Jy blaai in die argief vir 2014 Oktober.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Benny Lindelauf in Pretoria

Oktober 28, 2014 in Uncategorized

Benny Lindelauf was gister (27 Oktober) in Pretoria.

xDSC_0930

Die dag het afgeskop in Waverley Biblioteek waar Benny en ’n aantal skrywers oor kreatiwiteit gepraat het. Hier is Benny saam met Sam Cooper, die bibliotekaris wat alles gereël het.

xDSC_0855

Daniella Day, die skrywer van Blou Trane (LAPA) was daar.

xDSC_0880

Alet Steenkamp en Nerine Ahlers was ook daar. Hierdie duo is verantwoordelik vir die fantastiese SSS-reeks, en boeke soos Ek + Jy. Die boeke is ook by LAPA beskikbaar.

xDSC_0927

Marisa Haasbroek, die skrywer van Iewers vlieg daar fairydust (LAPA), het ook deelgeneem.

xDSC_0907 Ilse Salzwedel

Ilse Salzwedel was ook daar. Sy is die skrywer van die onlangse boek Van sprokie tot kollig (Penguin), en dan tekste soos Onvertelde stories van Afrikaans, Bloedsusters, Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee en Selna Visser: My Hel in Dubai (LAPA).

xDSC_0868

Hier is Benny saam met Nicol Stassen, die hoof van Protea Boekhuis. Benny se boeke Nege oop arms en Die hemel van Heivisj is Daniel Hugo na Afrikaans vertaal en deur Protea uitgegee.

xDSC_0873

Nicol is ’n baie goeie fotograaf.

xDSC_0861

xDSC_0872

Benny teken boeke.

xDSC_0942

Later die dag het Benny ook die Botaniese Tuin in Pretoria gaan besoek…

xDSC_0936

en hy was by die Protea Boekwinkel.

* * *

Later die aand was hy ook die gas van die Nederlandse ambassadeur in Suid-Afrika.

Die foto’s is verskaf deur Eureka Barnard van SASNEV wat vir Benny na Suid-Afrika genooi het.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Benny Lindelauf tree op saam met Fanie Viljoen en Jaco Jacobs

Oktober 27, 2014 in Uncategorized

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_003

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_044

Benny Lindelauf het Vrydag 24 Oktober met Suid-Afrika se twee grootste kinder- en jeugboeksrywers, Fanie Viljoen en Jaco Jacobs, saamgespan om ’n kreatiwiteitsfees in Bloemfontein by die Hoërskool Sand du Plessis aan te bied.

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_011

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_018

Elretha Britz, van die Volksblad, het vroeër hieroor berig (lees die artikel hier).

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_049

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_050

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_051

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_029

Al drie sprekers het oor hulle eie werkswyses gesels en daarna het Lindelauf die leerders aan die werk gesteek. Al drie het toe die onderskeie groepe bygestaan.

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_055

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_017

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_030

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_035

Benny Lindelauf was baie positief oor die werk wat die leerders gedoen het. Saterdag het hy op Facebook die volgende gesê:

Imiteerde vandaag met 100 leerlingen in Bloemfontein een gedicht van Toon Tellegen (‘Opzegversje’). De eerste regel van dat gedicht is:’Boosheid is een stof’. Een emotie wordt in die regel gekoppeld aan een voorwerp. De leerlingen kozen zelf een emotie en iets waarmee ze het vergeleken. Zo ontstonden varianten als: ‘Mijn woede is een blinkend mes’ of ‘Jouw liefde is een lepel honing.’ En dat waren dan nog maar de eerste regels van hun gedichten! Aan het slot vroeg ik wie zijn gedicht wilde voorlezen. In zo’n grote groep ( met verschillende scholen) is dat altijd lastig. Het vraagt leeuwenmoed om dan op te staan en voor te dragen. Maar Zuid Afrika kent vele leeuwen. Er kwam een heuse rij van jongeren die hun tekst wilden voordragen. Mijn dag kon niet meer stuk, mede dankzij mijn Zuid Afrikaanse schrijfcollega’s en helpers Fanie Viljoen en Jaco Jacobs.

x14 10 24 Benny Lindelaufnm_066

* * *

Die meeste foto’s is deur Eureka Barnard geneem op Fanie Viljoen se kamera. Fanie was so gaaf om hulle aan te stuur.

