Jy blaai in die argief vir 2014 November.

Profile photo of izakdv

by izakdv

The city of Ember

November 26, 2014 in Uncategorized

“How do you get teenagers interested in books?” I get asked this all the time.

“You give them a good story,” is my stock answer.

The books of Amber by Jeanne DuPrau make for a gripping series. The series came recommended to us by a mother of two. Our son, now twelve, got stuck into the first book, called The city of Ember. It is one of those post-apocalypse books, and even I enjoyed the writing. The first book is so well written, that my wife snuck it into our bed one night and read it to see what happens!

Here is her review of The city of Ember by Jeanne DuPrau:

This is a book that will capture the attention of a pre-teen. The story is about a mystery to be solved, with the reader being given clues along the way. The two main characters are both aged twelve, which meant that our twelve year old son could identify with them. It is the first of a series of “Books of Ember”, we look forward to reading the next one.

27621947_0_Img2

The city of Ember (also an e-book)

28048074_0_Img1

The people of Sparks (also an e-book)

30277131_0_Img2

The prophet of Yonwood (also an e-book)

32839930_0_Img2

The diamond of Darkhold (also an e-book)

Profile photo of izakdv

by izakdv

The Art of Possibility

November 26, 2014 in Uncategorized

32359389_0_Img2

This is one of two posts my wife has send. We both love books and often, but not always, read the same ones.

When one of us reads a book the other one won’t have time for, we chat about it. I have heard A LOT about this one!

Here is Elma’s take on The Art of Possibility, by Rosamund Stone Zander and Benjamin Zander.

This is a delightful book that challenges the reader to look at the world differently. Benjamin Zander draws on his experience as conductor of the Boston Philharmonic, and Rosamund on her experience as a family therapist. Together they tell stories to share insights and demonstrate practices such as “giving an A”.

The highlight in the book for me is “rule number six” – you will have to read the book to understand what it means.

I am smiling as I type this, it is really a wonderful book!

The Art of Possibility is for sale as follows – just click on the links:

A printed book

An audio book

An e-pub

Profile photo of izakdv

by izakdv

Ewebeeld op Stellenbosch bekendgestel

November 25, 2014 in Uncategorized

14 11 22 chanette paul_023

Chanette Paul se Ewebeeld is Saterdag op Stellenbosch bekendgestel. Hier is sy saam met die plakkaat wat die praatjie aangekondig het.

14 11 22 chanette paul_005

Vier skrywers op ’n ry: Martin Steyn, Wilna Adriaanse, Chanette Paul en Jan van Tonder.

14 11 22 chanette paul_015

Chanette teken boeke.

Ewebeeld is Chanette se tiende spanningsroman en vorm ’n soort eenheid met Siende Blind (ook ‘n e-boek) en Raaiselspieël (ook ‘n e-boek).

14 11 22 chanette paul_020

Nog ’n boek word geteken.

Lesers sal bly wees om te hoor Jojo Richter neem weer ’n sentrale rol in hierdie boek in.

14 11 22 chanette paul_011

Onvolprese is die personeel in ’n boekwinkel: Nicky du Toit, Louise Swanepoel en die grootbaas van Protea, Nicol Stassen.

49969236_0_Img2

Koop Ewebeeld hier.

Ook te koop as e-boek,

Profile photo of izakdv

by izakdv

kykNET Rapport Boekpryse vir 2014

November 22, 2014 in Uncategorized

14 11 21 kyknet rapport pryse_101

Die eerste kykNET Rapport Boekpryse is op Vrydag 21 November in Kaapstad oorhandig. Elke gas het so ’n pragtige koekie gekry – en alles daarop was eetbaar.

Hier is ’n volledige dekking van die pryse deur LitNet en hier is Willem de Vries se berig soos dit in die susterkoerante verskyn het.

Ek gaan so ’n paar kiekies plaas vir julle wat nie daar kon wees nie.

14 11 21 kyknet rapport pryse_191

Hier is die wenners: Heel links, Zirk van den Berg was die wenner in die filmkategorie, Bill Nasson en Albert Grundlingh het niefiksie gewen en Eben Venter het die fiksieprys gewen.

14 11 21 kyknet rapport pryse_174

Hettie Scholtz, die onvolprese doyenne van die Afrikaanse boek; lees gerus Naomi Bruwer (LitNet) se onderhoud met Hettie

14 11 21 kyknet rapport pryse_020

Kerneels Breytenbach was die seremoniemeester

10386770_1550568341822772_750809593955652143_n

Die funksie is gehou op die 19de vloer van die Westin

14 11 21 kyknet rapport pryse_006

Voor en tydens die geleentheid is ons vergas op vioolmusiek

14 11 21 kyknet rapport pryse_010

Score my ’n gwai (Human & Rousseau) se outeur, Marlize Hobbs; die boek was op die kortlys vir die filmkategorie

