek oortree die sogenaamde reëls en hoop maar die uitgewer sal dit laat verbygaan, of selfs genoeg daarvan hou om te sê: O, dís nou oulik.

 

Izak: Skryf jy jou boeke om dit verkoop te kry of om iets van jou hart af te kry?

Kristel: Weet jy, ek skryf tog maar vir die geld én die glorie, maar ook omdat dit net eenvoudig so lekker is. Dit is wat ek in my klein hoekie doen. I am, therefore I write.

Terselfdertyd voel ek daar rus nogal ’n verantwoordelikheid op ’n skrywer om, as dit enigsins moontlik is, te sorg dat jou boeke verkoop word. Jy is dit aan jou uitgewer, wat uitgawes aangegaan het, verskuldig om nie net gelyk te breek nie, maar ’n wins te maak, sodat dit vir hulle die moeite werd sal wees om weer iets van jou te publiseer. Daarom ook is bemarking vir ’n skrywer van soveel waarde, en bekendstelling en die voorreg om oor haar boeke te gesels.

 

Izak: Jy het al ’n hele paar boeke geskryf. Waar kom jy aan jou stories? Kom hulle na jou toe aangestap? Het jy ’n sekere patroon waarvolgens jy skryf?

Kristel: Daar is ’n tydjie tussen boeke wanneer ek my van die vorige storie probeer losmaak. Gewoonlik klop die volgende storie mos aan die deur terwyl jy nog aan die vorige skryf.

In die tussenintye probeer ek ’n bietjie meer lees as gewoonlik, ek kyk fliek en die beste van alles – hou mense dop; ek luister na hul stories.

Maar eintlik is ek een van daardie skrywers wat die meeste van my inspirasie kry terwyl ek teen die wit plafon vaskyk. Daar speel die meeste tonele voor my oë af. Met ander woorde verbeelding is nog die put waaruit ek die interessantste temas en karakters skep.

 

Izak: Raak jy ooit persoonlik betrokke by jou karakters of sukkel jy om van hulle afskeid te neem?

Kristel: Ek dink alle skrywers is ’n bietjie ‘van die pad af’. Terwyl jy aan ’n verhaal skryf, kamp die karakters in jou kop en trek hulle amper saam met jou en jou gesin in jou huis in. Ek weet ek klim saans saam met myne in die bed. En soms droom ek selfs van hulle.

Skryf is magic. Soos wat ’n boek vir jou lesers ontvlugting bied, soveel te meer vir ’n skrywer. Daar is meer as een lewe te leef, al is dit net in jou verbeelding.

Ek lag en huil letterlik saam met die karakters in my boeke. Ek dink as ’n mens ’n storie so kan vertel dat jy jouself emosioneel kan raak by die lees daarvan, jouself hardop kan laat lag of aan die ween kan kry oor die toneeltjie wat jy voor jou oë sien afspeel, dan het jy, met Groot Genade, geslaag met die vertel van die storie. Die afskeid van jou karakters is nooit maklik nie, behalwe dat jy soms, soos met gewone kuiermense later gatvol kan raak vir hulle en wens hulle wil hul ry kry.

 

Izak: Hou jy die leser altyd in jou gedagtes? Hoe sien jy haar en vir wie skryf jy nou eintlik?

Kristel: Ek skryf hoofsaaklik vir vroue van alle ouderdomme, want dis een van die wonderlike dinge wat ek ontdek het: Hoe eenders ons is en hoe anders. Die basiese wense en begeertes dra ons almal met ons saam, dit maak nie saak hoe jou lyf lyk of hoeveel jaarringe daar op jou nek is nie. Die hunkering en begeerte na liefde is jou metgesel, seker maar tot die dag van jou dood. En natuurlik in elke vrou skuil daar so ’n ietsie van ’n flirt, en van ’n feeks, en van ’n engel en natuurlik ’n duiwel. Nog iets wat ek deur die jare geleer het, is dat ’n vrou mos nie noodwendig aan haar binnekant net so oud is soos aan haar buitekant nie.