Eureka Barnard is die hoof van Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV). SASNEV het vir Lindelauf na Suid-Afrika gebring.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Benny Lindelauf, Eldridge Jason en Nanette van Rooyen bied ’n werkswinkel aan: 21 Oktober

Oktober 26, 2014 in Uncategorized

x14 10 21 Benny Lindelauf_040

x14 10 21 Benny Lindelauf_061

Op 21 Oktober het Benny Lindelauf ’n werkswinkel aangebied oor die skep van poësie.

14 10 20 Benny Lindelauf_151

Benny is die skrywer van Nege oop arms en Die hemel van Heivisj, wat albei deur Daniel Hugo vertaal is. Hy is bygestaan deur twee Suid-Afrikaanse skrywers, Eldridge Jason en Nanette van Rooyen.

14 10 21 Benny Lindelauf_106

14 10 21 Benny Lindelauf_030

Eldrigde Jason, die skrywer van Gerook.

14 10 21 Benny Lindelauf_025

14 10 21 Benny Lindelauf_136

Nanette van Rooyen, die skrywer van Ek was hier.

14 10 21 Benny Lindelauf_003

14 10 21 Benny Lindelauf_006

14 10 21 Benny Lindelauf_018

14 10 21 Benny Lindelauf_042

Die deelnemers moes allerlei interessante take doen.

14 10 21 Benny Lindelauf_024

14 10 21 Benny Lindelauf_028

14 10 21 Benny Lindelauf_034

Daar is hard gewerk.

14 10 21 Benny Lindelauf_072

14 10 21 Benny Lindelauf_045

14 10 21 Benny Lindelauf_032

Oud en jonk het meegedoen.

14 10 21 Benny Lindelauf_058

14 10 21 Benny Lindelauf_063

14 10 21 Benny Lindelauf_070

14 10 21 Benny Lindelauf_075

14 10 21 Benny Lindelauf_078

Die interessantste frases het uitgekom.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Benny Lindelauf en Nanette van Rooyen: 20 Oktober

Oktober 26, 2014 in Uncategorized

Op 20 Oktober het die Nederlandse kinder- en jeugboekskrywer, Benny Lindelauf, en die Kaapse skrywer, Nanette van Rooyen, ’n baie groot aantal leerders toegespreek oor hulle werk.

14 10 20 Benny Lindelauf_040

14 10 20 Benny Lindelauf_045

14 10 20 Benny Lindelauf_094

14 10 20 Benny Lindelauf_102

Benny het baie moeite gedoen om die jongklomp te betrek.

14 10 20 Benny Lindelauf_126

Dit was ’n baie groot gehoor van regoor die groter Kaapstad.

14 10 20 Benny Lindelauf_006

Hier is Benny Lindelauf en Eureka Barnard. Barnard is die hoof van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV).

14 10 20 Benny Lindelauf_005

Benny is deur SASNEV genooi om na Suid-Afrika te kom.

14 10 20 Benny Lindelauf_132

Professor Dorothea van Zyl is deel van SASNEV en het die geleentheid bygewoon. Hier is sy saam met Nanette van Rooyen.

14 10 20 Benny Lindelauf_152

Protea Boekwinkel in Rondebosch het boeke verkoop. Hier is Eureka, Nanette, Johan Hugo en Lydia du Plessis. Johan en Lydia werk vir Protea.

14 10 20 Benny Lindelauf_033

14 10 20 Benny Lindelauf_069

SASNEV het vir elke leerder ‘n plakkaat gegee oor die herkoms van Afrikaans en Nederlands.