14 11 21 kyknet rapport pryse_013

Herman Wasserman, Etienne Bloemhof en Hettie Scholtz

14 11 21 kyknet rapport pryse_018

Eline de Vliet

14 11 21 kyknet rapport pryse_023

Riana Barnard

14 11 21 kyknet rapport pryse_025

Debbie Jeffreys

14 11 21 kyknet rapport pryse_027

Steward van Wyk en Thys Human

14 11 21 kyknet rapport pryse_046

Nelia Richter (Boekeredakteur van Rapport) en Eben Pienaar

14 11 21 kyknet rapport pryse_049

Jaco Jacobs (Oor ‘n motorfiets, ‘n zombiefliek en lang getalle wat deur 11 gedeel kan word, uitgegee deur LAPA, was op die kortlys vir die filmkategorie), Miemie du Plessis en Dana Snyman (Onder die radar, uitgegee deur Tafelberg, was op die kortlys vir niefiksie)

14 11 21 kyknet rapport pryse_058

Valsrivier, deur Dominique Botha (Umuzi) was op die kortlys vir fiksie; hier is sy saam met Mike van Graan

14 11 21 kyknet rapport pryse_065

Eloise Wessels, Waldimar Pelser en Eben Venter

14 11 21 kyknet rapport pryse_068

Herman Binge

14 11 21 kyknet rapport pryse_076

Irna van Zyl

14 11 21 kyknet rapport pryse_082

Pieter Malan

14 11 21 kyknet rapport pryse_087

Helené Prinsloo

14 11 21 kyknet rapport pryse_097

Fourie Botha

14 11 21 kyknet rapport pryse_114

Louise Viljoen, Kerneels Breytenbach, Walimar Pelser en Eben Venter

14 11 21 kyknet rapport pryse_159

Zirk van den Berg en sy uitgewer, James Woodhouse

14 11 21 kyknet rapport pryse_181

Bill Nasson, sy uitgewer Annie Olivier en Albert Grundlingh

14 11 21 kyknet rapport pryse_167

Tim du Plessis

14 11 21 kyknet rapport pryse_195

Eloise Wessles, Thérèse Herbert, Zirk van den Berg, Bill Nasson, Albert Grundligh, Eben Venter, Marga Stoffer

14 11 21 kyknet rapport pryse_185

Bill Nasson en Eloise Wessels

Profile photo of izakdv

by izakdv

Marita van der Vyver: Van Rooikappie se ouma tot ’n ouma wat rock

November 21, 2014 in Uncategorized

10376259_10152448119006064_2134128937146422362_n

Foto: Marita van der Vyver se amptelike Facebookblad

Marita van der Vyver se boek, Die coolste ouma op aarde, het reeds ’n paar mense geïnspireer om oor hulle eie oumas te besin. Toe vra ek haar om ons te vertel waar sy aan hierdie blink gedagtes gekom het.

49969229_0_Img2

Marita, Die coolste ouma op aarde is ’n prettige boek. My vrou het al klaar besluit dis die kerskouspakkie vir ’n paar jongmense wat ons ken. Waar kom die idee vandaan?

Dis ’n láng storie want dit kom al ’n lang pad saam met my. Ek was as jong vrou weird genoeg om goeie kinderboeke te begin versamel, omtrent soos my tydgenote goeie wyn versamel het. Teen die tyd dat ek ma geword het, het ek klaar ’n hele biblioteek gehad – en dit het my en my kinders die afgelope 20 jaar veel meer plesier gegee as wat ek ooit uit ’n wynversameling sou kry. (’n Bottel kan jy net een keer oopmaak en wat binne-in is net een keer geniet, ’n boek kan jy oor en oor oopmaak en oor en oor geniet.)

Ek het die ou meesters van kinderboekillustrasies in my versameling, mense soos Maurice Sendak (Where the Wild Things Are is seker sy bekendste, maar my eie gunsteling is In the Night Kitchen) en Tomi Ungerer (ek het ’n stokou Afrikaanse vertaling van sy klassieke Die drie rowers), en ek het saam met my kinders aanhoudend nuwe gunstelinge ontdek. Soos die Britse Anthony Browne met sy onweerstaanbare gorilla-prentjies en Babette Cole (Mamma het ’n eier gelê bly een van die prettigste maniere om “die feite van die lewe” met jou kinders te deel) of meer onlangs die Duitse Wolf Erlbruch (wys my die kind wat nie gek is oor Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het nie).

Tog, dit het my van die begin af gepla dat so baie van die oumas in kinderboekillustrasies nie lyk soos die lewende oumas wat ek om my sien nie! Toe my seun Daniel klein was, het dit my groot vreugde verskaf om hom en my ma saam dop te hou. Sy was ’n wonderlike ouma, maar sy het glad nie soos ’n storieboekouma gelyk of opgetree nie. Sy het nie ’n grys haar op haar kop gehad nie, sy was ’n verpleegkundige wat haar lewe lank buite die huis gewerk het, sy het rondgery en rondgereis en verskriklik gelees. Omtrent tien jaar terug, toe ek weer eens nuwe kinderboeke saam met my dogter Mia ontdek, het ek agtergekom die storieboekoumas het helaas nog steeds nie verander nie.