Ek wens mans wíl soms ’n liefdesverhaal of twee lees. Dit kan hulle dalk insae gee in hoe die binnewerke van ’n vrou werk en dít kan tot almal se voordeel strek.

 

Izak: Hoe verskil ’n liefdesverhaal wat sowat tien, twintig jaar gelede geskryf is, van een wat in 2015 gelees word?

Kristel: Ek het groot respek vir die vroeëre skrywers wat ons ander ‘wannabees’ nog steeds uitlag as dit by verkope kom. En ek wens ek kan met hul bankrekenings spog. Maar tog dink ek die liefdesverhale wat nou geskryf word, is meer lewensgetrou. Dit het veral te make met die taal wat gebruik word. Dis nie meer suiwer Algemene Beskaafde Afrikaans wat gehandhaaf en gebesig word nie.

Ek verstaan dat dit vir puriste ’n probleem kan wees, maar ek is baie mal daaroor dat uitgewers jou toelaat om te skryf soos daar gepraat word.

Verder moes alle verhale, nie net die liefdesverhale nie, ’n facelift ondergaan. Tien, twintig jaar gelede was daar nie sosiale netwerke nie, van Twitter en Facebook het die skrywers sowel as die karakters in die boek niks geweet nie. Deesdae loop mense met ’n slimfoon of ’n tablet in hul hande rond, hulle Skype mekaar en daar word selfs “virtueel gevry” – as ek daardie woord kan gebruik. Van al hierdie verwikkelings moet daar melding gemaak word wanneer jy oor mense skryf wat dit in die werklike lewe sou gebruik.

 

Izak: Hoe belangrik is terugvoer vir jou en watter terugvoer kry jy oor jou verhale?

Kristel: My innerkind smag na goedkeuring en lek elke smeerseltjie heuning om die mond op wat vir my uitgedeel word. Om te hoor van ’n leser wat jou boek geniet het en om te sien sy ‘get’ wat jy daarmee probeer sê het, is een van die vreugdes van skryf. Sosiale media het die poort na kommunikasie tussen skrywer en leser oopgegooi en dit moontlik gemaak om te hoor waarna lesers van liefdesverhale soek. Nie almal is altyd orals ewe mal oor alles wat jy skryf nie, maar dit gee jou dan ook die geleentheid om hulle te probeer verlei om weer een van jou boeke te beproef en, wie weet, dalk nog lekker daaraan te lees.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Professor Hans du Plessis is vandag 70 jaar oud.

Januarie 15, 2015 in Uncategorized

HANSgraad-een-1951

Foto: Versindaba, kliek hier vir die res.

Hans du Plessis is vandag 70 jaar oud.

Hierdie taalkundige, met ’n postdok van Harvard, is veral bekend vir sy omdigting van die Griekwapsalms. Hy het ’n slag aan my gesê dat die gewildheid hiervan eintlik ’n probleem is, want talle mense glo dit is volksbesit en gebruik die gedigte nou vir enige iets onder die son, sonder om te dink dat hy die outeur is. Hoe ook al, Innie skylte vannie Jirre het nou al meer 65 000 eksemplare verkoop.

Tog, Hans du Plessis het meer as 160 publikasies agter sy naam. Hy het al verskeie toekennings gekry en het talle jong outeurs gehelp om aan die skryf te kom.

Besoek gerus die twee foto-albums op Versindaba.

Lees ook LitNet se outeursbiografie.

Besoek ook LAPA se outeursbiografie.

En NB se outeursbiografie.

Ek dink ook Joan Hambidge se resensie oor Hans du Plessis se Inboekdeling is die moeite werd om te lees.

Hans se stuk in Spoorvat is nie te versmaai nie, hier is ’n proeseltjie.

innie_skylte_van_die_jirre

Ek weet Hans sê vandag, soos alle ander dae: “My hulp is vannie Jirre, van Hom.”

Sela.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Charlie: onder die loep / through the looking glass

Januarie 14, 2015 in Uncategorized

(Bilingual entry / Tweetalige inskrywing)

charlie574

I wrote a piece on Charlie Hedbo that was included in the Charlie Seminar on LitNet. Here are the links to the other pieces and a few other, important pieces. / Ek het ’n stuk geskryf oor Charlie Hedbo wat ingesluit is in LitNet se Charlie-seminaar. Hier is die skakels na die seminaar en na ’n aantal ander stukke.