14 10 20 Benny Lindelauf_008

14 10 20 Benny Lindelauf_020

14 10 20 Benny Lindelauf_009

14 10 20 Benny Lindelauf_030

14 10 20 Benny Lindelauf_013

Beide skrywers het na die tyd heelwat boeke geteken – en vir foto’s geposeer.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Guerrillakuns

Oktober 24, 2014 in Uncategorized

Die ander dag, tydens Benny Lindelauf se besoek, het Nanette van Rooyen weer gepraat oor kunstenaars wat ’n omgewing verander sonder om vandale te wees. Haar boek, Ek was hier, handel natuurlik daaroor.

urban2f

Wie van julle weet van die guerrillakunsprojek in die Swartrivier? Elke nou en dan word ’n bootjie geplaas met ’n figuur in. Die eerste was die Grim Reaper – uit draad gemaak.

urban1c

Nou is daar ’n pragtige een wat met geweldig baie moeite gemaak is.

urban1f

Die man, wat op ’n militêre boot staan, hou ’n hoender vas op ’n manier wat lyk soos The Statue of Liberty.

urban2ca

Kyk net die detail.

Dit moes ure gekos het om hierdie beeld te bou.

Die beelde verskyn oornag en bly daar tot die weer, of mense, dit uitmekaar pluk.

Die kunstenaar se identiteit is tans geheim.

Is dit nie wonderlik nie?

nanette van rooyen teken boeke

* * *

Ek het ’n ruk terug Nanette se boek geresenseer. Dit is oor en oor die moeite werd. Lees asseblief my resensie hier. Graffiti wat eko-vriendelik is, vorm die groot lekkerte in hierdie boek.

45859636_0_Img2

En hier is ’n lekker lokprent oor die boek.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Letterkunde op die rugbyveld! Uiteindelik!

Oktober 21, 2014 in Uncategorized

fjfb

Koop dié boek vir manne wat dink skryf is vir sissies. Ek wil nog sien hoeveel brêggatte dié skrywer kan tackle!

Hier is ‘n lokprent! KYK DIT!

Nou gaan ek eers vir julle van hierdie roman vertel. So twee jaar terug bel Melt Myburgh my en vra of ek na ’n manuskrip kan kyk wat by Naledi opgedaag het. So gesê, so gedaan.

Ek mal oor die konsep, hoewel ek nie gedink het dit was uitgeebaar op daardie punt nie.

“Goed,” sê Melt. “Sal jy die jong man kan lei?”

Ek was op daardie stadium ná aan die einde van ’n kontrak met Via Afrika en stem toe in. Eerste van alles vertel ek vir die skrywer, FJ Labuschagne, dat hy Riana Scheepers en Leti Kleyn se AFRIKAANSE SKRYFGIDS moet koop en Chanette Paul se stuk oor die fokalisator moet lees.

Binne weke kom hy terug en sê: “Ek het dit! Ek verstaan!”

Goeie, Griet? So gou?

Maar, ja. FJ het gesnap en die res van die proses was uiteindelik baie maklik.

Ek het ’n paar maande later oorhandig en Naledi het nog verder gewerk daarop. Melt is na Penguin en ek is na LAPA, maar ek en hy voel albei soos trotse pa’s oor hierdie roman. Regtig, dis LEKKER om te sien die boek is klaar! (Ons is boekmense!)

Dit is ’n klassieke Bildungsroman, maar so lekker en so vol testosteroon dat manne dit sal geniet.

Leeskringe: Google Bildungsroman en sien hoe goed hierdie outjie die literêre boksies tiek.

Manne: Trek in die boep en kyk of jy kans sien! Hierdie ou het op hoë vlak rugby gespeel, hy ken van. Hy neem jou in die losgemaal in, hy vertel jou van die pleisters en die ys en die storte. (En die seks is nie te versmaai nie.)