Maar die finale hupstoot vir Die coolste ouma op aarde was waarskynlik dat ’n paar van my vriendinne onlangs vir die eerste keer ouma geword het – en ek kon net nie aan hulle dink as “oumas” nie. Party van hulle is so sexy en die woord ouma is so onsexy! Toe besluit ek om iets aan die saak te doen, sodat die oumas in ’n boek ook ’n slag soos regte oumas kan rock.

10500579_734067623314012_5357481662581007020_n

Het jy cool oumas gehad? Vertel ’n bietjie?

Nee. Maar dis nie hulle skuld nie. Daai tyd was Afrikaanse oumas nie veronderstel om cool te wees nie. My pa se ma het soos ’n storieboekouma gelyk met spierwitgrys hare en ’n sagte, ronde lyf so lank terug soos ek kan onthou. Ek het nou die dag met ’n skok besef dat sy baie jonger as ek was toe sy al so gelyk het!

My ma se ma het hare op haar ken gehad wat ons gesteek het – my sussie het altyd weggehardloop as sy haar moes soen – en spatare wat soos blou slange om haar kuite gekronkel het en waarvoor ek my morsdood gegril het. Maar sy’t die lekkerste tjoklitkoek gebak wat ek ooit geproe het en sy’t my ma se ou papierpoppe in ’n plat boks gebêre en my toegelaat om daarmee te speel, so dit was vir my heerlik om by haar te kuier. My dogter het nou nog daardie verflenterde ou papierpoppe hier in Frankryk en hopelik sal sy dit eendag weer vir haar dogter, wie weet waar in die wye wêreld, gee. Dit is waar die papierpoppe in my roman Die blou van onthou  vandaan kom – nog ’n storie oor ’n ouma en ’n kleinkind. [Die blou van onthou ook as e-boek.]

10624727_736128063107968_8166899329118088582_n

Jy het ’n groot aantal verskillende oumas beskryf. Sterk vroue, mense wat uitstaan. Selfs die enkele oumas in jou boek wat skynbaar stereotiep is, staan op hulle eie bene in hulle eie, lelike skoene. Daar is iets aan die boek wat my vertel dit is eintlik ’n boodskap aan jongmense (veral jong meisies) dat hulle mag droom. Is ek reg?

Ek’s soms verstom – en dikwels gevlei – oor die boodskappe wat mense in my boeke lees waarvan ek glad nie bewus was terwyl ek dit geskryf het nie! Al wat ek eintlik met hierdie boek wou doen (behalwe om oumas bietjie te laat rock), was om kinders te laat verstaan dat elke ouma uniek is, en dit maak nie saak hoe jou ouma lyk en wat sy doen nie, ’n regte, lewende ouma is beter as enige storieboekouma.

Daar’s baie kinders wat sonder oumas grootword of wie se oumas te ver woon om ’n hegte verhouding met hulle op te bou. My ma is dood in dieselfde week as wat my dogter gebore is, dus het Mia nooit haar Afrikaanse ouma geken nie, en haar Franse ouma woon in die verste hoek van Frankryk. Ek het gesien hoe mis sy ’n ouma wanneer haar maatjies oor hulle oumas praat.

10003017_733546233366151_7183059874107992209_n

Zinelda McDonald se illustrasies is só lekker. Hoe het julle mekaar gevind en saamgewerk?

O, sy’s ’n vonds! Sy’s bloedjonk en nog onbekend, maar ek kan nie spog dat ek haar gevind het nie, dit die uitgewer, Miemie du Plessis, wat ons bymekaar uitgebring het. Al wat ek gedoen het, was om my neus op te trek vir ’n paar ander illustreerders se werk wat Miemie vir my gewys het. (Ek moet haar bedank vir haar geduld want ek’s vol fiemies as dit by illustrasies kom.) Maar jy weet, nes ’n versamelaar van goeie wyn nie sommer enige dooswyn sal drink nie, sal ’n versamelaar van goeie kinderboeke mos ook nie tevrede wees met illustrasies wat soos Disney of Pixar se animasiekarakters lyk nie! Maak nie saak hoe tegnies perfek sulke prentjies is nie, dit kort ’n eie karakter.

Die groot illustreerders wat ek bewonder, se werk is onmiddellik herkenbaar as hulle s’n en net hulle s’n. Meesters soos Maurice Sendak het inderdaad verskillende style vir verskillende stories beproef, maar as jy eers wéét hy het die storie geïllustreer, kan jy jou nie voorstel dat enigiemand dit anders sou kon doen nie.

Daar’s ’n soort onvermydelikheid aan goeie illustrasies. Presies hierdie prentjies pas by presies hierdie woorde. Dís die gevoel wat ek gekry het toe ek Zinelda se eerste proefillustrasie sien – van die ouma wat soos ’n rock-ster saam met ’n kleinkind konsert hou – en ek het dadelik vir Miemie laat weet: I think we got it.