 

The Charlie Seminar / Die Charlie-seminaar

– (Eng) Karen Jayes: Charlie Hebdo: Seeing the bigger picture

– (Afr) Annemarié van Niekerk: Charlie Hebdo: Ek dink hardop

– (Afr) Lien Botha: #Is ek Charlie?

– (Eng) Fiona Snyckers:  Sacred corpses

– (Eng) Pieter-Dirk Uys: From Jy-is-’n-drol to Je-suis-Charlie

– (Both Afr & Eng) Izak de Vries: #IkBenKoss

Other / Ander

zapiro

Zapiro is rated as one of the best and most fearless cartoonists in the world. Here is a 30 minute podcast on this extraordinary man. Worth listening to.

marita van der vyver

– Marita van der Vyver het uit Frankryk met INSIG gesels. Dit is een van die beste verduidelikings wat ek nog gehoor het.

– Marita het ook in Rapport ’n baie insiggewende artikel geskryf.

 

Nog ‘n klompie

Presies ’n week ná die skietery, het daar weer ’n kopie van Charlie Hedbo verskyn. Netwerk 24 berig so daaroor.

Braam Hanekom, die moderator van die NG sinode van Wes- en Suid-Kaapland, het ook ’n baie goeie, insiggewende stuk geskryf.

Uit Australië berig PG Hanekom hoe gewone mense mekaar omarm in hierdie tyd van nood.

Profile photo of izakdv

by izakdv

#IkBenKoss

Januarie 13, 2015 in Uncategorized

(The English translation follows on the Afrikaans)

ikbenkoss1

 

(Kliek hier vir verskeie ander artikels, waaronder die Charlie-seminaar op LitNet.)

Soos ’n paar miljoen ander het ek #JeSuisCharlie op Facebook en Twitter geplak.

Ek glo vas in vryheid van spraak en die vryheid van uitdrukking. Tog het ek ’n paar lastige vrae wat ek graag deel en ek het ’n metafoor wat ek hiervoor wil gebruik.

 

#GedeeldeSkuld

Jan Terlouw, ’n  Nederlandse kernfisikus, eko-vegter, politikus en skrywer, het ’n  jeugboek geskryf waarin hy gedeelde skuld aanspreek. Soos alle goeie jeugboeke, moet hierdie een ook gelees word deur intelligente volwassenes.

Die boek is Zoektocht in Katoren, en in Afrikaans is dit beskikbaar as Soektog in Katoren.

Die verhaal gaan oor ’n  jong man se reis deur sy land en sy groeiende frustrasie met die apatie van volwassenes teenoor die aaklige dinge wat hy om hom sien.

Koss pleeg dan ’n daad van terrorisme; een wat hom in enige land ter wêreld sou laat tronk toe gaan. Soos verwag, kry hy dus tronkstraf.

Dit is egter waar die boek interessant word, want skielik eis ’n klomp mense dat hulle ook gestraf wil word om Koss se vonnis te verlig.

Sou hierdie boek vandag geskryf word, sou die bevolking van Katoren geTwiet en geFacebook het: #IkBenKoss (#EkIsKoss). Deur dit te doen, sou hulle ook aanmeld vir tronkstraf, dit was nie bloot ’n golf van sagte politieke korrektheid nie.

Lees die boek as jy kan, dit is die moeite werd.

 

#EkIsCharlieBester 

Wie onthou vir Charlie Bester? Hy het tronkstraf gekies bo Nasionale Diensplig in die weermag.

 

#JeSuisCharlie

Ja, ek staan vir die vryheid van spraak. Anders sal ons gou weer sien hoe boeke en koerante en flieks en dramas verban word.

Saam met vryheid, kom daar egter ook verantwoordelikhede.

 

#EkIsVirPalestina

Oeps. Hoeveel van ons is bereid om Woollies te boikot ter die ondersteuning van Palestina?