Beseringstyd het pas by Naledi verskyn – hulle sê die boek is in die winkels.

Mevrou: Jou man se Kerskous is uitgesorteer – sorg net dat jy dit self ook lees.

* * *

Terloops: FJ is nie net ’n blerrie goeie rugbyspeler nie. Hy het gister sy PhD verdedig!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Benny Lindelauf in Kaapstad

Oktober 19, 2014 in Uncategorized

Die Nederlandse kinder-en-jeugskrywer, Benny Lindelauf, is in die land.

14 10 19 Benny Lindelauf_058

Gister het ek hom Kirstenbosch gaan wys.

14 10 19 Benny Lindelauf_043

Hy het besluit om die blinderoete te doen – toe oë. ’n Deel van skryf, sê hy, is om te ervaar met al jou sintuie. Kyk die “blote voeten”! Hy het ’n hele ent kaalvoet geloop daar in Kirstenbosh.

14 10 19 Benny Lindelauf_019

Vanoggend het ons die Eggovallei bo-op Tafelberg gaan stap.

14 10 19 Benny Lindelauf_014

Oumansbaard. Hy is baie geïnteresseerd in teksture en in die ekologie.

14 10 19 Benny Lindelauf_017

Mooi. Daar is soveel om te sien op die berg.

14 10 19 Benny Lindelauf_028

In die kabelkarretjie.

Besoek Bennie se webwerf hier.

* * *

Benny tree Maandag (die 20ste Oktober) in Kaapstad op saam met Nanette van Rooyen. Dinsdag weer, en dié keer kom Eldridge Jason ook saam.

Vrydag die 24ste Oktober doen hy ’n werkswinkel oor skeppende skryfwerk saam met Fanie Viljoen en Jaco Jacobs in Bloemfontein. Moenie dit mis nie!

Maandag 27 Oktober sal Benny optree saam met Lisa Day, Marisa Haasbroek, Alet Steenkamp, Nerine Ahlers en Ilse Salzwedel by Sam Cooper se Waverley Biblioteek om 10:00.

Op Vrydag 31 bied hy weer ’n werkswinkel oor skeppende skryfwerk aan in Port Elizabeth saam met Heila Theron.

Daniel Hugo het al twee van Benny se boeke, DIE HEMEL VAN HEIVISJ en NEGE OOP ARMS in Afrikaans vertaal.

Benny is tans in die land as ’n gas van SASNEV. Lees hier meer oor SASNEV.

* * *

14 10 19 Benny Lindelauf_060

Nee, ek weet ook nie. Die man was gister by Kirstenbosch en was baie vriendelik toe ek hom vra of ek ’n foto mag neem. En aangesien Benny fiksie skryf, kan ’n mens seker maar hierdie karakter insluit. Feit is dikwels vreemder as fiksie.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Om oor seks te skryf

Oktober 11, 2014 in Uncategorized

Twee opmerkings van twee skrywers het my aan die dink gesit.

Die eerste was ’n ruk gelede toe Karina M. Szczurek (outeur van Invisble others) aan Karin Schimke gesê het sy is “interested in sexuality beyond which she is comfortable.” Vir haar is ’n boek, of dan om te lees oor daardie soort seks, ’n manier om in haar verbeelding te deel in dít wat sy nie noodwendig aan haar lyf gedoen wil hê nie.

Toe skryf Johann de Lange gister die volgende: “Izak, ek het gevoel dat die boek te veel seks bevat & te min oor my alledaagse lewe wat sê nou maar ‘n hetero leser sou boei. Die dagboekinskrywings het ek nooit geskryf met die oog op publikasie nie, maar as iets om my in te verkneuter/verknater op my oudag. Ek het die ms twee keer onttrek & besluit om my gut te vertrou.”

Nou moet ek Johann de Lange se stuk in konteks plaas. Hy het dit aan my op Facebook geskryf (as ’n openbare kommentaar) nadat ek navraag gedoen het oor die nie-verskyning van sy boek Gulp.