1469765_733184876735620_7929231965752310663_n

Jy was baie suksesvol met tienerverhale, soos Hanna Hoekom. Natuurlik is jy onder grootmense bekend vir die talle romans, sketse en selfs kortverhale wat jy geskryf het. Nou ’n kinderboek. Dis ’n wye aantal registers wat jy moet bespeel. Hoe doen jy dit?

Dis darem nie my eerste kinderboek nie. Ek glo dat elke skrywer minstens een keer elke dekade ’n kinderboek moet skryf. Dis die beste manier om in voeling te bly met die kind in jouself, met die grenslose verbeeldingswêreld van ’n kind, wat so dikwels krimp soos ons ouer word.

Maar wat al my verskillende soorte boeke betref, jy ken mos die gesegde van nood leer bid? Vir my was dit nog altyd ’n geval van nood leer skryf. My “nood” is dat ek heeltyds boeke wil skryf, sonder ’n day job om die pot aan die kook te hou, en ek kan nie elke jaar ‘n volwasse roman skryf nie. Daar is wonderlike skrywers wat dit kan regkry, maar ’n volwasse roman kos my gemiddeld drie jaar. Daarom het ek my repertoire van die begin af uitgebrei na ander genres.

Elke nuwe genre is ’n enorme uitdaging wat my onbeskryflik bang maak, maar ek skryf beter as ek bang is. En ek soek steeds nuwe uitdagings. Ek het laas jaar vir die eerste keer ’n radiodrama geskryf en pas vir die eerste keer ’n draaiboek vir ’n rolprent aangedurf.

Jy is ’n kenner op die gebied van sprokies. Sprokies spreek tot ons kollektiewe geheue. Die coolste ouma op aarde is egter opsetlik modern. Hoekom?

Onthou, die ouma is ’n belangrike argetipe in sprokies. Dink maar aan Rooikappie, seker die bekendste van al die Westerse sprokies. Ek het van kleins af gewonder hoe is dit móóntlik dat jy nie die verskil tussen jou ouma en ’n wolf kan sien nie! En toe ek meer as twintig jaar terug Griet skryf ‘n sprokie geskryf het, was dit ook ’n opsetlik moderne weergawe van ’n spul Grimm-sprokies. So miskien is Die coolste ouma op aarde maar net nog ’n tree op die pad wat ek lewenslank met sprokies loop. Van Rooikappie se ouma tot ’n ouma wat rock?

As jy eendag ’n ouma gaan wees, watter soort ouma gaan jy wees?

Daar’s een ouma in my boek “met ’n wilde bos spierwit hare en vreeslik baie boeke”. Sy lê in die bed, nie omdat sy siek is soos Rooikappie se arme ouma nie, maar omdat dit die lekkerste plek is om te lees. Ek hoop nogal dat ek so ’n ouma sal word, maar omdat ek ’n skrywer is wat nie beplan om ooit “af te tree nie, sal ek seker meer agter ’n rekenaar sit en skryf as in ’n bed lê en lees!

c coolste ouma

* * *

Onthou, Marita nooi jou om ’n foto van jou en jou kleinkind op haar Facebookgroep te plak. Die oulikste foto sal jou die kans laat staan om saam met Marita te gaan koffie of tee drink wanneer sy volgende jaar weer Suid-Afrika toe kom. As jy slim genoeg is om ’n kopie van Die coolste ouma op aarde by jou foto in te sluit, dan gaan jy sommer nog punte bykry!

* * *

Koop Die coolste ouma op aarde hier.

* * *

Lees ook:

Benny Lindelauf: My ouma was ’n leunstoel vol stories

Izak de Vries: My cool ouma die proffie

Izak de Vries: My ouma was nie noodwendig die coolste nie

* * *

Ek het vroeër vanjaar met Marita gesels oor haar siening van boeke vir die jongvolwassemark. Lees dié onderhoud hier.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Benny Lindelauf: My ouma was ‘n leunstoel vol stories

November 20, 2014 in Uncategorized

Ek het vir Benny Lindelauf gevra om iets oor sy formidabele ouma te skryf. Ek weet die ouma in sy twee jeugboeke is baie losweg gebaseer op hierdie ware ouma.

benny and oma

Ek plaas eers sy stuk en net daarna my vertaling van sy stuk, so moenie bekommerd wees as die Nederlands jou pootjie nie.

* * *

Benny in Nederlands (Afrikaans direk hierna)

Mijn oma was vroeger zo dun dat ze zich kon verstoppen achter een berk. Maar toen was ik nog lang niet geboren.

Ik ken haar vooral als de dikke, gezellige oma die erg van eten en drinken hield. En ze rookte als een schoorsteen.

Ik was blij met mijn dikke oma. Je kon zo lekker in haar wegkruipen, net alsof ze een grote fauteuil was.