 

#EkGaanDeurSpookvliegtuieVermoorWord

Hoeveel van ons is bereid om alle produkte uit die VSA te boikot totdat hulle ophou om mense dood te maak met hulle onbemande vliegtuie?

 

#EkIsArm

Maklik om dít te huts, maar sal ons hou daarvan om vyf persent meer belasting te betaal?

 

#EkSalFietsRy

Persvryheid in Saoedi-Arabië? Genade, dit is ‘n siek grap. Hoeveel van ons is bereid om te stem vir hoër brandstofpryse en ‘n volledige boikot van alle olieproduserende lande waar persvryheid nie toegelaat word nie? (Daar is min sulke lande.)

 

#EkRoerDiePot

Daar is steeds mense in die Gereformeerde Kerk wat nie vrouedominees wil hê nie.

Hoeveel kerke draai steeds hulle rug op gays?

Daar is steeds mense in die NG Kerk wat nog sukkel om die Belydenis van Belhar omarm. Hierdie “debat” loop al vir hoeveel dekades?

 

#TerrorismeOfUitdagend?

Daar ís ’n verskil tussen terreur en uitdagend wees, maar die lyn is dun. Die tekenaars van Charlie Hedbo was besig om hierdie grense te toets. Ek steun Charlie Hedbo se reg om die grense te toets, maar ek moet daarom, as kunstenaar, ook daarop wys dat hulle kuns dikwels na die ekstreem oorgehel het en mense kon affronteer.

Fyn, dit mag, maar waar is my verantwoordelikheid dan?

Kuns moet uitdaag, die kunstenaar móét vrae vra; die verskil tussen kitsch en kuns lê tog gewoon daarin dat kuns ons dwing om opnuut na ’n alledaagse objek te kyk.

In Jan Terlouw se jeugboek steek Koss die grens oor. Hy word ’n terroris.

Dit is maklik om die moer in te wees vir mense wat ander ouens skiet, maar doen ek as kunstenaar regtig genoeg om te keer dat mense uit moedeloosheid terroriste word?

(Moenie die ander inskrywings oor Charlie vergeet nie.)

* * *

The English Translation

#IkBenKoss

ikbenkoss2

(Click here for a variety of articles, amongst them the Charlie Seminar on LitNet.)

Like a few million others I have posted #JeSuisCharlie on Facebook and Twitter.

I firmly stand for freedom of speech and freedom of expression. Yet, I have a few niggling questions that I’d like to share and I have a metaphor upon which I’d like to hinge this conversation.

 

#CollectiveGuilt

Jan Terlouw, a Dutch nuclear-physicist, eco-warrior, politician and author, wrote a young adult book in which he addresses collective guilt. Like all good young adult books, this one should also be read by all intelligent adults.

The book is called Zoektocht in Katoren. In Afrikaans it is available as Soektog in Katoren, I am sadly not aware of an English translation.

The story is about a young man’s journey through his country and his growing frustration with the apathy of adults towards the most horrid things he encounters.

Koss then commits and act of terrorism; one that would see him going to jail in any country in the world. As expected, he gets a jail sentence. This, however, is where the book gets interesting, for suddenly a lot of people demand that they be punished with him, all in order to lighten his sentence.

Had the book been written today, the population of Katoren would have Tweeted and Facebooked: #IkBenKoss (I am Koss). By doing that, they would have had to face jail time, it would not merely be a gulf of fuzzy political correctness.

Read the book if you can, it is worth it. Demand an English translation if you cannot. It is worth it.

 

#IamCharlieBester

Who remembers Charles Bester? He chose prison, rather than going to the army.

 

#JeSuisCharlie

Yes, I am for freedom of speech. Otherwise we will soon see books and newspapers and movies and dramas banned again.

With freedom, however, comes responsibility.

 

#IamPalestinian

Oops. How many of us are willing to boycott Woollies in support of Palestine?

 

#IamAboutToBeKilledByADrone

How many of us are willing to boycott all products from the USA until they stop killing people with drones?

 

#IamPoor

Easy to hash tag it, but how about a five per cent increase in our tax?