Ek en hy het daarna ’n paar privaat boodskappe ook gewissel, maar vir nou is dit ter sake dat Johann raakgesien het dat ’n kommersiële sukses nie noodwendig sal spruit uit hierdie teks nie. Was ons in die VSA sou dit genoeg verkoop het om ’n wins te maak, in Suid-Afrika is dit onwaarskynlik dat ’n kommersiële uitgewer hulle geld sal terugkry.

Dit is grootmoedig van Johann, maar ek dink dat daar ander roetes is om wel die teks te laat verskyn.

Die vraag is egter of die heteroseksuele persoon sal belangstel in so ’n teks? Wat my terugbring na die gesprek tussen Schimke en Szczurek, waar hulle ’n verhoog gedeel het met Michiel Heyns en Damon Galgut. Dié gesprek het op 17 September plaasgevind tydens die Open Book Fees en was getiteld “Writing Sexuality”.

Schimke het die gesprek gelei en het uitgelig dat iets soos “cottaging”, ’n Britse woord vir cruising in openbare toilette (genaamd cottages in staid England) vir haar ’n nuutjie was, ook dat ’n mens uit Michiel Heyns se beskrywing veel meer leer as bloot nuwe woordeskat. (Sien ook hierdie resensie van A city imagined.)

Uiteindelik is daardie cottaging-ervarings wat Heyns beskryf natuurlik nie veel anders as die glory holes en ander vorme van mans optel in Suid-Afrika, of elders, nie. Trevor Kleynhans se Secrets make you sick het vir my ’n baie goeie insig gegee in hierdie wêreld. Daar is ook talle Nederlandse romans wat hierdie seuntjie van die plaas gehelp het om meer te leer oor wêreld. (My komvandaan is kleindorps, ek is op rekord dat Hammond Innes se boeke my die eerste keer laat verstaan het wat seks beteken. Nou ja.)

So, hier wil ek met Szczurek saamstem: Dit is goed om te kan lees hieroor.

Om oor seks te skryf, en openlik daaroor te wees, gaan egter oor meer as net voyeurisme (wat tog ’n groot deel van lees oor seks is).

Galgut en Heyns het ook daar by Open Book gewys dat D.H. Lawrence se Lady Chatterley’s Lover grootliks geskryf is as ’n vorm van protes – nie net teen die klassisme wat so openlik in die boek betrek word nie, maar ook teen die nie-uitpraat-nie oor seks, want, so het Lawrence klaarblyklik geglo, die onderdrukking van seksualiteit lei net tot seksuele siektes.

Dink ’n bietjie aan wat John Fowles beweer in The French Lieutenant’s Woman – dat daar meer bordele was in Victoriaanse Engeland as in enige ander tyd. Hoekom? Seks is onderdruk en dan soek mense dit elders.

Donderdag, ’n paar dae gelede, het Phophi,  ’n jong (swart)  vriendin van my dogter op Facebook, geskryf (sic): “I honestly Think that if more black parents talked to their children about sex and relationships instead of just pretending the entire ordeal doesnt exist, we would see a huge recession in the number of Teenage pregnancies and HIV rate… Dont be that parent!

Beter as dit kan ek nie sê nie.

Ek probeer hard om juis nie daardie soort ouer te wees nie. My matriekdogter kla selfs dat ek te veel oor seks praat. Ek moedig ook my dogter aan om wyd te lees – ook oor seks. Enige iets van John Cleland se Fanny Hill: Memoirs of a woman of pleasure tot Fifty shades of Grey dra ek aan. Ook visuele pornografie weerhou ek nie van haar nie.

Ek ervaar deur ander te lees.

Ek wil hê my dogter moet ook.

Daarom is die skryf van ervarings oor die self belangrik.