En ze was een fauteuil vol verhalen. Ze hield van sprookjes, al gingen die sprookjes nooit zoals ze hoorden te gaan. Bij haar kwam Sneeuwwitje bij Assepoester op bezoek en aten ze het huisje van de heks van Hans en Grietje stiekem op zodat de heks onder de blote hemel moest slapen.

Ik hield ook van haar verhalen over vroeger.

Zoveel miste ik haar dat toen mijn oma doodging, ik iets met die verhalen wilde doen. En dat werden dus Negen Oop Arms en Die Hemel van Heivisj.

Mijn oma is al lang dood, maar ik mis haar soms nog steeds. Ze heeft mijn boeken nooit kunnen lezen. Als er een hemel bestaat hoop ik dat daarboven ook een bibliotheek is en dat ze mijn boeken daar kan lenen…

* * *

Benny in Afrikaans

My ouma was vroeër so skraal, sy kon wegkruipertjie speel agter ’n berkeboom.* Maar dit was lank voor ek gebore is.

Ek het haar geken as ’n dik, gesellige ouma wat baie van eet en drink het gehou het. En sy het gerook soos ‘n skoorsteen.

Ek was gek na my dik ouma. Jy kon so lekker in haar wegkruip, so asof sy ‘n groot leunstoel was.

Sy was ‘n leunstoel vol stories. Sy het gehou daarvan om sprokies te vertel, al het haar sprokies nooit geklink soos dit hoort nie. By haar het Sneeuwitjie sommer by Aspoestertjie gaan kuier en dan het hulle skelm die huisie van Hansie en Grietjie se heks opgeëet sodat die heks maar onder die sterre moes slaap.

Ek het ook baie gehou van haar stories van toeka se jare.

Ek het my ouma só gemis toe sy sterf, dat ek iets met al daardie stories wou doen. Dit is hoe Nege oop arms en Die Hemel van Heivisj ontstaan het.

My ouma is al lankal dood, maar ek mis haar nog steeds. Sy kon nooit my boeke lees nie. As daar ’n hemel is, hoop ek dat daar  ’n biblioteek sal wees waar sy my boeke kan gaan uitneem…

* (’n Berkeboom het ’n lang, regop en dun stam, ’n bietjie soos ’n bloekom in Suid-Afrika – IDV)

* * *

Net hier onder vertel ek ’n wonderlike storie van die ouma en bier – wat tot in Soweto gaan draai het, so rol gerus af as jy belangstel.

benny l 9 oop arms

Daniel Hugo het Benny se twee boeke oor sy ouma in Afrikaans vertaal. Hulle is deur Protea Boekhuis uitgegee.

47272046_0_Img2

Albei lees lekker. Hoewel hy bekendstaan as jeugskrywer, is hierdie boeke ewe geskik vir grootmense. Moenie jou die plesier ontneem nie. Hulle is spotgoedkoop, die twee saam kos nie veel meer as ’n normale boek nie.

* * *

Nou die beloofde staaltjie oor Benny, ’n bier, sy ouma en ’n besoek aan Soweto.

benny and oma

Kliek weer op die foto hierbo om dit groter te maak en kyk mooi na daardie gesiggie. Benny lyk redelik dronk, nie waar nie? Hy het in die Kaap vir ons vertel dat sy ouma daardie dag ’n bier voor hom neergesit het. Hy het dit natuurlik gedrink, maar die alkohol was te veel vir sy kindergestel en hy was taamlik gou hoenderkop.

Dit was die laaste keer dat hy ooit dronk was. Ek het hom leer ken as iemand wat geen alkohol gebruik nie. Maar toe besoek hy die Soweto as gas van die ATKV. Hulle neem hom na ’n restaurant daar in Soweto en die tradisionele bier word omgestuur. Benny het saamgedrink. Saluut!

Benny Lindelauf Soweto

Wat cool oumas nie alles aan jou doen nie!

benny lindelauf klas soweto

Hier is Benny in die klaskamer waar die ATKV geletterdheidsklasse aanbied.

benny lindelauf afrikaans soweto

Benny Lindelauf saam met die geletterdheidsklas. Vierde van links is Karien Brits, die ATKV se bestuurder van taalaangeleenthede.

benny in soweto welkom by tak

Benny buite die ATKV se tak in Soweto.

* * *

benny lindelauf owl house

Op pad terug na die Kaap het Benny en Eureka Barnard ingeloer by die Uilhuis in Nieu-Betesda.

Benny Lindelauf valley of desolation

Hier is Benny by die Vallei van Verlatenheid.

Benny lindelauf en Heila Theron

Benny in Port Elizabeth waar hy opgetree het saam met die plaaslike skrywer Heila Theron. Heila is self ’n baie cool ouma.

* * *

49969229_0_Img2

Hierdie stuk is natuurlik geïnspireer deur Marita van der Vyver se boek Die coolste ouma op aarde.