 

#IamCycling

Press freedom in Saudi Arabia? Crumbs, that is a sick joke. How many of us are willing to vote for higher petrol prices and a complete boycott of all oil-producing countries where press freedom is not allowed? (There are very few.)

 

#IamStirring

There are still people in the Reformed Church who do not want females on the pulpit.

How many churches still turn their backs on gays?

There are still people in the Dutch Reformed Church who are struggling to embrace the Belhar Confession; and this “debate” has been running for many decades?

 

#TerrorismOrChallenge?

There is a difference between terrorism and provocation, but the line is thin. The cartoonists of Charlie Hedbo were testing these limits. I support their right to do so, but I must therefore, as an artist, also point out that their art could cause offence. That is fine, but what are my responsibilities as an artist who stands for such freedom?

I believe art should challenge us. I believe the artist should ask questions. The difference between kitsch and art is simply this: art asks one to consider a well-known object anew.

Jan Terlouw’s youth young adult book allows Koss to cross the line, he becomes a terrorist.

It is easy to be angry with people who shoot others half a world away, but do I, as an artist, do enough to prevent people from falling into such despair that they are willing to become terrorists?

(Do not forget the other entries on Charlie.)

Profile photo of izakdv

by izakdv

St Georges Grammar School: A visual tribute

Januarie 8, 2015 in Uncategorized

(Click on each of the pictures to enlarge them)

01 13 10 30 sggs a_344

The class of 2014 at St Georges Grammar School in Mowbray, Cape Town, achieved a 100% matric pass rate and 90% of them managed to get a Bachelors Pass. This is remarkable, since the school caters for a large range of learners. Yes, academia is important, but there are also learners with special needs attending the school.

My son is a Georgian and I have been privileged to be allowed to take my camera behind the scenes.

I would like to share this short, visual tribute to a school that embraces diversity and excellence.

c13 10 31 sggs a_157

Diversity

While the school is closely linked to the St Georges Cathedral in Cape Town, it embraces religious diversity. The school’s racial demography reflects that of the Western Cape and learners with special needs, including Down Syndrome, are integrated into the school.

d 13 10 31 sggs b_012

d13 11 10 sggs b_164

d13 11 10 sggs b_018

d13 11 04 sggs_042

d13 10 30 sggs a_058

d13 10 18 sggs_092

Academic excellence

Here are the top-performing learners form St Georges’ class of 2014:

Robin Visser: 9 As, including 6 marks above 90%

Keenan Wong: 7 As including 2 marks above 90%

Pierre Bosch: 5 As and 2 Bs

Ameerah Camroodien: 5 As and 1 B

Joshua Chapple: 5 As and 2 Bs

Juliet Corder: 5 As and 1 B

Storm Johnson: 5 As and 2 Bs

Aslam Khan: 5 As and 2 Bs

Quanita Figueira: 4 As and 2 Bs

Jaymee Fowler: 4 As and 2 Bs

Nicholas Leon: 4 As and 3 Bs

These results are achieved by hard-working, dedicated teachers. The classrooms and other facilities are often unusual. Both high technology and simple tools are used to help learners achieve such standards.

e13 10 18 sggs_037

e13 10 18 sggs_186

e13 10 18 sggs_243

e13 10 30 sggs a_165

e13 10 31 sggs a_201

e13 10 31 sggs a_124

e13 10 30 sggs c_069

e13 10 30 sggs c_003

Sport

While small, St Georges Grammar School offers a variety of sports and number of Georgians managed to achieve provincial colours this year. Excellence is rewarded, but participation is more important.

f13 02 22 sggs gala a_209

f13 03 16 sggs sports day_093

f13 03 16 sggs sports day_263

f13 10 31 sggs a_021

f14 08 26 sggs soccer_014

Arts

The school proudly supports art and encourages creativity.

g13 10 30 sggs c_256

g13 10 31 sggs b_117

g13 10 31 sggs c_283

g13 11 10 sggs b_167

Recycling success

St Georges also runs a very successful recycling operation, benefiting the entire community.

h13 10 30 sggs a_415

Well done, form a proud parent.