Brent Meersman se 80 gays around the world is ’n goeie voorbeeld van ’n teks wat handel oor seks. Aan die een kant is dit ’n klomp bieg-jy-of-brag-jy-stories. Meersman se sekservarings laat die meeste van ons groen van jaloesie, maar dit is óók ’n diep menslike boek oor taboes wat mense seermaak. Mike Nicol het oor hierdie boek gesê: “These stories transcend the gay theme, they are about people making (or failing to make) their way in the world.  Their essential human condition is easy to feel and identify with.”

Tydens die Open Book gesprek het Galgut en Heyns juis ook daarvan gewag gemaak dat “queer sexuality” geensins homogeen is nie. In verskillende dele van Afrika word dit anders uitgeleef en dit verskil ook baie van die onderskeie Europese kulture. Dink ook aan die belangrike werk wat mense soos Zackie Achmat doen in die joernalistiek met persoonlike verhale.

Daarom moet ons skryf en beskryf. Meersman se 80 gays around the world is hoogs aan te bevole. Ek sê dit vanuit my eie, veilige, heteroseksuele perspektief.

Ons moet ook, soos Meersman, die verskrikking van sensuur aanspreek. Dink aan die geweld wat teen gay mense gepleeg word in talle dele van die wêreld, maar ook steeds teenoor heteroseksuele mense wat dit durf waag om die erg konserwatiewe geloofspolisie in enige van die groot wêreldgelowe uit te daag.

By Open Book het Schimke Fanie Viljoen se Uit voorgehou as ’n voorbeeld van iemand wat dit durf waag om sy eie mark te verklein met die doel om ander ter wille te wees.

Uit

Viljoen is bekend vir sy uitdagende tekste, soos Pleisters vir die dooies en Breinbliksem, maar toe hy ’n openlik simpatieke gayteks geskryf het, was daar ’n wesenlike gevaar dat ’n deel van sy mark hom sou swartlys.

Toe Schimke vir Galgut vra of hy in ’n teks soos Uit sou belangstel, was sy antwoord dat hy dit nou waarskynlik nie meer nodig het nie, maar dat hy as ’n gay tiener in Pretoria waarskynlik maar te bly sou wees vir so ’n boek: “In Pretoria it might have been a fantastic godsend.”

Viljoen se boek is baie heteronormatief – die karakter probeer ontsettend hard om ’n “ware” seun te wees. Viljoen se leser het dit waarskynlik nodig, want soveel mense dink dis ’n keuse wat jy uitoefen om gay te wees. Uit toon hoe moeilik dit is om jouself te verloon ter wille van die samelewing se vooroordele.

Wat my terugbring by wat Johann de Lange gesê het: Markkragte is ongelukkig bepalend. Ek stem met hom saam. Tog. Daar mag daar mense wees wat juis uitgedaag sal wil word. Met die internet as medium en met e-boeke, sou ’n mens kon hoop dat nie alle tekste oor seks, ánders die streng heteronormatiewe tipe, noodwendig ongepubliseer gelaat sal word nie.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Boekmense

Oktober 7, 2014 in Uncategorized

Ek was vandag bevoorreg om ’n paar wonderlike boekmense af te neem op verskillende plekke.

bp ingrid glorie

Vanmiddag het ek koffie gedrink met Ingrid Glorie en Elize Zorgman. Ingrid was die dryfveer agter die “Week van de Afrikaanse roman” in Nederland en België en Elize was stilletjies haar regterhand.

Hier is ek en Madri Victor by hulle.

(Die foto is met my kamera se tydsluiter geneem.)

Om meer oor die “Week van de Afrikaanse roman” te lees, kyk gerus na hierdie onderhoud wat Naomi Meyer met Ingrid gevoer het.

En hier is die amptelike webwerf van die week.

* * *

Vroeër vanoggend het ek gaan inloer by ’n uitstalling vir onderwysers.

bp Liesbet gelderblom

Liesbet Gelderblom was daar om LAPA se boeke uit te stal.

bp roche kester

Roché Kester was daar vir NB.