Onthou, Marita nooi jou om ’n foto van jou en jou kleinkind op haar Facebookgroep te plak. Die oulikste foto sal jou die kans laat staan om saam met Marita te gaan koffie of tee drink wanneer sy volgende jaar weer Suid-Afrika toe kom. As jy slim genoeg is om ’n kopie van Die coolste ouma op aarde by jou foto in te sluit, dan gaan jy sommer nog punte bykry!

* * *

Koop Die coolste ouma op aarde hier.

Koop Nege oop arms hier.

Koop Die Hemel van Heivisj hier.

* * *

Die historiese foto is deur Benny verskaf. Eureka Barnard van SASNEV het die ander verskaf.  Daar is mee foto’s van Benny se Soweto besoek op Karien Brits se Facebook blad.

* * *

Ek het tevore geblog oor my ouma Miep en oor my ouma Lenie, twee redelik uiteenlopende oumas.

Profile photo of izakdv

by izakdv

My cool ouma, die proffie

November 19, 2014 in Uncategorized

Ek het gister berig oor my ouma aan my pa se kant. My ander ouma was ’n baie ander mens.

ouma miep

Willemina Luitingh (Miep vir haar vriende) is in Nederland gebore. Haar pa was ’n makelaar op die beurs.

Haar opvoeding en haar pa se fondse het dit vir haar moontlik gemaak om te gaan studeer en sy behaal uiteindelik ’n doktorandas terwyl sy bekend word vir haar werk onder Athony Donkersloot.

Die briewe, wat sy en Donkersloot gewissel het tussen 1937 en 1960, is later in boekvorm uitgegee – en is deesdae so skaars soos hoendertande.

Sy het in haar laat twintigs getrou met Jan van der Bom, wat later oorlede is tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Ná die oorlog het sy vir Stoffel Nienaber ontmoet en hulle twee het die res van hulle lewens in Pietermaritzburg gebly.

Ek het vroeër vanjaar oor haar geskryf, ek gaan nie al die interessante staaltjies weer herhaal nie.

Sou julle meer wou weet oor haar literêre bydrae tot Suid-Afrika, hier is die skakel, ek kan nie beter as Hennie van Coller en Bernard Odendaal nie.

Vir ’n beknopte opsomming, hier is die Encyclopaedia of South African, Arts, Culture and Heritage.

Vir my was sy egter ’n ouma.

* * *

ouma miep oupa stoffel

Toe ons oud genoeg was, het Ouma Miep en Oupa Stoffel vir my en my sussie Willemien een maal per jaar opgevlieg Durban toe om ’n week of so by hulle te kuier. Vir die plaasjapies was dit wonderlik.

My ouma was statig, maar nie verspot nie. Sy het tot baie laat in haar lewe elke dag nog lang ente geswem. Sy sou altyd ’n rustige borsslag swem, só dat haar hare nie nat word nie.

In haar huis was daar altyd sjokolades in ’n bakkie. Hierdie plaasvarkie het gewoonlik redelik rond teruggekeer vanaf ’n Ouma-vakansie.

Hoewel sy dit nooit self sou erken nie, was sy ’n baie goeie kok. Wanneer sy skaapboud gemaak het, was dit hemels.

Sy het ook ’n Nederlandse brosbrood gebak wat ongelooflik lekker was. Jan Hagel het sy dit genoem.

In haar later jare het ek en sy baie letterkunde gesels. Ons kon ure lank oor boeke en films praat. Toe Jean-Jacques Annaud se film The lover begin draai in Suid-Afrika, het ek en sy dit saam gaan kyk. Sy kon natuurlik die film vergelyk met Marguerite Duras se roman L’amant, wat sy in die oorspronklike Frans gelees het. Sy het destyds opgemerk dat dit nie aldag was dat ouma en kleinseun saam na erotiese films gaan kyk nie. (Duras se roman is in Engels beskikbaar.)

Toe my eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn het, was sy een van die beste kritici wat ek gehad het. Oorwegend was haar woorde positief, maar sy het ook nie gehuiwer om ander kritiek uit te spreek nie.

Ek dink my ouma Miep was cool.

* * *

49969229_0_Img2

Hierdie stuk is natuurlik geïnspireer deur Marita van der Vyver se boek Die coolste ouma op aarde.

Ek hoop om binnekort ’n onderhoud met Marita te kan plaas.

* * *

Onthou, Marita nooi jou om ’n foto van jou en jou kleinkind op haar Facebookgroep te plak. Die oulikste foto sal jou die kans laat staan om saam met Marita te gaan koffie of tee drink wanneer sy volgende jaar weer Suid-Afrika toe kom. As jy slim genoeg is om ’n kopie van Die coolste ouma op aarde by jou foto in te sluit, dan gaan jy sommer nog punte bykry!

Koop Die coolste ouma op aarde hier.

Profile photo of izakdv

by izakdv

My ouma was nie noodwendig die coolste nie

November 18, 2014 in Uncategorized

Hieronder volg iets oor hierdie ouma van my. Nie noodwendig cool nie, maar lees gerus self!

ouma lenie

* * *

49969229_0_Img2

Marita van der Vyver het ’n wonderlike kinderboek geskryf met die titel Die coolste ouma op aarde. Dit is ’n prettige boek wat so begin: Ons weet mos almal hoe lyk oumas in storieboeke. Hulle het spierwit hare of ’n outydse brilletjie. Hulle dra lang swart rokke of lelike skoene.

Dan is daar ’n vertellertjie wat sê: Maar my ouma lyk glad nie soos ’n storieboek-ouma nie – en joune?

Daarna vertel ’n aantal vertellers van hulle superdooper cool oumas.

Die storie is vreeslik oulik, want dit vertel van vroue wat kán en wíl. Daar is ’n dokterouma, ’n rekenaarouma, ’n mode-ouma en ’n rocksterouma. Julle moet die ander maar self beleef.

Tog is daar een vertellertjie wat sê: My ouma lyk weer nes ’n storieboekouma. Sy het ’n grys bolla, en ’n bril op die punt van haar neus en sy dra lelike skoene.

Nou, ja. Nie alle ouma’s is dus noodwendig cool nie.

Die boek is eintlik ’n viering van oumawees, of ’n viering daarvan om ’n ouma te hê.

10003017_733546233366151_7183059874107992209_n

* * *

Ek was gelukkig om my twee oumas te kon ken. Vroeër vanjaar het ek reeds oor my een ouma, Miep Nienader-Luitingh, ’n bekende akademikus en skrywer, iets geplaas. Hier is ’n skakel.

* * *

Maar ek wil nou eers my ander ouma huldig – die ouma aan my pa se kant. Sien die foto heel bo.

Ouma Magdalena (Lenie) de Vries was redelik trots daarop dat sy nie cool was nie. Sy was maar ’n moeilike entjie mens en was nogal gesteld daarop om kuis te wees.

Haar rokke was vreeslik kuis en sy het altyd sykouse gedra. Haar skoene was glad nie oulik nie. Dié tannie was baie trots daarop dat haar eie man haar nooit kaal gesien het nie.

Nooit kaal gesien nie? Wel. Hulle het saam twaalf kinders groot gemaak. Jip. Hierdie ouma van my was die ma van twaalf kinders. My pa was die jongste.

Ek onthou haar nie as cool nie, maar ek het al baie gewonder hoe dit sou wees as sy ook die geleentheid gehad het om te gaan studeer? Sy was skrander, dis nou maar wors. Net drie van haar twaalf kinders kind het universiteit toe gegaan, maar almal was suksesvol. Van haar kleinkinders is boonop uitstekend.

  • Petrus de Vries, die hoof van kinderpsigiatrie by Rooi Kruis is een van die gerekende mense in die wêreld in sy veld.
  • Sy suster is die marimbaspeler, Magda de Vries. Jip. Ouma se naam.
  • Of wat van Marinda van Zyl, die skrywer van Wilhelmina Radebe kom tuis? (Ook beskikbaar as e-boek.) Bo en behalwe hierdie wonderlike storie, het sy ook twee meestersgrade en ’n PhD gedoen.
  • My kleinsus, Marianne, is deesdae ’n groot kokkedoor in Engeland, maar was baie lank die dokter wat Dieremaniere op RSG aangebied het. (Sy sou ook Magdalena heet, maar daar was toe al ’n paar in die familie.)

Dus? As die appels nie ver van die boom val nie, het hierdie stugge ouma sonder enige opleiding ’n wonderlike werk gedoen.

’n Mens wonder hoeveel ander oumas daar is wat ook heimlik gedroom het oor meer as kindersmaak?

* * *

Marita se wonderlike boek is nou beskikbaar.

Wat meer is, Marita nooi jou om ’n foto van jou en jou kleinkind op haar Facebookgroep te plak. Die oulikste foto sal jou die kans laat staan om saam met Marita te gaan koffie of tee drink wanneer sy volgende jaar weer Suid-Afrika toe kom.

As jy slim genoeg is om ’n kopie van Die coolste ouma op aarde by jou foto in te sluit, dan gaan jy sommer nog punte bykry!

Koop die pragtige boek hier.

* * *

Kliek hier vir die volgende inskrywing, oor my ander ouma, Miep.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Ester deur Kerneels Breytenbach

November 13, 2014 in Uncategorized

14 11 13 Kerneels Breytenbach_003

Ek was vanaand by die bekendstelling van Ester, die nuutste uit Kerneels Breytenbach se pen.

14 11 13 Kerneels Breytenbach_013

Dit gaan oor ’n Duitse spioen wat gestuur is om DF Malan in die moeilikheid te kry, maar hoe hy daar uitgekom het, moet julle maar self sien.

14 11 13 Kerneels Breytenbach_034

Elmari Rautenbach en Kerneels Breytenbach

Elmari het die onderhoud gevoer en wat ’n wonderlike gesprek was dit nie!

14 11 13 Kerneels Breytenbach_006

Kerneels en Murray la Vita

14 11 13 Kerneels Breytenbach_012

Etienne Bloemhof

14 11 13 Kerneels Breytenbach_018

Eben Pienaar en Alé Steyn

14 11 13 Kerneels Breytenbach_008

Janita Holtzhausen en Jana Luther

14 11 13 Kerneels Breytenbach_054

Riette Rust

14 11 13 Kerneels Breytenbach_044

Karina M. Szczurek, André P. Brink en Alida Potgieter

14 11 13 Kerneels Breytenbach_027

Etienne Bloemhof en Joan Hambidge

14 11 13 Kerneels Breytenbach_038

The Book Lounge is ’n wonderlike plek en boeke is magies!

14 11 13 Kerneels Breytenbach_052

Kerneels teken André se boek.

49563879_0_Img2

Ester is deur Human en Rousseau uitgegee.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Om te kan droom

November 12, 2014 in Uncategorized

“Philae is talking to us!” Heard from Rosetta Mission Control!

* * *

“Ek wil iets sê en ek gaan dit sê.”

Vanaand was ek so opgewonde soos ’n klein seuntjie oor daardie tuigie wat op ’n komeet gaan land het. Die wetenskap is verstommend.

En tog, weet julle wat? Tog was ek ook vandag trots op skrywers. Want skrywers kan ons laat droom.

Wat ons vandag gesien het, was nie Wetenskapfiksie nie, maar Wetenskapfeit.

EN TOG. Iemand moes dit inspireer.

Laat ek verduidelik.

* * *

Jare terug het Leon Rousseau die Fritz Deelman-reeks geskryf. Die eerste boek is geskryf voor satelliete, maar in daardie dae het hy al die droom gehad dat jy eendag op jou stoel in jou kantoor sal kan sit en van aangesig tot aangesig met iemand anders kan praat.

Gisteraand het ek dit gedoen via Skype met ’n vriendin in die VSA.

En vanaand?

Vanaand het ek in my kantoor, op my stoel gesit en gekyk hoe die nommer 2 in Duitsland sy vinger optel, wys, nog ’n keer wys en toe, saam met ’n hele span groot wetenskaplikes, hulle hande in die lug gooi.

Ek kon dit waarneem asof ek in die saal was.

Wat meer is, ons het gekyk hoe hulle die landing vier van iets wat tien jaar gelede weggestuur is van die aarde af en nou 500 miljoen km van ons af op ’n komeet gaan land het.

Ongelooflik? Ja, amper. En tog waar.

* * *

Hoe ver het ons nie gevorder nie.

Kyk wat skryf Martie Preller op FaceBook vanaand:

Baie baie amazing. Toe hulle op maan geland het. was ons op univ – op pad na Bosveldplaas – by elke dorp stop ons eers en hoor by mense in kafee wat gaan aan! Nie radios in karre! Later opnames in fliek gesien!

Dit was die einste Martie wat vir my die skakel gestuur het om die landing se direkte uitsending te volg: ’n Skrywer wat kan droom, ’n skrywer wat kan inspireer!

* * *

Ek is ’n hopelose wetenskaplike. My arme ma was my wiskunde-onnie op skool en het by tye ook skeinat in my plat skedel probeer inkry. Tog, hoewel my punte beroerd was, het die liefde vir die wetenskap en die nuuskierigheid oor fisika nooit afgeneem nie.

Van die lekkerste projekte waaraan ek nog gewerk het, was ’n reeks ingenieurswesehandboeke. Ingenieurs is slim, maar hulle kan nie skryf nie. Ek kan skryf.

Die punt is, omdat ek kan droom, wil ek meer weet.

Omdat skrywers my kan uitdaag, raak ek grensloos opgewonde oor die wetenskap.

Ek is nie slim genoeg om die goeters te bou nie, maar ek is nuuskierig genoeg om hulle te geniet.

* * *

Om te skryf is nie altyd baie opwindend nie. Jy werk en jy werk en jy werk en jy werk… en jy werk meer. Dan is daar nie veel geld in nie.

Net voor Philae neergestryk het, sê Jaco Jacobs die volgende op FaceBook:

Op dae soos vandag wens ek ek het die beroepsvoorligter se raad gevolg en ‘n dokter of ‘n rekenmeester geword.

Wel. Ek is bly hy het nie.

Jaco inspireer mense om te droom.

* * *

Was dit nie vir dromers nie, sou mense dit nie gewaag het om tien jaar gelede ’n tuigie na ’n komeet toe te stuur nie.

Ek is deksels trots op die wetenskaplikes en wiskundiges wat dit gelaat werk het, maar ek weet daar in elkeen van hulle eens op ’n tyd ’n seuntjie of ’n dogtertjie was wat gedroom het.

Dis hoekom hulle bereid was om te waag!